Hoekom?
27 03 2008Ek weet ek blog te min. Heeltemal te min. Met die nuus van die baba wat oppad is is my kop heeldag besig. Eintlik dink ek moet net die nuus ignoreer. Dit onstel my verskriklik. Die hele Sheldean Human storie wat nou weer so in die nuus is en dan ook die volgende artikel deur Francois Oosthuizen in die Beeld:
6 keer lewenslank ná hy sy dogter verkrag:
Die man wat sy sesjarige dogtertjie oor ’n tydperk van vier jaar verkrag en foto’s daarvan geneem het, is gister in die Johannesburgse hooggeregshof tot ses keer lewenslange tronkstraf gevonnis.
Hy moet ’n bykomende 14 jaar tronkstraf uitdien vir onsedelike aanranding, oortredings van die Film- en Publikasiewet en crimen injuria.
Regter Naren Pandya het in sy uitspraak uit verskeie hofsake aangehaal en gesê verkragting is ’n kanker wat die samelewing verteer. “Dit is verskriklik dat kinders nie veilig is om vry en sonder vrees te leef nie.”
Volgens Pandya was die man se sielkundige verslag kripties en deurmekaar en kon dit nie tot versagtende omstandighede bydra nie.
Die man beweer in dié verslag hy is as kind verskeie kere gemolesteer deur die huismoeder van die kinderhuis waar hy gebly het.
Dit kon nie bewys word nie.
“Selfs al kan die beskuldigde se misdade aan sy verlede gekoppel word, verklaar dit nie hoekom hy foto’s van die seksuele misdrywe geneem het nie,” het Pandya gesê.
Die voorvalle, wat tussen 2002 en 2006 plaasgevind het, is deur die meisie se ma afgeneem en die foto’s daarvan is op DVD gestoor.
Die ma, wat op dieselfde aanklagte tereggestaan het, het intussen ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan.
Dit was nie die eerste keer dat dié man hom aan seksuele misdade skuldig gemaak het nie.
Hy is in 1990 skuldig bevind aan die onsedelike aanranding van sy dogter (6) uit ’n vorige huwelik.
Volgens die meisie se pleegma is hulle tevrede met die hofuitspraak.
Sulke artikels ontstel my geweldig erg. Ek is bang ek sal nie my kinders kan beskerm teen iemand wat hulle onskuld so wil wegvat nie. Hoe beskerm mens jou kinders? En hoe doen mens dit sonder om oorbeskermend te wees? Bid? Baie bid? Ek word naar as ek sulke goed lees. Ek kan net nie verstaan watter tipe mense sulke goed doen nie. Ek wonder of ‘n mens veronderstel is om te verstaan. Dis vir my verskriklik dat die meeste van hierdie molesteerders en verkragters beweer dat dit met hulle ook gebeur het as kinders. As jy dan weet hoe dit voel, hoekom doen jy dit dan? Hoekom, hoekom, hoekom.






Ek voel ook so, het so week terug ook daaroor gepost. Die probleem is daar is geen pro-aktiewe oplossing nie. Ons kan maar net aanhou bid, en ons kinders so ver moontlik onderrig en beskerm.
Ek dink mens beskerm ook jou kinders deur hulle bewus te maak van gevare, hulle ingelig groot te maak en behoorlik te leer. Om eerlik te wees met hulle en al hulle vrae te antwoord. Hulle “slim” groot te maak?
‘n Verantwoordelike ouer te wees en dies meer (baie van die kinders wat iets oorkom word sonder toesig gelos, of toegelaat om saans buite te speel of saam met die buurman te gaan. Sulke goed.)
Mens los mos byvoorbeeld nie ‘n sesjare meisie sonder toesig by die huis nie, of laat toe dat die buurman haar bad nie???
Baie het met verantwoordelikheid te doen, nie net bid nie.
Baie sterkte, jy sal ‘n goeie ma wees.
Daar sal ongelukkig altyd siek mense in ons samelweing wees.
Daar is geen rede… en ja dis vrek sad… maar dit moet nie jou genot in die wonder wat jy ontvang oorskadu!
Goeie vraag, ek wil ook weet hoekom???
Ek stem saam met Rosalindfranklin dat ons met ons kinders moet praat en hulle so toerus om die regte besluit te neem sou sit met hulle gebeur. Ek praat baie met my seuntjie en vra hom gereeld wat en hoe hy moet maak as dit met hom gebeur al is dit iemand wat hy ken en liefhet.
Al hierdie dinge maak enige ouer en toekomstige ouer bang, maar jy moenie jou blind staar daarteen nie en geniet elke oomblik van jou swangerskap en dink aan die oulike bondeltjie vreugde wat jy een van die dae gaan vashou.
ego ekke Hoekom???
Jy sal een wonderlike ma maak, maar moenie jou nou opstres oor dit nie, jy plaas stres op die baba ook. Sterkte
Anjatjie - hier is ietsie spesiaal vir jou…
http://woestynsand.wordpress.com/2008/04/01/uit-die-tuin-van-eden/
Enjoy!!
Die scary-ste deel hiervan vir my is hoe dikwels dit die kinders se eie ouers is wat dit aan hulle doen! Hoe siek moet ‘n mens wees?
Maar ja, al wat ons kan doen is bid, nog bid, en ons kinders ‘reg’ grootmaak.
Geniet jou naweek, en moenie te veel onnodig stress nie!
jis, dis siek!! siek!!!siek!! siek!!!