Geluk Sophia, mag jy Salig Rus.

31 12 2007

Kersfees is verby en dis die laaste dag van die jaar.  Ek het vir die eerste keer in ‘n lang ruk gou ‘n draai op facebook gaan maak.  Vir twee redes. 

Rede no 1:

Ek is mal oor Noot vir Noot.  Ek kan verby Johan Stemmet se bont klere en Rian van Rensburg se spastiese tromspelery kyk en actually saamspeel.  Die probleem is net dat ek nooit iewers is op ‘n Vrydagaand waar ander mense dit wil kyk nie, so ek mis dit altyd, behalwe vir laasweek Vrydag.  Ek was verheug.  Johan groet die deelnemers… en daar is net iets van die een girl wat my pla.  Waar het ek haar al gesien?  Hoekom lyk sy so bekend.  Toe hoor ek haar naam en om een of ander rede maak dit sin.  Dit was Sophia van Taak.  Ek het nog net een keer van Sophia iets gelees, en dit was op Johannes de Villiers se facebook-profile.  Lyk my hy het ‘n ding vir Noot vir Noot deelnemers, of hulle vir hom.  Die foto is op sy profile van hom en Sophia, dis ‘n eks van hom:

sophiajohannes.jpg

 Die comments wat hulle twee op hierdie foto gemaak het is eintlik wat ek onthou het.  Ek wou my doodlag.  Hy’t gesê haar asem stink, sy’t gesê sy was moeg daarvoor dat hy sy My Little Pony Collection orals wou saamsleep.  Hy’t gesê sy’t as hy nie by die huis was nie die huis skoongemaak in sy ou onderbroeke.  En nou’s sy op Noot vir Noot.  Die blogosfeer is klein.  Ek hou nie van Daantjie Dinamiet nie, so toe ek sien dat daar op facebook ‘n “Move over Daantjie Dinamiet, Sophia van Taak is in town”-groep is, moes ek net join.  So gaan loer ek toe op Sophia se profile, net om te sien ons het ‘n facebook-friend in gemeen.  Sy naam is Eddie Lomas, hy was saam met my op laerskool.   Ek wonder hoe hulle mekaar ken?  Die wêreld is klein.  

Rede 2 vir my facebook-besoek:

Ek het my relationship-status na engaged verander.

HAPPY NEW YEAR! 


Actions

Information

17 responses to “Geluk Sophia, mag jy Salig Rus.”

31 12 2007
mengelmoes (07:20:29) :

Baie geluk met jou verlowing Anja!

Ek het jou gese, moet nooit se nooit nie (oeps, daar se ek dit nou!), en jy het gelag. Ek is baie bly vir jou, en wens jou en jou toekomstige eggenoot en sy prinsessie alles van die beste toe.

Wat n great afsluiting vir n 2007 blog, jy gaan wragtig uit met n bang ;)

Tjorts dolla
xxx

31 12 2007
platterfuss (09:04:21) :

Nou waars die foto van die 1karaat ring?! Geluk Anja… Ek hoop werklik dat dit werk, forever and a day! Hy beter na jou kyk, vir jou lief wees en ordentlik vir jou sorg en en en of hy kry met die antie te doen! Hehe!

31 12 2007
Mengelmoes (13:36:40) :

An,

Mag jy die jaar uitgaan met n BANG, en mag 2008 vol mooi, goed en lekker wees, n jaar waarin jy drome sal verwesenlik, waar jy gaan lag dat jou tone krul, jou trane gevul met blydskap wees, en mag jy in die jaar wat kom, net vreugde, vrede, liefde en geluk ervaar!

Lovies

1 01 2008
Jo-Ann Schou (07:22:36) :

Baie geluk Anja! Mag 2008 vir jou en joune ‘n lied wees!

1 01 2008
sonkind (16:20:22) :

Kinders by dosyne! En al daai simpel goed wat hulle altyd by troues sing! Okay okay, ek weet ons is nou eers by die verlowing!

Ernstig nou - BAIE BAIE geluk. Ek hoop julle het ‘n droomlewe saam!

2 01 2008
Triston (05:52:30) :

Ek hoop vir jou en julle dat hierdie n jaar gevul met vreurgde gaan wees! Have a great one!! En baie geluk! R

3 01 2008
Bertus! (13:12:04) :

Welgedaan. Ek hoop jy gaan foto’s van jouself, stralend in jou wit rok, op jou blog publiseer.

En verder, as ek jou hart maar mag breek: Ek het al vir Daantjie ook ontmoet.

4 01 2008
René (06:35:30) :

Baie geluk Anja!! Ek wens vir jou die mooiste verlowingstydperk toe, dis ‘n baie besonderse tyd van jou pad saam met jou lewensmaat en soms kyk mens die klein kosbare dingetjies heeltemal mis omdat jy so besig is om te beplan vir die troue!! Geniet mekaar … en droom groot drome met die vooruitsig om dit saam waar te maak!!

4 01 2008
oopkop (06:42:43) :

Dankie vir al die gelukwensings :)

Bertus, klink my jy’s ‘n Noot-vir-Noot-groupie ;)

6 01 2008
Roer (13:42:04) :

Voorspoedige nuwe jaar Anja en lekker beplan aan jou troue. Good times!

10 01 2008
Dellie (08:21:05) :

Geluk, mag dit net lekkerder word hiervandaan! :wink:

10 01 2008
Da Mario (17:16:42) :

“Well will I never” om Ant Stienie te quote. :D
Geluk ou girl, hoekom dink ek rede no.2 was die eintlike rede dat jy op Bakkiesboek was?

14 01 2008
skoenlapr (07:53:43) :

Wooohooo!! geluk Hester!!

15 01 2008
Daantjie (17:52:51) :

Hier is nou ‘n tipiese voorbeeld van iemand wat sy grondwetlike reg op vryheid van spraak misbruik. Gaan kry vir jou iets anders om jou mee besig te hou.

15 01 2008
Dellie (17:58:38) :

Huh? :shock:

16 01 2008
oopkop (05:25:50) :

Ek weet ook nie Dellie? ;)

16 01 2008
Koeksuster (10:09:18) :

Iemand alweer in sy eer gekrenk, dis so maklik om n man se ego te vertrap - ag shame (want ag duim is daar werklik nie).

Baie, baie geluk Anja. Ek en Johan wens jou liefde en geluk toe in al die jare wat kom. (Pluk die rose en verdra die dorings).

Corle vra wanneer moet sy haar strooimeisie rok kom aanpas-hehehe
Baie liefde
R

Leave a comment

You can use these tags : <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>