Is jy mal?

28 11 2007

Die nuwe liefde het Sondag my Pa gebel om hom te vra of hy maar met my mag trou.  Ek het my Pa lanklaas gesien en dit was lyk my die enigste uitweg omdat ons hom nie gou gaan sien nie.   Van wat ek kon aflei het die gesprek so iets geklink:

Liefde:  Middag Oom, my naam is Diederik.  Mag ek asseblief met jou dogter trou?

Pa:  Is jy lief vir haar?

Liefde:  Verskriklik baie Oom.

Pa:  Is jy mal?

So iets.  My pa het ja gesê.  Is jy mal nogals.  Ons spot net die week dat niemand in my familie normaal is nie.  Toe kom so paar ‘childhood memories’ oor my familie terug.  So baie memories waarin die mense in die familie net nie normaal optree nie.  Weereens wonder ek hoe hulle dan verwag dat ek gaan normaal wees?

Ek het in Standerd 6 by my Oupa-hulle op Riviersonderend gaan bly.  Dis ‘n klein dorpie, baie klein dorpie.  Hy het met my Oupa-grootjie se stokou lemmetjien groen Toyota rondgery en my in die oggend met skool toe gevat in die kar.  Die skool was net so bietjie meer as ‘n kilometer van die huis.  Ek moes eerder geloop het.  So ver soos wat ons in die pad opkruip met daai vieslike groen gedrog maak my Oupa asof hy ‘n perdekar ry.   Hy maak asof hy die leisels vashou en sy skouers beweeg op en af soos wat hy die perdekar “manoewir”.  By die skool aangekom kry ek so lank my “soetkys” en maak reg om uit te klim.  Dis nogsteeds grondpad en nes ek uitklim spin hy weg sodat ek in die stofwolk agterbly.  Die kinders lag, hy lag, almal lag, behalwe EK!  Scarred for life.  My Oupa is eintlik nogals snaaks.  Hy sê altyd “let goneby’s be goneby’s.”  Toe ek daar gebly het, het die sensusmense op ‘n stadium ‘n draai gemaak.  My Oupa het laat ek die vorms invul en gesê ek moet sê hy het Standerd 6 met Somme.  Ek het dit toe maar so in die sensusvorms aangeteken, al giggelend. 

My Ouma en Oupa kan lekker baklei as hulle die dag lus het.  Ek dink almal in die familie is dit nou al gewoond en aanvaar hulle maar so.  My Ouma kan ook die snaakste goed aanvang.   Sy het al twee keer ‘n “draadloos” stukkend gegooi omdat Thys die Bosveldklong se liedjie “In die Middel” gespeel het.  Sy maak laslappiekomberse.  Sy sukkel om Engels te praat, en sy bry.  Wel… eintlik sukkel sy net om die ‘dj’-klank in woorde soos just, juice, jet ens. uit te spreek.  Sy sê daai J soos in Afrikaans, met die gevolg dat dit klink soos die Engelse Y.  Ek wou my doodlag toe sy een dag vir een van die tannies op die dorp probeer vertel van iemand wat so suinig is, hy’s sommer ‘n regte Jood.  “He’s a real Jew (uitgespreek You), you know”.  En hoe meer sy vir die tannie probeer sê die ou is ‘n Jood, hoe meer dink die antie my Ouma sê die ou is soos sy.  Shame, sy’s eintlik die een wat nog altyd die familie bymekaar hou.  ‘n Sterk vrou.

Dit herinner my ook aan my Ouma-hulle wat alles opgaar.  Die grootste klomp stront word orals in bokse opgegaar.  En etenstyd…. My Ouma kook baie kos.  Dit wat oorbly word in die yskas gebêre want ‘n mens mors mos nie met kos nie.  Bakke en bakke ou kos in die yskas.  As die familie gaan kuier maak ons seker dat iemand haar aandag aftrek sodat ons dit kan weggooi, anders gaan jy beslis ‘n week terug se rys kry om te eet.  Een dag besluit sy om die vleis “van nou die dag” in die yskas warm te maak en net groente en rys by te kook.  So begin die gekokery en dis pampoen en alles.  Die vleis word sommer in die mikrogolf gedruk om warm gemaak te word en die bak so op die tafel gesit sodat die kos opgeskep kan word.  Eerste happie van die vleis word daar toe agtergekom dat dit al die tyd Matabellapap is, en nie VLEIS NIE.  Klonterige Matabellapap.  Dit was nogals disgusting.

Ek dink ek sal vir dae lank kan aangaan oor my familie en hul “abnormaliteite”.  My Ouers was Kruger Wildtuin toe vir hulle wittebrood.  Daai tyd was daar blykbaar nog nie toilette in die chalets nie, net toilette buite wat jy moes deel, of ‘n piepiepot in die kamer.  My ma-hulle kuier toe so bietjie en drink bier, en sy wil nie na die buitetoilette toe gaan nie en piepie toe maar in die piepiepot.   Die volgende oomblik is daar net skuim orals.  Sy huil want sy drink nie, en nou het sy, en nou piepie sy skuim, en nou is sy besig om dood te gaan.  My Pa het toe al die tyd Eno’s in die piepiepot gegooi.  My arme ma. 

My ma is baie baie naïef.  Sy glo enige storie wat mense haar vertel.  Ons het haar al vertel dat Paul Kruger se lyk in die standbeeld om Kerkplein begrawe is en sy het dit geglo.  Sy en my Pa ry in die kar en sien ‘n plaasdam met ‘n draad deur die middel gespan.  “Haai” sê my Pa.  “Dis nou slim van hierdie boer.  Die beeste kan nou eers die een kant van die dam leegdrink en dan na die ander kant beweeg om daardie kant leeg te drink terwyl die kant weer vol word”.  My ma stem toe saam dat dit ‘n baie slim boer is, net om so paar kilometers verder te kliek wat aangaan en haar kop te skud en tong te klik. 

Ek is seker ek is die normaalste in my familie. 

Ek hoop so…


Aksies

Information

26 responses

28 11 2007
Dellie

Jy het ‘n wonderlike, snaakse familie! :lol: Ek gaan van nou af onverklaarbaar aan die giggel gaan sodra ek my oë op Matabellapap lê!

NS. Veels geluk met die naderende troue! Wanneer is die verlowing?

28 11 2007
sonkind

Anja, miskien was jou pa se vraag eintlik doodnormaal bedoel, m.a.w. as die aanstaande nie ook mal is nie, sal hy mos nou nie inpas by die familie nie :lol:

My pa het my soms skool toe gevat met die plaaslorrie en ek het hom belet om my voor die skool af te laai. Hy moes my agter die kerk, wat langs die skool was, aflaai! Hy het dit maar ewe gedweë gedoen.

28 11 2007
Johan Swarts

jislaaikit…trou?!?!

29 11 2007
Jaco

Is jy mal???

29 11 2007
mykopop

Jy ken seker die storie wat iemand destyds op Spies en Plessis vertel het, Die Jet, ook nie met ‘n ‘dj’ uitgespreek nie, waar die ou gevra het “waar sit ‘n mens se jet?” Hoekom? “Nee, hier in die koerant staan: a woman was shot, but the bullet was not taken out of her yet…”

29 11 2007
Marina

Anja! Dit was “classic”!
Ek is mal oor jou naiwe ma!! Lekker gelag!

29 11 2007
neykie

heit geluk met die verlowing (when ever dit gaan gebeur) GELUK GELUK GELUK!!!

Matebella pap- ek was so 15jr oud toe loop ons in Pick& Pay en ek skreeu op my ma ek soek Mandela pap-my ma het haar inkopies net so gelos en geloop.

Lekker geniet dit

29 11 2007
skoorblok

Ek moet jou se, jou skrywe was nou soos ‘n bestiering!

Ek het nou so gelag, want ek het ook sulke mense in my lewe gehad – nou vermaak meeste van die poetsbakkers die engele. Mind you, my oe het trane gehad soos ek gesit en lag net, maar ek weet nie of dit lagtrane, of verlang trane was nie.

Mooi geskryf Anja!

29 11 2007
vygie

Lekker gelag. Dankie!

29 11 2007
fredddels

Die eno’s was ‘n goeie ene.

Daar’s mos so kinderkrans-liedjie: “Dit borrel in my, want ek is so bly…”

Geluk met die verlowing!

29 11 2007
skoenlapr

Skoor … Casper het nou die dag op sy show gesê: WDF is ‘n poets?? roflmao!!

is jy van jou sinne beroof?? LOL (is jy mal op ‘n ander manier)

29 11 2007
Da Mario

… en daar gaan my laaste kans… :sad:
Het myself nog die hele tyd vir jou gespaar, en nou dit!! :cry:

29 11 2007
skoenlapr

ag shame DaMario! niks is nog finaal nie!! LOL .. run forest run!!

29 11 2007
oopkop

Wie’s nou forest? Ek of hy? LOL

Pleks jy vroeer gesê het Da Mario ;)

29 11 2007
skoenlapr

ek bedoel DM moet hardloop om jou uit te kom!!! hehe

het jy al jou champers en chocs by Koek gekry??

29 11 2007
oopkop

Sal dit die 9de by haar kry, sal sommer alles dan celebrate en jou ‘n luitjie gee :P

29 11 2007
skoenlapr

wat gebeur die 9de? huh huh??

30 11 2007
oopkop

Brêkfis ;)

30 11 2007
platterfuss

/me wonner…. en wonner weer!

A… is ‘die man’ ook die 9de daar??? Indien wel, beter hy hier OOK ‘ouer’ vra! Ekke soek ‘n ‘plan of action’… inkomste / uitgawestaat… references en en en! HEHE!!!

By the way….. NICEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEE post!!!

((((A))))

30 11 2007
René

Ai, nou het ek darem lekker gelag! Wens ek kon jou ouma en oupa ontmoet, en jou ma hulle en sommer vir mal-wasbak-Anja ook! Julle klink na lekker mense!!

Ek het altyd gedink my ma glo als wat ons vertel, maar jou ma stap die wenner uit op hierdie rondte!!

Lekker daggie – ek geluk met die “amperste toekomstige mal verlowing”!! ;)

R xx

3 12 2007
Da Mario

Aai Skoenlapr…. hoe wens ek jy kon die 9de daar wees….. :eek:

3 12 2007
Roer

Geluk en sterkte met die beplannings (en nee, jou ‘man’ is nie mal nie ;-) ).

3 12 2007
BB

In some ways relate ek nogal vreeslik met jou ma ;) – ter verdediging: ek dink nie dis soseer ‘naïef’ as te wyte aan ‘n kinderlike verbeelding nie – niks is ooit so far-fetched dat ons dit nie dalk net kan ‘glo’ nie. Sê vir haar sy moet kinderstories skryf!!

7 02 2008
Da Mario

Nou dat ek hierdie weer so lees besef ek dat jy dus die abnormaalste in jou familie is. Dink daaraan, “normaal” verwys na die meerderheid. En as hulle almal effe kens is, dan is hulle normaal en jy die odd one out. ;)
Hoe voel jy daaroor om in jou familie van malles bekend te staan as die malste? :lol:

11 02 2008
oopkop

Hmmmm…

28 03 2008
Aquila

Hahaha….jou blog is moewies entertaining

Lewer kommentaar