Multi-tasking
14 01 2008So hierdie is my eerste inskrywing vir 2008. Werk hou my besig.
Dis nie ‘fun’ om ‘n troue te reël nie. Almal wil help, almal het hulle eie idees, min hou van jou idees, sale is klaar bespreek, ma’s wil pêreltjies op jou rok vaswerk, skoonfamilie wil die ‘DJ’ wees en aanstaandes wil spitbraaie hou. Soveel moeite vir een dag.
Mense wat nie van mekaar hou nie moet in ag geneem word met die gastelys, almal se geite en voorkeure moet voor ge’cater’ word. Ek doen dit wragtig nie weer nie.






Ek het net vanmôre deur my Bloglines gekyk en gedink wie het lank laas gepost, amper het ek jou aangekla van Blogverlating!
Ek dog die troue is nog ver? (Mmmm, ek weet mens moet lank voor die tyd begin) Sterkte met die reëlings, maar ons sien darem uit na jou posts ook in 2008.
Vat daai geld en gaan wittebrood julle twee oorsee. Stuff ‘n duur troue!
lol… gelukig vir meeste doen mens dit net eenkeer!
Maak soos ons gedoen het, gaan trou in ‘n klein kerkie in die Drakensberge. Die wat daar wil wees sal, en die wie jy nie daar wil he nie, sien anyway nie kans om so ver te ry nie….
Ek sou hoop dis die laaste keer, ja!
Hou dit klein en nooi nie mense wat jy nie in ‘n jaar nie gesien het nie. Gebruik eerder die geld en koop meubels.
lol
dis verstommend hoe troues die mees volwasse mense (lees: mens se familie) in kinders verander. dis soos perdry: jy kan eers perdry as jy een keer afgeval het. jy kan eers trou as jy een keer gedreig het om te elope. hehe.
Baie sterkte met al die reelings!!!
Hi Anja!
Ek moet saam met Roer en Krista stem … hou dit klein, intiem - dis baie lekkerder! Die nefies en niggies en ooms en tannies wat jy nie mee kontak het of in die laaste 6mnde gesien het nie, is nie werd om genooi te word nie. Hulle kom skinder in elk geval net. hehe
Huur eerder ‘n klein saaltjie wat jy stunning kan optooi, spandeer ekstra op jouself (rok, hare, ens), koop nuwe meubels, en hou die ekstra geld vir ‘n rainy day.
Ek weet!!! … kom trou inni Kaap, dan nooi jy net die bloggermaaikies! hehe
Sterkte vriendin … dis lekker … geniet dit
PS: noem net een keer so terloops jy wil in ‘n swart rok trou LOL!! dan sien jy hoe hol die ou tannies rond! LOL
Ek stem saam met Roer! Stuff die duur trouery en gebruik die geld vir ‘n lekker honeymoon! Hou altyd in gedagte dis jou en liefie se spesiale dag, so maak dit lekker vir JULLE!! Luister na raad - maar hou nogsteeds by wat julle van hou!
Ek het ook so gesê! al drie kere!!
Ek is nou nog vies oor trou onkostes van 8 jaar terug. Volg maar die raad hierbo en gebruik die ponde vir ‘n laaaaang wittebrood.
Hierdie is die een dag wat jy vir altyd en altyd gaan onthou - good or bad.
Dan onthou ek dit vir die good - believe me!!
Jy gaan n knockout wees!!
En ek stem saam, hou dit klein en intiem en splash op die honeymoon!!
R
Ons is gelukkig in Desember getroud. Ons het in die Kaap gebly en my pa het net eenvoudig gesê die troue is by hulle in Witrivier, Tvl. So nodeloos om te sê het ons maar min gaste gehad, nie almal kon dit maak nie.
Besluit julle self wat julle wil en nie wil nie, dit is tog JULLE troue!!!