The Great Escape

11 04 2008

Hierdie blog was vir so lank my uitlaatklep.  Een wat ek vir die laaste ruk verskriklik afskeep.  Ek is jammer.  Persoonlike blogs wat net gaan oor ‘n gekerm oor hoe sleg die lewe is werk nie vir my nie.

 

Ek dink ek maak reg om oor ‘n paar maande ‘n enkelma te wees.  Ek is moeg.  Dit gaan kak by die huis.  Ek kan nie dink hoe om dit mooier te stel nie.  Sal ek my kind ‘n onreg aandoen om te loop?  Sal ek goed genoeg vir hom/haar kan sorg?  Dinge gaan rerig nie goed nie en ek weet nie wat om te doen nie.  Ek is besig om my escape te beplan vir die einde van die maand (Dit klink verskriklik om dit so te stel).  Ek kan nie nou loop nie, moet wag vir my salaris.  Ek is doodmoeg en verby gatvol.  Kan ‘n mens regtig iets laat werk wat nie meer reg voel nie?  Iets wat jou stukkie vir stukkie doodmaak elke dag?  Dalk is ek besig om te oorreageer.  Moet ek nie maar wag en dinge probeer uitsorteer nie.  Ek weet dit sal nooit werk nie.  Ek kan nie vir iemand anders sorg wat nie ‘n plan wil maak om by te dra nie.  Ek kan nie die enigste verantwoordelike, rasionele persoon in ‘n verhouding wees nie.  Ek voel soos ‘n dier in ‘n hok wat nie kan wag om te ontsnap of vrygelaat te word nie.  Ek sal nie vir ‘n aborsie gaan nie.  Ek weet nie watter kant toe nie.  Ek wil nie loop net om omgepraat te word en later weer terug te gaan nie.  As ek gaan moet dit klaar wees, verby wees, finaal.  Ek wil asem haal.  Ek versmoor.  Enige iemand met raad?  Ek dink ek weet seker klaar wat ek moet doen, ek soek seker net confirmation of dalk ‘n goeie uitskel om my by te kry?  Enige iemand?


Actions

Information

27 responses to “The Great Escape”

11 04 2008
Kaalvoetkind (11:41:05) :

Anjatjie… Hulle sê vlug is ‘n goeie ding, jy moet net betyds begin. Luister wat jou kop vir jou sê, jy’t nou ‘n kind ook om aan te dink en hy/sy verdien om in ‘n gelukkige huis groot te word! Jy’s dit aan jou kind en jouself verskuldig…

11 04 2008
Da Mario (12:01:48) :

Aai girl… :sad:
Twee maande terug was jy nog gelukkig genoeg om swanger te word. Nou nie meer nie? Wat het verander?
Tree hy nog dieselfde op teenoor sy kinders en die ander mense in sy lewe as wat hy altyd gedoen het, of tree hy net anders op teenoor jou?
Voel hy nog dieselfde oor jou as voorheen of nie?
Doen hy die hele tyd nog dieselfde dinge wat hy altyd gedoen het of nie meer nie?

Jy sien, ek ken nie die omstandighede nie, maar as jy positief op hierdie vrae antwoord dan het hy verander en dan het jy nodig om vas te stel hoekom dit die geval is. Indien jy negatief antwoord, dan het JY verander en moet jy vasstel hoekom. En wees maar eerlik met jouself.
Miskien het jou needs verander omdat jy swanger is, miskien het sy houding verander omdat jy swanger is. Either way, weghardloop is nie die eerste oplossing waaraan jy behoort te dink nie. Het jy reeds al die ander avenue’s tot jou beskikking explore? Is julle ernstig oormekaar, want dit het altyd so gelyk? Watter deel van die verhouding werk nie meer nie? Om kinders groot te maak vat baie, en ja as hy nie nou ‘n sinvolle bydrae kan maak nie dan moet jy seker wonder. Maar jy het hom tog geken voor die tyd nie waar nie?

Dink baie mooi oor wat dit is wat jy wil hê vir jouself en jou kind. Dink baie mooi oor wat dit is wat gelei het tot hierdie toestand van sake. Kan jy/julle iets verander en dinge terug kry na hoe dit was? En hoekom is dit nie meer so nie?

Moenie oorhaastig enige besluite neem nie, ek dink julle het altwee dalk nodig om eers iemand te gaan sien, te kyk of julle dinge kan uitwerk en laat werk. Jy is dalk net dit aan jou ongebore babatjie verskuldig…

Alle sterkte in jou besluit en ek dink aan jou.

Hugs
DM

11 04 2008
krista (13:43:27) :

run forest, run!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

11 04 2008
boerinballingskap (13:43:39) :

Sterkte man! Maar hou op verskoning vra dat jy nie blog nie - dis orraait! Dink aan jou!

11 04 2008
Jaco (14:34:24) :

Raait dan sal ek maar die vark wees en die skelwerk doen. Toe goeie raad aan jou gegee is, toe is jy slimmer as die res van die universe. Die gevolge is jou huidige penarie. Jy was gewaarsku. End of speech.

Die enigste goeie ding is die feit dat daar ‘n klein mensie op pad is. Die vraag wat jy jouself nou moet afvra is of jy nie die kind ‘n onreg aandoen om te bly nie. Gelukkig alleen is enige dag beter as sielsongelukkig saam.

11 04 2008
Wipneus! (17:36:27) :

Ek gaan liewers nie skel nie, sien Jaco het dit klaar gedoen :) Ek sê altyd: Elkeen is verantwoordelik vir sy eie sprokie, as jy nie jou sprokie lewe nie, maak werk daarvan en gaan soek jou sprokie of maak jou sprokie gesond. Die lewe is te kort vir trane en seer!……. Elkeen is geregtig op ‘n emmertjie geluk!!!
Sterkte vir jou!!!

11 04 2008
sonkind (20:28:26) :

Ai Anja, ek wil my hier by DM skaar. Dink mooi oor wat waar verkeerd gegaan het, maar as hy nie sy deel, finansieel of emosioneel wil bydra nie, dan sê ek soos Krista, hardloop asof jou lewe daarvan afhang.

En maak jou kind eerder groot in vrede en liefde, met min geld, as in onmin en rykdom. Maar moenie oorhaastige, emosionele besluite neem nie. Nou moet jy REGTIG oopkop bly en dink.

Sterkte!

12 04 2008
KruidjieRoerMyNie (09:34:38) :

(((((((Anja&baba)))))))

12 04 2008
TristonJ (15:59:08) :

Anja… ek ken gedeeltes van die omstandighede… en moet se^, jy het die laaste keer wat ons gechat het reeds n besluit gemaak maar kon dit nie op daai oomblik uitvoer nie. so hier is my raad, daar is geen regte antwoord nie, maar as jy siels ongelukig gaan wees/is dan moet jy besluit of jy jou kind in daai ongelukigheid wil groot maak? Dis moelik ek weet… glo my ek weet, maar hier is jou kind op die oomblik die belangrikste. As jy bly pure oor geld… ai vrou dit sal net unhappiness veroorsaak, ja n kind kos baie geld… maar n kind sal veel eerder in n huis vol liefde groot word as met die nuutste playstation… Doen wat jy weet is reg!

12 04 2008
mykopop (19:51:55) :

Ek dink nie iemand hier het die reg om jou te kom uitskel nie. Die feit dat jy stukkie van jou lewe hier kom deel het en mense raad gegee het kon nie die ongeluk wat jou nou getref het verhoed nie. Solank jy bereid is om ‘n goeie mamma vir jou baba te wees, soos iemand ook gesê het, geld is nie belangrik nie - jy sal daar deurkom. En blog kan jy weer blog wanneer jy weer lig sien.
Ons almal dink aan jou.

12 04 2008
attie (20:47:28) :

Jy is welkom om met my kontak te maak. Op my blog is ‘n “kontak my persoonlik”. Dalk kan ek bietjie saam met jou dink. Sterkte in elk geval. Dit is nooit maklik nie.

12 04 2008
boendoe (20:57:00) :

Ek het nie raad nie, skaar my ook maar by DM. Ek wil net byvoeg, en dis regtig ‘n feit soos ‘n koei: hormone smokkel met ‘n swanger vrou se kop. Ek weet nie of dit NOU die regte tyd is om groot besluite te neem nie. Sterkte!

13 04 2008
rosalindfranklin (16:31:13) :

Doen wat jou gevoel aan die binnekant van jou hart vir jou se om te doen. Ek persoonlik glo dat ‘n baba nie ‘n gebroke verhouding kan heel nie. Jy skryf jy weet dat sal nooit werk nie, as jy dit weet dan weet jy dit.
Daar is vroue wat baie, baie suksesvol hul kinders alleen grootmaak. Dit is nie maklik nie, maar dit kan gedoen word. Ek het so vrou geken, sy is ongelukkig tragies dood verlede jaar, maar haar kinders is nou groot - diep in twingtig. sy het ‘n stunning job gedoen. Hulle is wonderlike, gebalanseerde mense.

Jy hoef volgens my vir niks verskoning te vra nie, almal is mense. Baie sterkte en hugs.

14 04 2008
Kokkewiet (09:21:02) :

Anja, ek skaar my ook by DM. As jy daardie antwoorde het sal jy weet wat om te doen. Moet net nie bly TER WILLE VAN die baba nie.

Jy sal wel die krag en ondersteuning kry as jy besluit om jou baba alleen groot te maak. Daar gaan altyd moeilike tye wees, maar dis beter om jou kind groot te maak in ‘n huis waar daar baie liefde is as in ‘n huis waar daar net hartseer en onmin is.

Sterkte en ek dink aan jou!!

14 04 2008
neykie (12:41:48) :

As jy ongelukkig is dan is dit vir jou om om te draai en weg te loop, almal verdien ‘n stukkie geluk.

As dit nie reg voel nie? Sal dit dan ooit reg voel.

‘n drukkie vir jou ((((anja))))

14 04 2008
machiel (13:59:50) :

Ek ken jou nie, ek ken jou omstandighede nie, maar ek wil ook raad gee.

As jy hierdie hoofstuk in jou lewe wil afsluit, doen dit goed. Moenie die geboorte van jou kind sien as ‘n afsnypunt, waarvoor jy ‘n besluit moet neem nie. Jy kan hom ook na die kind se geboorte los.

Probeer eers alles in julle vermoë om dit te laat werk. Miskien is hierdie ou net bietjie in ‘n toestand omdat hy pa gaan word. Klink of hy nie werk het nie - dit sal enige toekomstige pa op hol jaag! Elke ou sal dit net anders aanpak. Praat en praat en praat met hom.

En as jy hom dan moet los, doen dit finaal. Jy moet seker weet dat jy geen twyfel het oor jou daad nie. Jy moet seker weet dat jy niks meer vir hom voel nie, nie liefde nie, maar veral ook nie haat nie, want dan gaan jy en hy julle kind gebruik om mekaar seer te maak! Jy moet vir hom voel soos vir enige ander man wat op die sypaadjie by jou verbyloop - dan is jy reg om hom te los en aan te gaan met jou lewe saam met jou (en sy!) kind.

Ek is ‘n leek, sonder ervaring hiervan. My raad moet jy met ‘n knippie sout vat, maar ek bedoel dit goed.

15 04 2008
afrikafairy (07:48:29) :

ek stem saam met Boendoe. nou is nie die regte tyd om groot besluite te neem nie, want jy is moeg en wil net slaap en die swangerskap hormone neuk jou julle verstand deurmekaar. Voorspoed. ek sal jou mooi dophou. ons is ewe ver swanger….

15 04 2008
Petro (09:06:24) :

Hi Anja, ek het lank gewonder waar om jou te kry. Nou uiteindelik het ek jou blog gekry by suz. Sjoe lyk my baie dinge het met jou gebeur vandat ons gechat het.

Baie geluk met die baba, sy/hy sal net so beuty soos jy wees. Verder weet jy mos, vertrou op die Here, dol en daar sal uitkoms kom. En soos die ander se, mens se hormone kan mens klomp deurmekaar maak, sodat alles vir jou baie erg is.

Onthou ek dink aan jou.

Liefde

Petro

15 04 2008
Isabel / Auckland, New Zealand (20:49:55) :

Hi Anja,
Dit is beter om jou kleintjie alleen groot te maak en sy geluk en voorspoed eerste te stel, want hy/sy het nie gevra om in die verhouding gebore te word nie. Dit sal beter vir jou en jou baba wees om in vrede en geluk te lewe, al sal dit finansieël moelik gaan. Jou pligte lê eerstens by jou en jou ongebore babatjie. As mooipraat en dryg nie help om sy sieninge omtrent jul verhouding en die feit dat jy swanger is, en hy nie bereid is om van sy kant af te verander en by te dra tot die verhouding nie, kan ek net vir jou sê, dit sal nooit verander nie, en jy staar teen moelike tye en moontlike verwaarlosing en nog meer as die druk toeneem wanneer die kleintjie eers gebore is. Dan kom daar nuwe dinge by. Jy gee al jou aandag aan jou babatjie, en hy kry geen aandag nie en dan bring dit nuwe struwelinge mee. As dit moontlik is gaan bly vir so plus minus ses maande by iemand wat vir jou omgee en lief het soos jou ouers of ‘n goeie vriendin (jy sal weet) en besluit dan wat jy moet doen as dinge geensins verander het nie. Dit mag hom dalk motiveer om sy lewe te verander terwille van die feit omdat hy jou lief het en vir jou omgee. As hy geen berou het na die tydperk nie, en jou nie meer wil hê nie, dan is jy al oor die ergste seer en dan weet jy ook teen die tyd dat jy sal kan oorleef en aangaan met jou nuwe lewe. Ek is deur dieselfde dinge. Dra jou probleme op aan die Here en hy sal jou dra deur die moeilike tye.
Baie liefde en ek dink aan jou. Wees sterk vir jouself en jou kleintjie.

16 04 2008
Dellie (07:24:22) :

Almal het klaar alles gesê. Ek wil net een ding byvoeg: jy is die enigste ene wat hierdie besluit kan neem. Maar jou baba gaan ook die gevolge van jou besluit moet dra. Sterkte jong, ek dink aan jou!

16 04 2008
Pikkelik (11:08:03) :

Niemand kan daai besluit vir jou neem nie. Jy moet doen wat die beste vir jou en jou kind is. Sterkte!

17 04 2008
kyker (05:09:27) :

Jy staan voor ‘n groot verandering in jou lewe wat nie maklik is om deur te voer nie. Baie sterkte. Ek dink jy doen die regte ding hier. Onthou: Dis belangrik dat jy jou probleme so gou as moontlik aanspreek. Wanneer jy self eers meer gelukkig is, sal jy in die toekoms in staat wees om beter na jou baba om te sien. As jy eers uit jou moeilike omgewing weggekom het, sal jy soveel makliker kan fokus op die ander uitdagings in jou lewe wat regtig saak maak.

Alles van die beste

18 04 2008
Koeksuster (11:14:51) :

Anja, mail my asseblief!!!!

rachellep@econometrix.co.za

Dis dringend!!

19 04 2008
Johan Swarts (22:54:10) :

Jinne vriendin, hoe seker was dan toe jy getrou het?

21 04 2008
BB (07:08:48) :

Ek het ook al foute gemaak met my keuse van mans (of dan pa’s vir my kinders) - maar ek het nie foute gemaak met my keuses VIR my kinders nie! ‘n Mens kan nie bekostig om daardie verantwoordelikheid ligtelik op te vat nie. Enkelouerskap is nie vir sissies nie. Maar as jy daardie besluit geneem het, moet jy jou volle gewig en passie daarin werp. Daar is nie half-measure nie. Ek kan in alle eerlikheid sê dat ek waarskynlik emosioneel nie daarin sou geslaag het om die ouer te wees wat ek is, as ek in my disfunksionele huwelik(e) gebly het nie.
As jou ‘vryheid’ ook vryheid (emosioneel, finansieël ens.) vir jou kind gaan beteken - then: go, girl!!
(en of jy nou wil of nie: moet onder geen omstandighede die pa van sy verantwoordelikhede onthef omdat jy wil hê dit moet ‘klaar’ wees of dit agter die rug wil kry nie - ‘n skeiding (nie noodwendig eg- nie) moet so volwasse moontlik hanteer word en as jy dit van jou kant af ordelik en consistently ordentlik ‘dryf’ sal die res in plek val. Eis jou onderhoud, maak die nodige reëlings vir besoekregte en hou voet by stuk. Besluit van dag 1 af dat jy nooit verbaal sal raak nie en dat die ‘issues’ tussen julle nie jou kind se issues is nie. Onthou net - eens op ‘n tyd was daardie man ‘goed genoeg’ vir jou - en jy het hom goed genoeg geag om pa te word - en al het jy van opinie verander en verlaat jy hom, bly hy jou kind se pa - vir die res van sy lewe.
Sterkte daar! x

21 04 2008
28 04 2008
Koos (14:48:56) :

Attie gee die beste raad. Nog beter raad is om minstens rustig by iemand wat jy vertrou, vir wie jy respek het te gaan sit. Professionele hulp is ook beskikbaar. Moenie hierdie pad eensaam en alleen probeer stap nie. As jou been gebreek is, besoek jy die dokter. As emosies seer of siek is - is daar mense wat daarmee kan help. Die Here is beslis ook beskikbaar.Baie sterkte!

Leave a comment

You can use these tags : <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>