Stink jy of bloei jy?

26 02 2008

Ek weet mens moenie kla nie, maar… Ek is so gatvol vir die advertensies op TV.  Ons het nie die ‘luxury’ van DSTV nie, so SABC en E-TV moet maar doen.  Ek het darem nou al geleer om nie te eet voor die TV as daar ‘n advertensie opkom nie, want jy is amper gewaarborg om een van die volgende te sien:

  • ‘n Klein Sjinees op ‘n toilet wat aangaan oor hoe hy stink.
  • ‘n Vrou wat tampons of doekies adverteer terwyl sy in ‘n wit broek rondspring.
  • ‘n Advertensie vir ‘erectile dysfunction’ waar ‘n vrou haar man by die huis uitjaag omdat hy nie ‘kan’ nie. 
  • Een of ander simulasie van ‘n baba se doek en hoe absorberend dit kan wees vir nommer een en nommer twee.
  • Een of ander maergat girl wat ‘poefiepap’ of Bioslim adverteer. 
  • Sms-klubs met allerhande ‘crap’ wat jy kan aflaai - van foto’s tot die geluid van ‘n baba wat poep of huil.
  • ‘n Deodorant wat vrouens soos vlieë na mans toe lok.
  • ‘n Lakseermiddel advertensie waar iemand aangaan oor hoe ‘regular’ hulle is vandat hulle hierdie middel gebruik.  Dis amper so erg soos die ‘poefiepap’.
  • ‘n Dansende meerkat.
  • ‘n Pizza-vretende ‘cartoon’ gesin met vreemde aksente.

Ek voel al asof die hele land bloei, huil, baba’s het, kokkerotte het, stink, nie kan toilet toe gaan nie en nie kan seks hê nie.  Make it stop.

Daar is darem seker ‘n paar goeie advertensies ook.  Ek is mal oor die Savanna-advertensies (It’s the peanuts, they’re complimentary).  Ek is seker daar’s nog ‘n paar goeies as ek mooi dink.  Ek sukkel net om oor al die wat my irriteer te kom.  Ek onthou ‘n hele paar jaar terug was my gunsteling advertensie ‘n Volkswagen een met die Volla en een van Andre de Villiers se songs (ek dink).  I remember the days of my life, I recall new faces, mostly yours… daai een. 

Ek kom toevallig op hierdie ou advertensies af - ek neem aan dis Amerikaanse advertensies:

ad3.jpgad5.jpg

Die advertensies daardie tyd was seker ook nie veel beter nie.  Hier is ‘n paar ou Suid-Afrikaanse radio advertensies.


Actions

Information

14 responses to “Stink jy of bloei jy?”

26 02 2008
Xanika (08:46:35) :

Op tech het ons geleer advertensies word irriterend gemaak omdat mense dit dan beter onthou. Dis nou met die doel om die produkte te koop. Ek is bevrees dat dit op my net die teenoorgestelde uitwerking het - ek onthou dit en daarom sorg ek dat ek daardie produkte vermy!

26 02 2008
René (14:10:03) :

OMF - No diet, no baths, no exercise - sluk net ‘n sanitised tape worm - nogal jar packed!!! Gawwwwd - hoe gril ek nou tot in ‘n ander bloedgroep in!!! Eeeuuuuwwww!!!

26 02 2008
Bertus! (14:14:30) :

O ala krinklik, wat is poefiepap?

26 02 2008
netjane (14:14:50) :

Dis maar dieselfde advertensies hier ook, maar in die “mix” is daar gereeld advertensies vir 2 of 3 tipes room wat athletes foot bekamp (wat de hel doen die swede dat hulle soveel tipes room het?!) en natuurlik my gunsteling (yeah right) die advertensies wat die baie arm kinders in Afrika en Indië wys en jou aanspoor om geld te skenk. Nie baie aptydwekkend nie.

26 02 2008
oopkop (14:18:56) :

Dis my suster se woord vir pap wat jou laat poefie Bertus! ;)

27 02 2008
Da Mario (05:26:03) :

Special K?

En Tapeworms??? Is hulle serious??? :shock:
Het iemand dit actually gekoop??? :lol:

27 02 2008
Dellie (06:36:47) :

Whahaha, ek deel jou sentimente oor daai seuntjie wat so stink poef… om nie eers te praat van die Hummer-hummer strooi nie. En weet jy wie is ekstra irriterend? Daai bleddie Dub van Tube of iets. As hy eers so beginne “bye-bye, bye-bye”, wil ek net skree “f@k@f nou en kry klaar!”

27 02 2008
mykopop (11:37:40) :

Ek weet nie of advertensies op TV hoegenaamd ‘ n doel dien nie, want hierdie tipe probeer mens maar net mis kyk. Dan is daar weer die tipe wat so oulik is dat jy nie eintlik agterkom wat hulle adverteer nie!

27 02 2008
Johan Swarts (15:16:25) :

yay, jy’s terug! :)

ek hou die meeste van daai seniele ad met die crowbar. dit laat my dink aan halflife.

27 02 2008
Jasper (19:09:15) :

Bokkie,
Jy kyk helemaal te veel TV…..

27 02 2008
sonkind (20:54:35) :

Ek mute die advertensies die oomblik as dit opkom, maak my oë toe en kyk of ek kan reg raai wanneer die program weer terug is, so ek het nie ‘n cooking clue wat die latest is nie. Ek weet net die stupid ou wat sy selfoon of iets laat upgrade en op ‘n kol ‘n papierpop agter sy lessenaar gelos het - dink sy naam is Bob - het die flippin living daylights uit my irriteer.

En hoekom het ‘n Kaukasiese ma ‘n Chinese seuntjie? Die stink toilet ene. Of is dit nou ‘n rassistiese vraag?

4 03 2008
Tersia (06:51:23) :

Gelukkig kyk ek nie meer TV nie! Na daardie bbbbrrrr coke ad het ek TV opgegee, maar daar is beslis goed wat my vreeslik irriteer het en wat ek kan onthou… Die meeste ads gee mens maar ‘n poef-pyn!

6 03 2008
maeree (12:44:18) :

daai pap is baie sleg vir ‘n mens en maak jou eintlik hardlywig.

29 06 2008
Tania (21:48:07) :

Ek het baie gelag vir hierdie storie…

Leave a comment

You can use these tags : <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>