Ek het nou maar besluit om die universe van bloggers daar buite te join. Ek kan erken dat ek ‘n blog-verslaafde is. Ek kan net nie genoeg daarvan kry nie.
Ek wonder of dit is omdat dit half soos ‘n intieme blikkie in iemand se lewe is. Baie beter as ‘n sepie op TV. ‘n Mens voel later asof jy daardie persoon ken. Dis ‘n hele gemeenskap op sy eie.
Baie mense sê dat bloggers nie ‘n lewe het nie en daarvoor probeer opmaak deur in hierdie “virtuele wêreld” weg te kruip. Ek stem glad nie daarmee saam nie. Dit is ‘n ongelooflike manier om te debateer en jouself te laat tel. Ek dink die feit dat dit half anoniem is en almal dieselfde status hier het is wat dit so opwindend maak.
So nou met hierdie “post” is ek nie meer ‘n blog virgin nie. Sad but true.






Hi, this is a comment.
To delete a comment, just log in, and view the posts’ comments, there you will have the option to edit or delete them.
Awesome! Hierdie blog gaan reguit favourites toe – thanx dat jy my vertel het! Ek hoor presies wat jy sê oor die anonimiteit en dieselfde status … ek dink dit is wat vir my die verskil maak. Ongeag wie die persoon aan die anderkant van die skerm is … hier is ons almal op een vlak en word die barriers baie beter afgebreek. Kyk dan nou hoe het ek jou as ‘n pêl ryker geword deur die ou rekenaarskermpie … he he! xx
Hey Anja!
Geluk ou girl!! Bly jy het die breuk van jou “blog-virginity” met ons gedeel!! hehehe!!
My eerste soen …. hmmmm ….. dit was darem maar baie lank terug. Ek was 12 in std. 5 in ‘n nuwe skool. Die outjie van my drome – wel hy was daardie tyd het egter by my familie bekend gestaan as “baadjiepunte” – my oom het hom so gedoop. Hy was op die leerlingraad en moes permanent sy kleurbaadjie dra en as hy my kom haal het in die oggende (hy het gestap van sy huis tot by ons) het sy paadjie glo punt in die wind gestaan. Ag wat hoe lekker was ons skooldae nie. Ons eerste soen het gebeur op ‘n deurnagsokkie by die Laerskool op my verjaarsdag. Dit was daardie jare nog ‘n vakansie dag voordat die NUWE REGERING dit goedgedink het om my dag weg te vat! Die soen was eintlik great. ‘n Man wat lekker soen …. ag wat kan ek meer sê!
Liefdetjies
Christa
Nou het jy my laat wonder…
Het jy ophou ‘n blog virgin wees toe jy die eerste keer begin blogs lees het of toe jy jou eerste blog begin het??
Die hoender of die eier?
Jou eie blog skryf of blogs lees?
Anywayz… another virgin bites the dust! En dit aan jou eie hand, excuse the pun!
DM
Hi!,
Hi!,