Net gou ‘n vinnige vraag. As jy weet iemand se man verneuk hulle, en dis net ‘n kennis van jou, is jy veronderstel om dit vir hulle te sê, of moet jy eerder nie inmeng nie. Sou jy wou weet?
As jy praat van daai blonde poppie saam met wie ek nou die aand daar by teazers weg is, bly eerder stil. Jy weet hoe kwaai is my vrou.
Grappies op ‘n stokkie. Ek dink nie daar is ‘n regte antwoord nie. Maar ek sou reken dat as jy doodseker van jou saak is, dan moet jy vir daai persoon sê. Sy verdien om te weet. Ek sou ook wou weet.
O aarde. Ek sal dadelik vir ‘n vriend/vriendin se mits ek baie seker van my saak is, soos in: Ek het self gesien en nie net ‘n storie gehoor nie.
Maar net ‘n kennis. Nee.
Want mense blameer baie keer nie een wat die slegte nuus dra. Ek is bereid om nie “punch” te vat vir ‘n vriend/vriendin, maar ek weet nie so mooi van ‘n kennis nie.
Maar dit is my persoonlike en algemene gevoel. Die beste is om op jou instink/gut te gaan. Elke saak op eie meriete.
Jy is ‘n slim girl. Jy weet dat jy veronderstel is om te se. Of dit nou uitkom, of oor 10 jaar, dit gaan uitkom. Die pyn gaan pynlik wees, maar om stil te bly om ‘n bliksem te beskerm, is onregverdig.
So doen wat ‘n slim girl sou doen. Met die nodige takt en ondersteuning natuurlik!
Ek dink nie dit is om die bliksem te beskerm nie, maar oor hoe goed jy die kennis ken. Baie keer is die persoon kwaad vir jou. Dis hoekom ek dink dit moet wees op die individuele omstandighede.
Ek persoonlik sal dit eerder wil hoor van ‘n vriendin as net van ‘n kennis.
1. Ek sou wou weet.
2. Ek sou my briesend vererg as ‘n buitestaander groot-oog sappige skindernuus van my wederhelf aandra.
3. Ek sou na die tyd bly wees dat ek weet.
4. Ek sou wel moes verduidelik hoekom glo ek ‘n buitestaander en nie my vrou se woord nie.
5. Dus: ditto met me Franklin. Weet nie regtig nie.
In my ondervinding: Mans vertel nie mekaar sulke dinge nie, vroue doen. Ek kan nie imagine dat ek na ‘n ou wat net ‘n kennis van my is sal stap en hom vertel sy vrou spyker ander ouens nie. Behalwe miskien as ek hom niks like nie. Ek dink hy kan dit mos maar self uitfigure. As dit ‘n goeie vriend is sal ek egter waarskynlik saam met hom gaan om die ander ou te gaan piets, maar wat tussen hom en sy vrou aangaan is nie my sake nie.
Vir girls… why bother? Sy weet dit waarskynlik en is nogtans bang om hom te verloor. As sy genuine clueless is WIL sy dalk nie weet nie. As jy hom nie like nie, vertel haar. As jy hom like, gryp jou kans!
Maar genuine nou, gaan dit jou laat beter voel as sy weet? Hou jouself daaruit, hulle kan dit op hulle eie uitsorteer.
Dit voel net half asof hierdie situasie bietjie anders is want ek ken die persoon nie eintlik nie, maar ek weet hulle ‘partner’ is nie eerlik nie. Sien uit na vanaand
5032008
Carpe Diem (06:34:35) :
n Shrink sal jou aanraai om dit nie te doen nie, want dis nie jou verhouding nie! Net so, as jou dogter/seur met n vrou trou wat jy weet nie reg is vir haar/hom nie, is dit nie jou reg of plek om dit vir hom/haar te sê nie!
As dit net ‘n kennis is, sou ek nie inmeng nie. Maar as dit ‘n goeie vriendin is, sal ek vertel. Maar ook net as ek eerstehandse kennis het daarvan. Dinge het ‘n manier om erens uit te kom, en sy sal jou later verwyt en aanneem jou stilswye het beteken jy keur goed wat hy doen.
Ek sou wou weet… ek sal eerder nou seer kry en kan genees as wat ek die stukke van my hart reg oor afrika moet loop soek na ek n lewe met n cheating vark gedeel het…
Anja, ek sal eers doodseker maak van die feite en na haar gaan. As jy eerstehandse kennis het en dit nie van hoorsê of sommer net ‘n gevoel is nie. Netnou dink sy dalk jy probeer net moeilikheid maak, wees versigtig.
6032008
maeree (12:47:01) :
ek en die hoof van die huis het nou die dag lang gesprek hieroor gehad. kon nie besluit nie. toe begin ons deur die lys van ons vriende gaan en ons besef: ons sal vir die mense sê met wie ons baie goeie vriende is. maar nie vir die ander nie.
hoof van die huis sê hy sal wil weet as ek iemand anders het. hy praat uit ervaring.
ek sal wil weet as dit ‘n lang verhouding is. maar nie as dit ‘n enkele glipsie was nie.
Ek sou ook graag wou weet…, maar dan weer stem ek saam met die DM. Dis nie jou verhouding nie. En ja, gaan jy beter voel as sy weet, gaan jy trots op jouself wees omdat jy die een was wat haar oe oopgemaak het? Indien wel: gaan voort, vertel haar! Indien nie: kyk ander pad en wanneer sy uitvind, bly steeds stil, want die feit dat sy weet dat jy al die tyd geweet het gaan nie haar stukkende hart vinniger help heel word nie.
Ek sal nie die laaste een wil wees wat dit weet nie! Ek voel vandag nog skuldig dat ek iemand wie ons ken, nie gese het dat sy vrou ‘n affair het nie. Syt dit self vir my gese, EK wou nie sy gevoelens seermaak nie, maar op die ou einde het sy hom finansieel uitgeroei… boob jobs, oog operasies, juwele ens…. Ek het net nie geweet wat om te doen nie! Mens wil nie altyd betrokke raak by so iets nie!
8032008
meisiekind (21:41:47) :
Ek sou se jy moet jou daaruit hou, as dit net ‘n kennis is laat hulle eerder self hulle eie heil uitwerk.
10032008
Celesté (08:35:45) :
Ek sou se: Hou jou blind en stom. Dit is nie jou sake nie. Laat sy dit by ‘n ander vark in die veEverhaal hoor.
Ek is daardeur en het eers nadat ek en my eks uitmekaar is gehoor van nog baie ander. Ek het self van die laaste een uitgevind, maar was geskok toe ek hoor dat daar vele meer was.
As jy praat van daai blonde poppie saam met wie ek nou die aand daar by teazers weg is, bly eerder stil. Jy weet hoe kwaai is my vrou.
Grappies op ‘n stokkie. Ek dink nie daar is ‘n regte antwoord nie. Maar ek sou reken dat as jy doodseker van jou saak is, dan moet jy vir daai persoon sê. Sy verdien om te weet. Ek sou ook wou weet.
O aarde. Ek sal dadelik vir ‘n vriend/vriendin se mits ek baie seker van my saak is, soos in: Ek het self gesien en nie net ‘n storie gehoor nie.
Maar net ‘n kennis. Nee.
Want mense blameer baie keer nie een wat die slegte nuus dra. Ek is bereid om nie “punch” te vat vir ‘n vriend/vriendin, maar ek weet nie so mooi van ‘n kennis nie.
Maar dit is my persoonlike en algemene gevoel. Die beste is om op jou instink/gut te gaan. Elke saak op eie meriete.
Luister nou mooi.
Jy is ‘n slim girl. Jy weet dat jy veronderstel is om te se. Of dit nou uitkom, of oor 10 jaar, dit gaan uitkom. Die pyn gaan pynlik wees, maar om stil te bly om ‘n bliksem te beskerm, is onregverdig.
So doen wat ‘n slim girl sou doen. Met die nodige takt en ondersteuning natuurlik!
Ek dink nie dit is om die bliksem te beskerm nie, maar oor hoe goed jy die kennis ken. Baie keer is die persoon kwaad vir jou. Dis hoekom ek dink dit moet wees op die individuele omstandighede.
Ek persoonlik sal dit eerder wil hoor van ‘n vriendin as net van ‘n kennis.
As jy dit definitief weet en dit nie net iewers gehoor het nie, sal ek verwag dat jy my vertel as dit my man is.
As dit net spekulasie is, bly dan liewers stil.
As jy die ander vrou is, vertel en hardloop dan fnokken vinnig. Jy kan ook gedagvaar word . . .
1. Ek sou wou weet.
2. Ek sou my briesend vererg as ‘n buitestaander groot-oog sappige skindernuus van my wederhelf aandra.
3. Ek sou na die tyd bly wees dat ek weet.
4. Ek sou wel moes verduidelik hoekom glo ek ‘n buitestaander en nie my vrou se woord nie.
5. Dus: ditto met me Franklin. Weet nie regtig nie.
Net as jy dit met jou eie oë gesien het en BAIE seker is van jou saak. Anders kan jy maklik in die kruisvuur raakgeskiet word.
In my ondervinding: Mans vertel nie mekaar sulke dinge nie, vroue doen. Ek kan nie imagine dat ek na ‘n ou wat net ‘n kennis van my is sal stap en hom vertel sy vrou spyker ander ouens nie. Behalwe miskien as ek hom niks like nie. Ek dink hy kan dit mos maar self uitfigure. As dit ‘n goeie vriend is sal ek egter waarskynlik saam met hom gaan om die ander ou te gaan piets, maar wat tussen hom en sy vrou aangaan is nie my sake nie.
Vir girls… why bother? Sy weet dit waarskynlik en is nogtans bang om hom te verloor. As sy genuine clueless is WIL sy dalk nie weet nie. As jy hom nie like nie, vertel haar. As jy hom like, gryp jou kans!
Maar genuine nou, gaan dit jou laat beter voel as sy weet? Hou jouself daaruit, hulle kan dit op hulle eie uitsorteer.
Anja…
Net so ter herinnering. Gaan lees gerus jou eie antwoord op hierdie vragie, so 8 maande gelede…
http://dmario.wordpress.com/2007/07/06/split-jy-op-jou-buddies/
Sien jou vanaand!
Dit voel net half asof hierdie situasie bietjie anders is want ek ken die persoon nie eintlik nie, maar ek weet hulle ‘partner’ is nie eerlik nie. Sien uit na vanaand
n Shrink sal jou aanraai om dit nie te doen nie, want dis nie jou verhouding nie! Net so, as jou dogter/seur met n vrou trou wat jy weet nie reg is vir haar/hom nie, is dit nie jou reg of plek om dit vir hom/haar te sê nie!
Ek sou wou weet.
As dit net ‘n kennis is, sou ek nie inmeng nie. Maar as dit ‘n goeie vriendin is, sal ek vertel. Maar ook net as ek eerstehandse kennis het daarvan. Dinge het ‘n manier om erens uit te kom, en sy sal jou later verwyt en aanneem jou stilswye het beteken jy keur goed wat hy doen.
Ek sou wou weet… ek sal eerder nou seer kry en kan genees as wat ek die stukke van my hart reg oor afrika moet loop soek na ek n lewe met n cheating vark gedeel het…
aaah so jy kom vanaand… herhinder my om jou te vertel wat ons goeie vriend gesê het toe ek hom vra of jy nou kom of nie…
Anja, ek sal eers doodseker maak van die feite en na haar gaan. As jy eerstehandse kennis het en dit nie van hoorsê of sommer net ‘n gevoel is nie. Netnou dink sy dalk jy probeer net moeilikheid maak, wees versigtig.
ek en die hoof van die huis het nou die dag lang gesprek hieroor gehad. kon nie besluit nie. toe begin ons deur die lys van ons vriende gaan en ons besef: ons sal vir die mense sê met wie ons baie goeie vriende is. maar nie vir die ander nie.
hoof van die huis sê hy sal wil weet as ek iemand anders het. hy praat uit ervaring.
ek sal wil weet as dit ‘n lang verhouding is. maar nie as dit ‘n enkele glipsie was nie.
Ek sou wou weet.
Ek sou ook graag wou weet…, maar dan weer stem ek saam met die DM. Dis nie jou verhouding nie. En ja, gaan jy beter voel as sy weet, gaan jy trots op jouself wees omdat jy die een was wat haar oe oopgemaak het? Indien wel: gaan voort, vertel haar! Indien nie: kyk ander pad en wanneer sy uitvind, bly steeds stil, want die feit dat sy weet dat jy al die tyd geweet het gaan nie haar stukkende hart vinniger help heel word nie.
Ek sal nie die laaste een wil wees wat dit weet nie! Ek voel vandag nog skuldig dat ek iemand wie ons ken, nie gese het dat sy vrou ‘n affair het nie. Syt dit self vir my gese, EK wou nie sy gevoelens seermaak nie, maar op die ou einde het sy hom finansieel uitgeroei… boob jobs, oog operasies, juwele ens…. Ek het net nie geweet wat om te doen nie! Mens wil nie altyd betrokke raak by so iets nie!
Ek sou se jy moet jou daaruit hou, as dit net ‘n kennis is laat hulle eerder self hulle eie heil uitwerk.
Ek sou se: Hou jou blind en stom. Dit is nie jou sake nie. Laat sy dit by ‘n ander vark in die veEverhaal hoor.
Neem dit met die man direk op. Gaan vertel hom dat jy weet. Los die vrou uit, dis nie sy wat moet suffer nie, laat hom sweet!!!
Ek sou wou weet!!!!