Hopelik het ek nou klaar gemoan vir ‘n rukkie. Dinge gaan bietjie beter. Ek kan asemhaal.
Die baba kom in November as alles goed verloop. Omdat ons nog nie weet of dit ‘n hy of ‘n sy is nie, heet die dingetjie vir nou Stoffel. Die ander helfte wil die horries kry as ek na die baba as Stoffel verwys, maar dis nou maar hoe dit is. As my ma bel vra sy hoe dit met Stoffel gaan. Ons het die naweke op name besluit. Dis waarskynlik nie vir almal ewe mooi nie, maar ons het gecompromise sover op twee meisie en twee seuns name.
Meisiename: Tatiana Azaria
Seunsname: Kenrick Matthew
Soos wat ek myself ken gaan die name nog ‘n duisend keer verander voordat Stoffeltjie sy/haar opwagting maak. Stoffel is veronderstel om al meer as 3cm groot te wees. Behalwe vir die feit dat ek ooremosioneel is en dat alles stink (koffie, pasteie, kos, petrol, enige iets) verloop alles goed. Ons het Stoffel se hartklop gehoor toe ons laas maand by die dokter was. Dit was amazing. ‘n Hele 141 “beats” per minuut.
Wat moet gebeur, sal gebeur.






Onlangse Kommentaar