Brief in, brief out

21 04 2008

Hopelik het ek nou klaar gemoan vir ‘n rukkie.  Dinge gaan bietjie beter.  Ek kan asemhaal. 

 

Die baba kom in November as alles goed verloop.  Omdat ons nog nie weet of dit ‘n hy of ‘n sy is nie, heet die dingetjie vir nou Stoffel.  Die ander helfte wil die horries kry as ek na die baba as Stoffel verwys, maar dis nou maar hoe dit is.  As my ma bel vra sy hoe dit met Stoffel gaan.  Ons het die naweke op name besluit.  Dis waarskynlik nie vir almal ewe mooi nie, maar ons het gecompromise sover op twee meisie en twee seuns name. 

Meisiename:  Tatiana Azaria

Seunsname:  Kenrick Matthew

 

Soos wat ek myself ken gaan die name nog ‘n duisend keer verander voordat Stoffeltjie sy/haar opwagting maak.  Stoffel is veronderstel om al meer as 3cm groot te wees.  Behalwe vir die feit dat ek ooremosioneel is en dat alles stink (koffie, pasteie, kos, petrol, enige iets) verloop alles goed.  Ons het Stoffel se hartklop gehoor toe ons laas maand by die dokter was.  Dit was amazing.  ‘n Hele 141 “beats” per minuut. 

 

Wat moet gebeur, sal gebeur.


Actions

Information

21 responses to “Brief in, brief out”

21 04 2008
krista (16:33:50) :

Jaaaaaaaaaaaaa Anja, laat God’s water oor God’s akker loop . . .

21 04 2008
Jo-Ann Schou (16:59:40) :

So is ‘n vriendin se kiddie nog steeds Appelpit… Van die eerste sonar af. Geniet dit!

21 04 2008
Wipneus! (17:09:25) :

Sterkte met die reuke ;)

22 04 2008
mykopop (06:43:17) :

Alles wat mooi is vir julle!

22 04 2008
Pikkelik (07:48:11) :

Ek dink dis pragtige sterk name, die reuke gaan ook darem oor. Sterkte vir julle…

22 04 2008
BB (09:06:11) :

Anjakind, ek hoop van harte dat die “que sera sera” nie op toepassing is van jou en die baba nie :???:

22 04 2008
Dellie (09:51:19) :

Stoffeltjie? :lol: Ek dink dis cute!

22 04 2008
Paula (10:19:55) :

Ek is mal oor die naam Tatiana.
Sterkte vir jou en lekker dag verder!

22 04 2008
neykie (11:02:43) :

Azaria of Matthew

sterkte met die dat alles stink

22 04 2008
Jaco (11:14:55) :

Krista se eerste kar se naam was Stoffel. Ek kan nie die image uit my kop kry van die dokter wat uit die teater gestap kom en trots aan die wagtende familie aankondig ” dis ‘n gesonde baba mazda 323″ Hehehe.

Om te beaam wat BB gesê het. Wat moet gebeur is up to you. Jy moet die besluite maak.

23 04 2008
Tersia (06:49:46) :

Anja, nie Stoffel nie! Dit klink nie soos ‘n baba van wie jy praat nie! Die name klink pragtig! Sterkte vir die pad vorentoe!

23 04 2008
machiel (10:34:48) :

Blyom te hoor julle is weer “bymekaar”.

Opmerkings soos “Die ander helfte wil die horries kry as ek na die baba as Stoffel verwys, maar dis nou maar hoe dit is.” is nie die manier om aan ‘n verhouding te werk nie.

As julle name uitdink, doen die kind ‘n guns en hou by ‘n eenvoudige naam, wat hy/sy nie elke dag moet spel aan mense nie. Matthew is my gunsteling van die vier hier bo, as julle van nie te “Afrikaans” is nie. Matthew van der Walt klink nie so goed nie, dan liewer Stoffel! :-)

23 04 2008
Da Mario (11:33:02) :

Ja Anja’kie… :roll: …ek kan net Stoffel alle sterkte toewens met ‘n malkop Ma soos jy!! :lol:

24 04 2008
rosalindfranklin (17:09:28) :

Kies vir jou name net waarvan jy hou. Dink daaroor, soek en speel met die woorde. Mens hoef ook nie dadelik te besluit nie. Wat dit rustig, elke dag op sy slag en tyd. Sterke.

25 04 2008
Zee (13:48:44) :

Anja, daardie name is pragtig hoor!
Jinne al n hele 3cm groot ;)

27 04 2008
Roer (18:28:09) :

Dit was een van die amazingste oomblikke van my lewe. Om my kinders se hartkloppies vir die 1ste keer te hoor. Ek weet sommer jy gaan ‘n wonderlike ma vir Stoffeltjie wees.

28 04 2008
netjane (10:12:30) :

Jy moet darem nou en dan vir Stoffel Stoffelina ook noem - netnou kry hy/sy ‘n kompleks! Sterkte met die name kies. Ek stem saammet Machiel oor die eenvoudige name - ek het ‘n redelike plain naam (of so dink ek) en ek moet nogsteeds gereeld spel en op my tande kners omdat mense dit so opneuk, so nou is ek maar Netjane.

29 04 2008
afrikafairy (17:08:00) :

jong, aangesien ons nou ewe ver is, moet stoffel nou so lank soos myne wees. hulle is nou so 7cm. ek sien die heartbeat is 141. ek lees die naweek dat volgens old woman tales dat as ‘n babatjie se hartklop bo 140 is, is dit ‘n dogtertjie en onder 140: ‘n seuntjie. myne was verlede week: 147. so, volgens die ou tannies verwag ek en jy dogterjies. sal maar sien, ne…

die name: ons kies ook elke dag ‘n ander naam. alhoewel, ons kies net dogtertjie name….. as my man nie van die naam hou wat ek voorstel nie, dan dreig ek hom met Isadora….. op die oomblik is dit nog tussen Kayla en Carmen.

mooi bly. en update nou gereeld oor stoffel. dan gesels ons saam..

tata

4 05 2008
TristonJ (17:34:09) :

Ai daai eerste hartlkop luister maak net als soooooo real! Ek is mal oor die name! geniet elke oomblik!

6 05 2008
Jasper (14:44:16) :

Tatiana is russies vir Tanja. Dis erg mooi ;)

9 05 2008
Pikkelik (19:35:02) :

Ek vertel vir Mynick van Stoffel en hy sê wat de f@k??? Jy sien my Pa se naam is Stoffel…. Heel confusing… Nou praat ek maar weer van Anja se baba en almal verstaan my…. :lol:

Leave a comment

You can use these tags : <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>