WIEGELIED

22 02 2008

miscarriage.jpg

My baby,

Dis vandag presies 6 jaar terug dat jy van my weggevat is.  Ek verlang na jou al het ek nooit kans gehad om jou vas te hou, jou te ruik, jou toe te draai en beskerm nie.  Ek het al gesien hoe ek na jou kyk as jy slaap en dankie sê dat jy myne is.  Dis ‘n vreemde soort verlang.  Mense verstaan nie.  Dis ‘n alleen verlang.  Dis ‘n verlang wat my laat huil as ek iemand anders se baba vasgehou het.  Dis ‘n verlang wat my hart laat pyn as ek ‘n baba in die winkel sien.  Jou Ouma het toe sy uitgevind het dat jy nie meer binne my groei nie probeer troos en gesê ek moenie bekommerd wees nie, ek sal weer swanger word en weer kinders kan hê.  Die troos het nie veel gehelp nie.  Ek het haar gevra hoe sy sou voel as een van haar 4 kinders moet doodgaan en iemand probeer troos deur te sê daar is darem nog 3 ander oor.  Seker nie heeltemal dieselfde ding nie, maar seer bly seer, dood bly dood, verlang bly verlang.  Ek was so opgewonde toe ek uitvind dat jy in my groei, opgewonde en bang.  Ons het vir jou ‘n kot gekoop, die mooiste hout kot en alles begin regkry, al was dit nog lank voordat jy gebore moes word.  Jou pa het gehuil toe ek uit die hospitaal gekom het na die miskraam.  Ons is nie meer saam nie, vir die beste.  Ek kan nie glo dis al 6 jaar terug nie.  Daar is soveel wat ek vir jou wou leer, soveel wat ek vir jou wou sê, soveel wat ek vir jou wou gee.  Ek raak altyd hartseer hierdie tyd van die jaar.  Die dokters het dit ‘n Spontane Aborsie genoem.  Ek kon daai woorde nie vergeet nie.  Dit het soveel erger as miskraam geklink.  Dit het my laat voel dat als my skuld was. 

Mense sê “Get over it”, vergeet daarvan, God se planne is duister, dit het vir ‘n doel gebeur.  Ek knik maar net my kop.  Niks kan verander wat gebeur het nie, ek kan dit nie beter maak nie, niemand kan nie.  Ek wil huil oor jou as ek so voel.  Soos nou… Ek hou al solank vas aan die seer en nie huil en vrede maak nie omdat mense my laat voel het ek mag nie oor jou huil nie, ek moet sterk wees, ek mag nie voel nie.  Ek voel vandag ek wil klaar oor jou huil en ek wil laat gaan.  Ek sal waarskynlik nog so nou en dan huil, ek sal elke jaar jou weggaan onthou, ek sal altyd weet dat jy daar was.  Ek kan net nie meer bly terugdink en myself verwyt oor wat ek verkeerd moes gedoen het om te verdien wat gebeur het nie, ek wil hierdie hoofstuk afsluit. 

Rus sag my baby, ek lief jou en mis jou,

(amper)Mamma


Actions

Information

17 responses to “WIEGELIED”

22 02 2008
skoenlapr (06:07:46) :

ai Anja … my hart is ook sommer seer saam met jou vandag. Ek sien die seer in jou woorde … en kan my indink hoe jou hart moet voel.

Strongs vriendin …

22 02 2008
Adelem (07:50:58) :

My trane loop! Ek weet hoe jy voel, ek het laas jaar Januarie ‘n miskraam gehad en niks wat iemand doen of se sal dit ooit beter maak nie. My hart gaan uit na jou toe, ek hoop jy sal gou vrede vind. ((Anja))

22 02 2008
TristonJ (08:11:25) :

(((anja)))

22 02 2008
Zee (08:55:57) :

(((Anja))), ek voel jou seer saam met jou. Sterkte vir jou vir vandag. Weet net dat hy/sy by al die ander kindertjies in die hemel is!

22 02 2008
Jasper (17:01:05) :

Ek het geen idee hoe jy voel nie Anja, maar jou hartseer is ge-ets oor die horison vir almal om te sien
en te ervaar

Julle sal weer saam wees.

eendag.

22 02 2008
Jo-Ann Schou (18:15:22) :

Jy moet huil, jou trane is salf vir die seer in jou siel. Sterkte!

24 02 2008
gertgariep (20:35:35) :

(((Strongs)))

25 02 2008
rb (07:27:25) :

((((Anja))))
Huil, verlang, droom, JY MAG!!!!

25 02 2008
rosalindfranklin (15:28:52) :

Die inskrywing het my hart vandag soveel geroer. X

25 02 2008
boendoe (18:11:12) :

Ai. Jy mag maar huil.

26 02 2008
vygie (06:49:58) :

Ag, ek is so jammer.

26 02 2008
Xanika (07:45:45) :

(((((Anja))))) huil soveel jy nodig het. Ek kan my nie my lewe voorstel sonder my laaitie wat 6 is nie. Ek weet nie hoe jy voel nie, maar jou beskrywing het my byna in trane. Dalk huil ek te maklik, maar dit neem baie langer vir my om iets te aanvaar of te verwerk as ek nie daaroor gehuil het nie. Die wat sê dit word beter met tyd, weet nie waarvan hulle praat nie. Soms dink jy dalk nie so baie daaraan nie, maar wanneer iets gebeur - of dan ‘n sekere tyd van die jaar - is die seer net so rou soos toe dit gebeur het.
Baie sterkte vir jou.

26 02 2008
labmuis (10:09:05) :

Baie sterkte!

26 02 2008
René (14:02:55) :

Sterkte Anja - ek kan nie sê dat ek weet hoe jy voel nie - want ek weet nie!! As huil jou laat beter voel - go for it - huil jou hart uit 70 x 7 keer - en bogger die res wat sê en dink TYD maak alles heel! Dit doen nie!! Tyd plak net pleisters!

4 03 2008
ewons (06:27:47) :

Anja - eks n man en ek huil nog soms! daars niks mee verkeerd nie! Anyway, long time no see CrAzY_WoMeN!!! Gaan dit goed? Oh, daai ou blog is past 2007, join my please op die nuwe. Sien mail as jy goed keur!!!

die groot T

7 03 2008
PL (16:58:44) :

Weet jy Anja, jy laat my so skaam kry. Ek het twee pragtige 100% normale kinders wat my mal maak. Soms voel ek of ek hulle teen die mure wil vasplak. Ja altwee was koliekbabas en ek het 4 jaar laas ‘n nag deurgeslaap en altwee het ADHS MAAR hulle lewe en is elkedag heeldag by my, ek kan hulle vashou en vertroetel en vir hulle wiegeliedjies sing. ‘Skies my kleintjies, mamma gaan harder probeer… Sterkte Anja en dankie vir die eye-opener…

30 06 2008
Nico (04:35:50) :

…dit gaan nooit regtig weg nie, doen dit? Ons s’n is nou eers amper ‘n jaar agter my en dit spook gereeld by my…

Leave a comment

You can use these tags : <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>