Verbode vrugte is donners lekker. Of so sê ou Robbie Wessels mos. Dit is blykbaar die waarheid. Hoe lekker dit is het ek nie besef tot ‘n onlangse gesprek met my ma nie. Ek weet al lankal dat my Ma se ouers en my Pa se ouers MOES trou. Oor die tou getrap en al daardie dinge en daai tyd MOES mens mos maar trou as daar ‘n pienkvoet oppad is en die ouers nog nie gering is nie. Ek het vrede gemaak met die feit dat altwee my ouers se ma’s getrou het met hulle reeds oppad. My ma moes gelukkig nie trou nie. Maar nou, toe gaan vind ek uit dat my Ouma-grootjie OOK MOES TROU. Dit was in die 30’s. My Ouma-grootjie wat saam met my gerook het het en altyd vir my die Ultramel-boks gegee het om uit te eet. My Ouma-grootjie wie se huis altyd na motbolle en poeier geruik het. My Ouma Maria. Ek sê vir my ma: “En julle verwag van my om een of ander virginal engeltjie te wees? Is daar dan niemand in die familie wat hulle klere kan aanhou nie?“. Blykbaar nie. My stamboom is vol verbode vrugte.







Onlangse Kommentaar