Humor
13 05 2008Ons Afrikaners is darem ‘n snaakse nasie. Die vreemdste sin vir humor. Maak nie saak hoe groot die krisis of probleem nie, daar word altyd ‘n grap van gemaak. Nou dat ek daaraan dink is dit waarskynlik nie net ons nasie nie, maar ander ook.
- Ek onthou ‘n paar jaar terug was daar vloede in Mosambiek. Die mense het in bome gesit en ‘n vrou moes selfs in ‘n boom kraam. Mense het grappe gemaak en gevra wat groen met baie oë is. Die antwoord was ‘n boom in Mosambiek.
- Toe Prinses Diana dood is het mense gevra wat die laaste drankie was wat sy geniet het. ‘n Harvey Wallbanger.
- Ek sien nou weer met die dat Steve Hofmeyr in die hospitaal was met sy operasie. Die sms’e kom nou weer deur wat bevestig dat Steve regtig ernstig siek was omdat net twee van die verpleegsters swanger is.
- Met die Jurie Els - Robbie Klay stories was daar so baie grappe gemaak. Jurie kon nie sing nie want hy’t Klay in sy mond gehad ens.
Daar is grappe oor die situasie in Zimbabwe - Mugabe gaan die Blou Bulle afrig sodat hulle nie hul telling aan die einde van ‘n wedstryd bekend hoef te maak nie. Daar was grappe oor Jacob Zuma en sy storteskapades. Grappe oor Osama Bin Laden, oor tsunami’s.
Ek wonder of ons dit opsetlik doen. Of dit ‘n situasie minder ongemaklik maak as mens ‘n grap daarvan maak? Smeer dit ‘n probleem toe of maak dit alles net makliker om te hanteer?
Comments : 7 Comments »
Categories : Uncategorized






Recent Comments