Ek is deur Jaco EN Da Mario ge”tag” om 8 goed oor myself te ‘onthul’. Ek het al voorheen ‘n soortgelyke inskrywing gehad nadat Johan Swarts ons ge’tag’ het (na Uno hom ge’tag’ het) , maar sal 8 nuwe feite gee sommer net vir die pret.
- Ek is vernoem na my ma se ma. Anja is net ‘n noemnaam en glad nie op my I.D. nie.
- Ek is verskriklik bang vir honde. ‘n Hond het my aangeval en gebyt toe ek in Standerd 3 was. ‘n Veldmuis het my ook al gebyt.
- Ek is nie ‘n ‘outdoors’ of avontuurlustige persoon nie. Ek wil nie van goed af spring nie, ek wil nie diere kyk nie, ek wil nie buite wees nie. PUNT. Ek gaan die naweek WEER visvang. Oh, the joy!
- Ek kon op 4 lees.
- Ek is verslaaf aan Coke, soos in Coca-Cola.
- As ek gaan fliek sit ek gewoonlik heel voor omdat meeste mense agter sit en ek die geluide wat mense maak as hulle springmielies eet kan hanteer nie. Ek sal heeltemal mal word. Ek het al uitgeloop omdat ek die gekou nie kan hanteer nie. Glad nie, nooit nie. Ek haat dit met ‘n passie.
- Ek het in Standerd 4 skelm gerook in die huis en die sigaret met ‘n vuurhoutjie aangesteek wat ek toe doodblaas en agter die bank gegooi het. Na ‘n rukkie het dit agter my bietjie warm begin raak. Die vuurhoutjie was nie dood nie, en ek het die bank per ongeluk aan die brand gesteek. Ons het die tuinslang in die huis ingebring, die vuur geblus, die vloer drooggemaak en die bank weer teen die muur geskuif. My ma het dit eers ‘n paar maande later gesien toe sy die bank wegskuif. Sy’t ‘n paar jaar terug eers gehoor wat daar gebeur het. Ek het al ‘n veld ook per ongeluk aan die brand gesteek.
- Ek trou in Augustus volgende jaar. (08/08/08)
En so tag ek dan nou maar die volgende mense: Carien, Adam, Ilze, Maeree, George Maru, Bertus, Troglodiet en Marius (as hulle nie reeds ge’tag’ is nie).






Onlangse Kommentaar