‘n Nuwe Begin
29 01 2008Ek en die liefde begin vandag in ons nuwe plekkie intrek. Bliksem maar dis duur om in Centurion te huur. Dis vir ons altwee ‘n nuwe begin. Ek kan nie meer wag nie. Ons het vandag die sleutel gekry en gaan sommer vanaand solank begin trek en op ‘n matras slaap en piekniek hou. Ek weet nie eers of die krag al aangesit is nie. Nie dat dit veel saak maak met Eskom se aan-af-aan-af-krag nie. Al ons goed is by familielede gestoor en ons moet omtrent rondskarrel om te reël dat ons die goed kan terugkry. Kos is gelukkig nie ‘n probleem nie. Ek het laas week by die karaoke die volgende gewen (laat net een Da Mario donner lag) :
-
1 x Blikkie Pilchards
-
3 Pakkies koekies
-
1 x Black Cat Peanut Butter
-
1 x Marmite
-
1 x Pakkie 2-minute Noodles
-
1 x Pakkie Vogue Slims
-
Baie Wilson Toffies (Banana)
-
1 x Blikkie Koffie
-
1 x Bottel All Gold Tamatiesous
Ek weet nie hoekom hulle dit as ‘n prys by karaoke het nie, en ook nie hoekom hulle gesê het dis ‘n week se ‘groceries’ nie, maar ek en Da Mario het gegrap dat daar nog net ‘n bottel spirits en ‘n ‘half loaf’ kort. Ai.
En nou soek ek so ene:








En geen Purity vir lunch nie? (Jissie, moes ek nou my kop in ‘n rat sit om dit te onthou, maar ek het geweet daar’s iets in jou verlede!)
Eergister bel die agentskap my oor mense wat dringend plek soek om te bly in centurion (Valhalla in die geval) Sak en pak onmiddelik wou intrek wyl ek nog eers die huis moet laat uitverf en die vorige huurders (idiots) se skade moet herstel.
Nou sit en wonder ek of dit nie julle was wat die huis wou huur nie. (Dit is nou as julle nie gekoop het nie) Dit sal verseker ‘n klein wereld wees….
So much vir my kort vakansie in SA om huis skade reg te maak….
Hoop julle is baie gelukkig! Lekker bly! Geniet dit!
Hoop julle sal baie gelukkig in julle nuwe plekkie wees. Geniet elke oomblik!
Met koekies, koffie en siggies kan jy oorleef vir ‘n week!
Hoop julle skrop lekker nes!
Eerie prys daai…
(maar solank ek my siggies het, oorleef ek maklik op water vir ‘n week)
Aitsa Anja!! dis so ‘n lekker vooruitsig, of hoe?? ek kry sommer hoennervleis hier waar ek sit as ek dink julle trek vandag saam in ‘n huis in.
Dit is SOOOOOO lekker! Geniet elke oomblik!
en ja … ek moet nou dit doen … bwahahahahahahahahahahaha~!!! roflmao!! foclmao!!!
sorry …
Geniet die saambly! Ek weet sommer julle twee gaan happy wees en is happy! Mens hoef net na julle te kyk om die te weet…
PS hoor of jy nie een van René se kleinkinders kan aan neem nie… hulle is te cute vir woorde

maar dit mag dalk moelik wees om die gediertekie hier te kry…
Sjoe, klink asof ek baie gemis het die afgelope maand of twee! Geluk!
Ek is so bly om te hoor dit gaan so goed met julle en ek wens julle net alles van die beste toe! Dalk is daar nog vir my ook hoop…
Nee, ek het darem klaar gelag. Ek belowe. Regtig waar.
As dit nie was vir daai blikkie Pilchards nie weet ek nie of jy ‘n week daarmee sou uitkom nie…
Whahahahaha!!!! Jy moet dalk die tipe plekke waar jy kareoke heroorweeg. Volgende wat jy weet gee hulle jou ‘n kas brandewyn, 6 x 2L Kola en ‘n boks kondome en noem dit ‘n “naweek-pak”.
Skies, ek het net by die Purity vasgehaak, ek wil darem ook se mag die huis vir julle ‘n tuiste wees, met hope geluk! En nou mag jy maar weer skryf!
Ek’s bietjie confused. George Maru se jy is George W. Bush! http://riviersonderend.wordpress.com/?p=535
op so iets!
O ja… ek wou nog weet, wat de hel wil jy met so wit stukkie wol maak??
Kom Kom vrou ons wil almal weet…
Ai maar die hondjie is cute! Ek het ook so ene (2 eintlik) en het hulle gekry by die SPCA. ‘n Vorige een het ek geadverteer gesien in die tydskrif Animal Talk, is by Exculsive Books en die meeste groot boekwinkels beskikbaar, as jy dalk nie weet waar om te soek nie.
Dis nou cool, die uitdrukking ’singing for your food’ het ‘n prentjie bygekry!
net nou die ander dag sulke hondjies in ‘n petshop gesien - hulle is pragtig, so klein bolletjie wolletjie, ek lief hulle sommer baie, ek het ene gehad, maar sy is uitmekaar verskeur deur bobbejane ( BEESTEKRAAL) ek huil nog gereeld oor haar. OP EN WAKKER DEUR KLOKKIES HOOR!!
Tag! Jy is aan.
http://kinekansel.wordpress.com/2008/02/11/bladsy-123-van-my-naaste-boek/
http://rosalindfranklin.wordpress.com/2008/02/11/my-naaste-boek/
‘n tag as jy lus het om die een saam te speel
Hulle het ook die 2 ply vergeet in die prys
Met al die Peanut Botter en Pilchards gaan jy dit nodig hê!
Voerspoed met jou nuwe plek!
Ek het jou getag - http://tekkies.wordpress.com/2008/02/13/n-boek-in-n-prokureurskantoor/ - maar ek sien freddels het my voorgespring.
Lekker dag vir jou!
Stuur my jou adres - ek wil julle Mrs Balls Chutney aanstuur - ek weet nie hoe enigiemand dit in ‘n hamper kan uitlos nie!!!
Toe toe toe Anja - daardie groceries is seker nou al lankal opgeëet??!!
Vertel ons nou van jou eerstes: aandete, opstaan, huistoe-kom et al….
Lekker Valentine’s Day Anja!! Hoop Didi spoil jou rotten!
ons mis jou, dammit
Vrou lewe jy nog!! of het die nuwe dak op jou kop geval???