M.I.A.

20 02 2008

Terwyl ek so bietjie missing in action was het die volgende gebeur:

  • Ek het brongitis gehad - erg.
  • Ek het opgehou om die troue te reel, vir ‘n rukkie in elkgeval, sal seker later weer daaroor dink en reel, as ek wil.
  • Ek het nou nog nie alles uitgepak met die trekkery saam nie, die spaarkamer lyk soos voor die skepping.
  • Ek het uitgevind dat dit moeilik is om met iemand anders se geheime rond te loop en niks te mag sê nie, om goed as gevolg daarvan te moet wegsteek vir ander mense, veral as dit mense is wat saam met jou werk en veral as hulle jou blog lees.  Dit klink deurmekaar. 
  • Ek het hopeloos te min blogs gelees. 
  • Ek het besluit om ‘n plan te maak om meer te blog ;)

Actions

Information

11 responses to “M.I.A.”

20 02 2008
maeree (15:10:09) :

troues reël is soos perdry - jy kan nie perdry voordat jy nie afgeval het nie.
jy’s nog nie besig om troue te reël as jy nog nie gedreig het om te elope en/of die troue af te stel nie.
dink ek.

20 02 2008
Da Mario (20:01:06) :

LOL @ no.2
….vir ‘n rukkie in elk geval??? :lol:

Ek dink ook jy het te min blogs gelees. Veral myne. Koei.
Voorspoed egter met die geheime rondloop en die voor-die-skepping Spaarkamer!! :D
Ek dink aan jou, kan nie wg dat ons weer gaan sing nie. Kry daai parra uit jou keel dat ons kan gaan….

20 02 2008
krista (20:07:53) :

Maeree, Anja het albei al gedoen . . . te veel kere om op te noem . . .

JY kan maar sê, ek is nie die tipe wat uitpraat nie . . .

21 02 2008
Tersia (06:10:39) :

Ek het ook soms gehoop ek kan kies wie my blog mag lees en wie nie. Eks soms so oorvol oor aangetroude familie en ek kan niks vir julle vertel of oor waarsku nie….!! Soos gewoonlik (nou al vir 20 jaar!!) is ek altyd die een wat ook tussen hulle moet vrede maak, maar as daardie popo die fan strike, tref alles gewoonlik vir my! Onthou net: Daar is een goue reel: BLOED IS DIKKER AS WATER…..!!! Sterkte vir jou! Liefies

21 02 2008
mykopop (07:14:07) :

Ja-nee jong, daardie gevoelens tref almal voor hulle trou. Gaan maar bietjie “back to basis” en dink mooi hoekom en waarom, en moenie laat ‘n geharwar jou kop deurmekaarkrap nie. Sterkte! Ja, jy mag beslis meer blog.

Tersia, jy kan wel kies dat net sekere mense jou blog kan lees, maar al jou lesers sal dan by WordPress minstens ‘n user name moet hê, nie noodwendig ‘n blog nie. Dit kan nogal harde werk word om die lys in stand te hou. Sou jy dit wou doen, volg die paadjie: Dashboard -> Options -> Privacy en kies “I would like my blog to be visible only to users I choose”. Ek weet nie hoe lyk dit van daar af nie, ek sal dit nie probeer nie!

21 02 2008
boegels (07:14:23) :

Bly om te lees jy blog nog.

21 02 2008
skoenlapr (08:15:07) :

((((Anja)))) … dinge gebeur met ‘n doel

;-)

21 02 2008
TristonJ (10:38:43) :

Shoe klink nie jy het n lekker tyd gehad die laaste ruk nie… maar welkom terug!

21 02 2008
Karl (11:12:37) :

Lekker om oor jou blog te struikel hehehhe

Gaan loer in by myne - Troustories - lekker snaakse goed wat al by troues gebeur het en so bietjie advies.

Skrou as jy dalk iets kort en nie weet waar om te soek nie. Geniet die preps - beste tyd van jou troue.

Karl

21 02 2008
Dellie (12:13:46) :

Ek is bly jy het besluit om meer tyd te maak vir blog. Ons mis jou!

Die res sal dit self uitsorteer. Hou moed. :wink:

24 02 2008
Roer (19:00:28) :

((((Anja)))

NS Mis die pittige chats in SSSB

Leave a comment

You can use these tags : <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>