You’re it

27 11 2007

Ek is deur Jaco  EN Da Mario ge”tag” om 8 goed oor myself te ‘onthul’.  Ek het al voorheen ‘n soortgelyke inskrywing gehad nadat Johan Swarts ons ge’tag’ het (na Uno hom ge’tag’ het) , maar sal 8 nuwe feite gee sommer net vir die pret. 

  1. Ek is vernoem na my ma se ma.  Anja is net ‘n noemnaam en glad nie op my I.D. nie.
  2. Ek is verskriklik bang vir honde.  ‘n Hond het my aangeval en gebyt toe ek in Standerd 3 was.  ‘n Veldmuis het my ook al gebyt. 
  3. Ek is nie ‘n ‘outdoors’  of avontuurlustige persoon nie.  Ek wil nie van goed af spring nie, ek wil nie diere kyk nie, ek wil nie buite wees nie.  PUNT.  Ek gaan die naweek WEER visvang.  Oh, the joy!
  4. Ek kon op 4 lees.
  5. Ek is verslaaf aan Coke, soos in Coca-Cola. 
  6. As ek gaan fliek sit ek gewoonlik heel voor omdat meeste mense agter sit en ek die geluide wat mense maak as hulle springmielies eet kan hanteer nie.  Ek sal heeltemal mal word.  Ek het al uitgeloop omdat ek die gekou nie kan hanteer nie.  Glad nie, nooit nie.  Ek haat dit met ‘n passie.
  7. Ek het in Standerd 4 skelm gerook in die huis en die sigaret met ‘n vuurhoutjie aangesteek wat ek toe doodblaas en agter die bank gegooi het.  Na ‘n rukkie het dit agter my bietjie warm begin raak.  Die vuurhoutjie was nie dood nie, en ek het die bank per ongeluk aan die brand gesteek.  Ons het die tuinslang in die huis ingebring, die vuur geblus, die vloer drooggemaak en die bank weer teen die muur geskuif.  My ma het dit eers ‘n paar maande later gesien toe sy die bank wegskuif.  Sy’t ‘n paar jaar terug eers gehoor wat daar gebeur het.  Ek het al ‘n veld ook per ongeluk aan die brand gesteek.
  8. Ek trou in Augustus volgende jaar.  (08/08/0 8)

En so tag ek dan nou maar die volgende mense:  Carien, Adam, Ilze, Maeree, George Maru, Bertus, Troglodiet en Marius (as hulle nie reeds ge’tag’ is nie).


Actions

Information

18 responses to “You’re it”

27 11 2007
Bertus! (11:59:42) :

So blerrie veldmuis!

Ek kan nie saam speel nie. Die paparazzi lees my blog op soek na smet wat hulle in heat magazine kan skryf.

27 11 2007
Random « inderdaad (12:02:54) :

[...] weet reeds alles, maar aangesien Oopkop vra, sal ek probeer [...]

27 11 2007
BB (12:25:56) :

What the??? ek tag nou al agter die tags aan… GEEN EEN stukkie juicy detail van niemand nie!! Niks!! Ziggerôl!! Zilch!! …nie dat ek nou nie belangstel of omgee vir die kleiner mooier detail in jou lewe nie, regtig nie, maar magtig?! Entertain at least dan nou my curiosity bietjie - vertel ons iets wat ons eendag aan Glitterati kan verkoop, toe man??!! ;)

27 11 2007
BB (12:27:04) :

What the??? ek tag nou al agter die tags aan… GEEN EEN stukkie juicy detail van niemand nie!! Niks!! Ziggerôl!! Zilch!! …nie dat ek nou nie belangstel of omgee vir die kleiner mooier detail in jou lewe nie, regtig nie, maar magtig?! Entertain at least dan nou my curiosity bietjie - vertel ons iets wat ons eendag aan Glitterati kan verkoop, toe man??!! ;)

27 11 2007
boerinballingskap (13:30:05) :

Jy TROU volgende jaar! Great en geluk! :)

27 11 2007
Bertus! (14:35:15) :

Ek het besluit ek doen dit dan maar hier.

1. My tone is my mooiste feature. (Ek kan my eie tone suig en doen dit soms in die bad.)
2. My boude is my minste mooiste feature. (Gelukkig kan ek hulle nie suig nie.)
3. Toe ek 19 was het ek ‘n engel gesien.
4. Ek het in Beaufort-Wes grootgeword en vermy deesdae die Karoo so ver ek kan.
5. Ek was nog nooit verlief nie.
6. Ek vermoed ek drink dalk effentjies te veel. Nie dat dit my te veel pla nie.
7. Toe die weermag ons op hoërskool kom toets het om te sien of ons fiks genoeg is vir die army, was ek die lenigste ou in die hele standerd. Verwys weer na #1.
8. Ek het een keer saam met Marcelle Adams, girlfriend van wyle Piet Koornhof, dronk geraak op die stoep van ‘n bar in Table View.

27 11 2007
Roer (15:49:33) :

Bertus!, wat was haar naam? (met verwysing na nommer drie) :-)

27 11 2007
sonkind (16:40:19) :

Ag nee Bertus! Ek het jou OOK getag, maar nou bederf jy die pret omdat ons nie regtig HIER vir jou comments kan los nie en ek sou SO graag iets wou sê oor daardie no 2! :twisted: (By the way, ek kan ook my tone suig!)

Anja, ek is met jou oor die springmielies en daarby wil ek voeg - ek kan die REUK van fliek popcorn glad nie verdra nie, dit maak my naar.

27 11 2007
Basil (18:03:20) :

Ai Bertus, ek het pas myself buiteweste gelag vir 1) & 2)

Sal jy my asb wys hoe jy dit doen?

27 11 2007
platterfuss (18:58:28) :

8 uur die oggend of aand?

En as jy my nie nooi nie k@k jy! Hehe!

(Anja)

27 11 2007
Famous last words of Marius » Tag spelletjie .. 8 dinge (hmmm, hoekom 8) (19:24:19) :

[...] nou tot het ek hierdie TAG speletjie vermy maar dog toe hoekom nie vir ;n slag nie.  Anja het my ge-tag en ek moet blykbaar 8 dinge se wat ek dink niemand weet [...]

27 11 2007
Johan Swarts (21:53:11) :

genugtig, hierdie meme is soos ‘n virus…

28 11 2007
Marina (09:40:48) :

08/08/08!!!!!!!
BAIE GELUK!

28 11 2007
maeree (11:47:06) :

ek is ok deur ‘n veldmuis gebyt. ding was besig om te verdrink in ‘n waterdrom. ek wou dit red en het dit uitgehaal, maar toe byt dit my. ek was erg verontwaardig.

28 11 2007
mykopop (12:25:03) :

Op 4 gelees, in st. 4 gerook, jissie wat het jy nog vroeg gedoen?

Jy het mos geskryf oor die perdekopery, ek is bly om te hoor die datum is vasgestel (veels geluk), en dat dit ver genoeg is om heeltemal seker te maak.

28 11 2007
mykopop (12:25:37) :

Ek sien 08/08/08 is ‘n Vrydag.

29 11 2007
Wat is ‘tag’ in Afrikaans? « Die Blou Oog (08:21:44) :

[...] is ‘tag’ in Afrikaans? Published 29 November , 2007 Uncategorized Anja het my eerste getag, en Sonkind [...]

29 11 2007
Da Mario (12:27:41) :

Anja…
Jy het ‘n veld per ongeluk aan die brand gesteek? Ek neem aan jy het nie daarna ‘n sigaret gerook nie… :twisted:

Leave a comment

You can use these tags : <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>