Liefdesdriehoekoplossing

24 01 2008

Na die hele Steve liefdesdriehoek-oefening het ek gedink dit kan nie so moeilik wees om te besluit wie ‘n mens wil hê nie.  ‘n Mens kan jouself baie moeite spaar en so situasie heeltemal vermy, dis heel eenvoudig.  So daar is drie van julle.  Jy moet kies tussen twee.  Jy wil weet dit gaan werk.  Jy’s te lui om ‘n compatibility-quiz in die Cosmopolitan te doen.  So wat nou? 

Die antwoord lê by die Love Calculator.  ‘n Liefde sompompie.  Heel eenvoudig.  Tik jou en een van jou twee (dalk meer) keuses se name in die blokkies in.  Kliek op ‘calculate’ en siedaar.  Die Love Calculator het vir jou uitgewerk wat die kans is dat jou en die ander persoon se verhouding kan werk.  Om te illustreer hoe eenvoudig dit is kom ons gebruik dan nou maar vir Steve as ‘n voorbeeld. 

Stap 1:

Tik Steve Hofmeyr en Natasha Sutherland se name in die onderskeie blokkies in.  Calculate en siedaar… hulle het ‘n 76% kans om dinge te laat werk.

Stap 2:

Tik Steve Hofmeyr en Janine Van der Vyver se name in die blokkies.  Calculate en… hulle het ‘n 23% kans om ‘n verhouding te laat werk. 

So Natasha is die logiese opsie.  Steve en Nataniël het met 52% ‘n beter kans om dinge te laat werk as wat Janine gehad het. 

Brad en Jennifer het ‘n 58% kans gehad.  Brad en Angelina ‘n 77% kans op sukses.  

As dit maar net so eenvoudig was… 


Actions

Information

18 responses to “Liefdesdriehoekoplossing”

24 01 2008
TristonJ (17:30:21) :

ja nee as dit maar net so eenvoudig was…

24 01 2008
mykopop (19:20:57) :

ja, as… pffffffff!!!!!!!!!!!!! Steve en Nataniël !!!

25 01 2008
BB (05:07:49) :

Hahaha @ love calculator!! In die ‘goeie ou dae’ het ons daardie naam storie al met potlood en papier uitgewerk - was ‘n moerawiese proses - kan nou nog nie onthou hoe my exe gevaar het of sou vaar nie… maar in retrospect seker nie te goed nie ;)
/me google “love calculator”… kan tog nie vir Helgie met geloof, hoop, liefde, wilskrag en deursettingsvermoë ‘n fair chance gee om ‘n suksesvolle verhouding met my te hê nie, now can I??!! :)

25 01 2008
Kokkewiet (08:38:57) :

Dinge sou glad nie so gekompliseerd gewees het as dit so eenvoudig was nie!

25 01 2008
Dellie (09:00:33) :

BB, ek onthou ook daai vreeslike proses met pen en papier… :lol: Ek gaan ook gou bietjie loer…

25 01 2008
Da Mario (09:37:01) :

Oopkop, jy’t nie dalk sommer maar JOU en Steve se name ook probeer nie? Net gedog…. :lol:

25 01 2008
Da Mario (09:40:42) :

Ek kry dat jy ‘n 92% kans het met Steve… whahahahaha!!!

25 01 2008
oopkop (09:52:04) :

En jy’t ‘n 71% kans…

25 01 2008
Koeksuster (12:59:28) :

Ok, ek het n 85% kans met Steve en die hartseer is, ek wil hom nie he nie.

Ek en Johan staan darem so n 77% kans, so dit mag dalk werk. Harde aanhoudende werk.

Ek en n goeie maatjie, Albert het darem so n 92% kans as ek sy naam en van gebruik, dalk is dit n beter oplossing as Johan after all.

Hel, waar was die ding toe ek sulke keuses moes maak…?

28 01 2008
BB (08:07:54) :

Hoekom is dit dat mens vir vuurwapens en motors ‘n lisensie moet kry - learners (teorie) en prakties?? maar vir die een ding waartoe jy true commitment en vaardigheid behoort te hê is die enigste voorvereiste dat jy op daardie dag moet opdaag?? Wonder maar net….

28 01 2008
Da Mario (12:30:55) :

Anja, lyk ek flippen gay? :???:
71% kans…. gmfff! :roll:

28 01 2008
vlermuis (17:13:13) :

Hey, Da Mario, jy het confess, het jy nie? lol

http://vlermuiskat.wordpress.com/2008/01/21/straight-is-so-gay/

29 01 2008
Da Mario (06:13:04) :

ROFL… nou soek jy vir moeilikheid vlerrie!! :lol:
Batman behoort te weet…. ;)

29 01 2008
oopkop (06:26:43) :

And the plot thickens…

29 01 2008
vlermuis (08:15:14) :

Dis waar. Batman in swart rubber, met ‘n ander jonger berubberde man, Robin. Is ‘n robin nie ‘n voeltjie nie?

29 01 2008
Da Mario (08:34:40) :

Vlermuis… :lol:
Hehehehe…. ek is nou vir eers sprakeloos!

29 01 2008
TristonJ (10:53:06) :

ooo vrek! nou het jy jou voet in dit gesit DM… sal ek offer om as witness op te tree? :twisted:

30 01 2008
Roer (14:55:09) :

Ek en liefie het volgens daai dingetjie ‘n 59% kans. Beteken dit nou ek het met almal wat dieselfde naam as my liefie het, ‘n 59% kans? ;-)

Leave a comment

You can use these tags : <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>