Quick Update

31 10 2007

Ek het heeltemal te lanklaas geblog.  Was van Vrydag af siek.  Ek word net nie beter nie. 

Ek en die nuwe liefde gaan die naweek kamp.  Ek is GLAD NIE die ‘camping’ tipe nie.  Glad nie.  Ons sal maar sien hoe dit gaan.  O ja, en visvang. 

Ek het toe die naweek sy dogter ontmoet.  Sy is een van die ongelooflikste jong dames wat ek al ontmoet het.  Ons het dadelik oor die weg gekom.  Sy het vir hom gesê sy kan sien dat ek hom gelukkig maak en dat sy van my hou.  So far so good then. 

Ek sal ‘n plan maak om weer ordentlik te blog volgende week.





ROFLMAO

25 10 2007

laugh.jpg

 

As ek lag klink dit blykbaar soos ‘n ‘two-stroke engine’ wat sukkel om te start. 

Wel, dit is wat die mense op die bus sê.  Ek weet nie hoe ‘n two-stroke klink nie.  My suster sê ek klink soos Woody Woodpecker.  As dit waar is, is dit erg?  Die nuwe liefde sê “Start hom baby” elke keer as ek lag.   En dan lag ek net harder. 

 

2stroke.jpg





Help!

24 10 2007

So, die nuwe liefde in my lewe het ‘n dogter van 10.  Ek gaan haar moontlik die naweek ontmoet.  Ek het nie ‘n idee hoe om die situasie te hanteer nie.  Ek is bang sy hou nie van my nie.  Hoe nou?





MISSING

23 10 2007

Ek is dringend op soek na iemand wat gistermiddag so net voor vyf in Duncan Straat in Hatfield was.  Iets heeltemal onverwags het gebeur.  Dit was in spitsverkeer.  Daar was baie taxi’s op die pad.  Ek het dit nie sien kom nie, dit was te skielik.  Ek dink nie dit sal help as ek terug soontoe gaan en dit probeer soek nie.  Ek dink nie ek wil nie.  Jan Blohm se song “Groen Trui” het gespeel toe dit gebeur het.  Ek het my hart daar verloor. 

lostheart.jpg





Kom in Kommin

19 10 2007

Bless me dear reader for I have sinned.  Ek moet bieg, daar’s ‘n lelike ding wat kop wys, ek ken die woorde van die Leeuloop, elke liewe kommin lettergreep.  En, as Poena oor Verbode Vrugte sing of oor Snoekie en die special op whiskey by Teazers vang ek myself gereeld dat ek saam neurie en lipsync.  Nou wonder ek of ek kommin is.  Almal gaan aan oor die kommin toetse wat die rondte doen.  Ek het dit lank terug gedoen, voor ek die Leeuloop se woorde geken het, of De La Rey s’n.  Daai tyd was ek glo net 37% kommin.  Ek dink dit sal verseker nou meer wees.  Verseker.  Ek sien op een van die nuwer kommin toetse vra hulle of jy ‘n tattoo het, of jy of iemand in jou familie ’n kraagkroon (mullet) het en of jy al van jou klere by ‘n braai verloor het.  Ek het ‘n tattoo en ek het al my skoene verloor by ‘n braai, maar het hulle darem weer opgespoor.  Tel dit? Ek wil Poena is koning gaan kyk, nie omdat ek ‘n groot aanhanger is nie, maar sommer net omdat dit 90 minute se breinlose “vermaak” is.  Wat maak dat jy dink iemand kommin is?  Maak dit rerig saak of iemand kommin is of nie?  Hoekom beskou mense ander as kommin?

Ek het al baie gelees hoe mense wat De La Rey luister en so aan glo kommin is.  Hoekom?  As ek dan nou kommin is sal ek dit maar net so moet aanvaar en in my kommingeit moet voortbestaan.  Ek dink nie ek gaan uitgaan en die volgende Stoutgat Treffers CD gaan koop nie, maar as Robbie Wessels oor Halley se Komeet sing, sal ek seker maar altyd saam neurie. 





Oom Fred

18 10 2007

Oom Fred verjaar vandag.  Hy en my ma is al drie jaar saam.  Partykeer as hy nie kyk nie, staar sy na hom en sê vir my hoe verskriklik lief sy hom het.  Hy wil hê ek moet vir hom Fred sê maar ek kry dit net nie reg nie.  Hy is regtig een van die ongelooflikste mense wat ek ken.  Baie intelligent, baie interessant.  Hy lees soms vir my en my ma gedigte of ons luister Frank Sinatra of Andrea Bocelli terwyl hulle wyn drink en later in die aand dans ons almal om die bed.  Soms as hulle alleen kuier en die oggend bietjie broos lyk of klink dan vra ek of daar alweer ge”jazz en liquor” is.  Gisteraand het hy vir ons ‘n video van Victor Frankl opgesit.  Victor Frankl het Auschwitz oorleef en ‘n beter mens anderkant uitgestap.  Victor Frankl was net so ongelooflike mens soos Oom Fred is.  Ek is mal daaroor om by hierdie man te leer.  Geluk met Oom se 36ste herdenking van 21 word.  Ons sal nog meer oor Victor Frankl praat en ons sal weer oor Indië se geskiedenis gesels en nog ‘n paar aande om Breyten en witwyn.  Dankie dat oom my ma se lewe so verander het. 

Ek sal van sy gedigte op ‘n stadium hier sit sodat dit gelees kan word, want dit MOET gelees word.  Hy is ‘n joernalis, ek beny hom daarvoor.  ‘n Ongelooflike mens. 





Life is beautiful

17 10 2007

Ek is smoorverlief.  Soos in mal verlief, heeltemal verlore.  Ek voel asof ek in Standerd 5 is.  Life is beautiful. 





Blogging

10 10 2007

Opinies is soos sweetgatjies, almal het dit.  Party s’n bietjie verstop, maar almal het dit.  So… Johan Swarts in al sy wysheid het besluit dat ons Afrikaanse bloggers met hul unieke opinies ‘n [TYDskrif] verdien en wat ‘n innoverende idee is dit nou nie.  Daar is partykeer net ‘posts’ wat verdien om oor en oor gelees te word en iewers gebêre te word.  Ek het al voorheen ‘n ‘Favourite Posts Page’ begin, maar dit is moeilik om dit te onderhou, want elke dag kom daar soveel blogs by en elke dag is daar iets wat iemand sê wat my op ‘n manier raak.  Ek probeer om so veel as moontlik blogs te lees.  Almal het seker maar hulle gunsteling blogs.  Daardie blogs waarvoor jy tyd maak al is jy hoe besig.

Dis vir my ongelooflik hoeveel verskillende tipes mense blog.  Studente, paartjies, geskeides, enkellopendes, geestelike leiers, politici, sangers.  Hoekom blog jy?  Hoekom lees jy ‘n spesifieke persoon se blog elke dag, of ten minste so gereeld as wat jy kan?  Wat is jou gunsteling blogs?  Ek is so opgewonde oor die idee van hierdie Tydskrif.  Gaan loer gerus en los jou kommentaar. 





Junkmail

3 10 2007

Is jy tweedehands as jy geskei is?  Soos ‘n gebruikte kar?  Hoekom sien mense dit anders as jy geskei is as wanneer jy vir jare saam met iemand bly en dan uitmekaar gaan? 





Rigting

1 10 2007

Ek het gisteraand gewonder hoe ek die ongelooflikste naweek ooit hier gaan weergee.  Ek het nie genoeg woorde nie, of ten minste nie mooi genoeg woorde nie.  Elke sekonde was magic.  Ek was eintlik nie in ‘n goeie bui nie, ek’s al van laasweek af stillerig.  Ek wil nie praat nie.  Dit is min wat ‘n mens iemand kry wat jou los om stil te wees, wat nie ‘conversation’ probeer maak om die stilte te laat verdwyn nie.  (Jy’s een van die ongelooflikste mense wat ek ken.  Dankie dat jy my van haar vertel het, dat sy dood is en dat ‘n stukkie van jou hart saam met haar dood is en dankie dat ek net ‘ek’ kan wees by jou.  Dankie vir die naweek en ek’s bly jy het veilig gery.  My siel se kompas wys in jou rigting, ek sal jou eendag vertel.)

Vrydagaand is ons na so “Country-aand” toe.  Saterdag oggend gou by my ma ‘n draai gaan maak, Saterdag middag gaan shop en toe by Mike en Martie gaan kuier.  Morné het sy sleutels in die kar toegesluit en na ‘n uur se gesukkel dit darem weer kon uitkry.  Saterdagaand na ‘n 60ste verjaardagpartytjie toe.  Hulle het soveel moeite gedoen.  Dis ‘n klomp mense wat almal Harley’s ry, so dit was nie ‘n koek-en-tee 60ste nie.  My knieë het gister eintlik gepyn van al die gedans.  Gisteroggend opgestaan, my handsak oopgemaak om ‘n sigaret uit te haal en toe gesien my kouse is in my handsak, wat beteken dat ek my skoene uitgetrek het die vorige aand met die gedansery en dit moontlik misgedrink het.  Dit was toe darem in die kar.  Morné moes gister weer op toer gaan so dit was so bietjie hartseer.  Gisteraand het oom Fred vir my en my ma gedigte voorgelees, dit was so verskriklik mooi, Elizabeth Eybers, Breyten Breytenbach, die mooiste woorde op papier.  Ek wens ek kon so skryf.  Dis ongelooflik hoe letters op papier ‘n mens so kan raak, hoe mooi dit klink as dit uit iemand se mond kom.