Anglo-Boerewors

5 11 2007

Ek het toe die naweek oorleef.  Eintlik, ons het nog ‘n dag langer gebly en eers vanoggend vroeg by die dam gery.  Dit was so lekker.  Murphy het teen ons wil saamgegaan.  Vrydagmiddag toe hy my moes kom haal breek die kar.  Gelukkig kon hulle dit maklik regmaak en so gaan ons toe dam toe.  Die 10 sakke hout wat hulle gekoop het was nat, so ons kon nie eintlik vuur maak nie.  My suster se boyfriend is Engels en hy besluit toe om die Boertjies te wys hoe om vuur te maak.  Ek sê toe vir hom hulle het genoeg van ons plase afgebrand, hy’t nie nodig om weer vir ons te probeer wys van brand nie.  Sy vuur het ook nie gewerk nie.  Toe eet ons maar rouerige wors en gaan slaap.

Ek het gedink die naweek gaan vir die manne net ‘n gedrinkery wees, maar dit was toe glad nie.  Dit was net visvang voor en visvang agter, nie dat hulle juis veel gevang het nie.  Ek het my bene in die son verbrand, maar verder survive.  Dit het gister gehael, ons het begin wonder of die tente gaan bly staan in die storm.  Ek was mal daaroor om te kamp en was glad nie vol fiemies nie.  Dit was ‘n ongelooflike rustige naweek. 

Ek is na die naweek nog meer verlief.  Ek regtig nie gedink ek sal ooit so oor iemand voel nie.  Ek sal een of ander tyd bietjie ‘n foto of twee blog.