Humor

13 05 2008

Ons Afrikaners is darem ‘n snaakse nasie.  Die vreemdste sin vir humor.  Maak nie saak hoe groot die krisis of probleem nie, daar word altyd ‘n grap van gemaak.  Nou dat ek daaraan dink is dit waarskynlik nie net ons nasie nie, maar ander ook. 

 

  • Ek onthou ‘n paar jaar terug was daar vloede in Mosambiek.  Die mense het in bome gesit en ‘n vrou moes selfs in ‘n boom kraam.  Mense het grappe gemaak en gevra wat groen met baie oë is.  Die antwoord was ‘n boom in Mosambiek. 
  • Toe Prinses Diana dood is het mense gevra wat die laaste drankie was wat sy geniet het.  ‘n Harvey Wallbanger.
  • Ek sien nou weer met die dat Steve Hofmeyr in die hospitaal was met sy operasie.  Die sms’e kom nou weer deur wat bevestig dat Steve regtig ernstig siek was omdat net twee van die verpleegsters swanger is. 
  • Met die Jurie Els - Robbie Klay stories was daar so baie grappe gemaak.  Jurie kon nie sing nie want hy’t Klay in sy mond gehad ens. 

Daar is grappe oor die situasie in Zimbabwe - Mugabe gaan die Blou Bulle afrig sodat hulle nie hul telling aan die einde van ‘n wedstryd bekend hoef te maak nie.  Daar was grappe oor Jacob Zuma en sy storteskapades.  Grappe oor Osama Bin Laden, oor tsunami’s. 

Ek wonder of ons dit opsetlik doen.  Of dit ‘n situasie minder ongemaklik maak as mens ‘n grap daarvan maak?  Smeer dit ‘n probleem toe of maak dit alles net makliker om te hanteer? 

 

 


Actions

Information

7 responses to “Humor”

13 05 2008
Rustig (13:23:31) :

Ek dink humor is ‘n manier om die krisis te hanteer. Daarby gese dat dit ook soms oorboord kan gaan. Ek dink nasies wat ‘n sin vir humor het in swaar tye en tydens ‘n krisis is minder geneig om depressief te wees. Hier in Ierland het die mense nie die tipe van humor nie. Hulle vind dit aanstootlik en hulle lei almal aan een of ander depressie.

13 05 2008
Jasper (18:08:32) :

Ja ne
ek beaam Rustig met die Iere. Die paitjies sal hulle polse op die teerpad deurskuur as daa nie meer petrol is om te steel nie :lol:

Ek dink vir Afrikaners en ander nasies ook is dit ‘n ontvlugting van wat verkeerd loop

14 05 2008
Paula (08:36:39) :

Ek stem saam met Jasper. Die grappe maak is maar ‘n manier om die spanning te ontlaai. ‘n Soort van ontvlugting.

14 05 2008
neykie (09:58:21) :

grappe maak ons lewe net baie lekkerder- dit haal die hand van ons longe af sodat ons kan asemhaal en besef dat dinge nie so erg is soos dit gemaak word nie

14 05 2008
Da Mario (15:33:31) :

Ek dink ons drink net te veel brandewyn en Coke. En dan is sulke grappe mos baie snaakser… :lol:
Rustig…, jy het my nou lekker laat giggel oor die depresiewe Iere.

14 05 2008
Pikkelik (17:47:43) :

As ons lag vir ander se dinge vergeet ons dalk vir ‘n oomblik ons eie kwellinge. En in anyway, dis een van daai verskynings waar mens kan sê: Net in SA!

15 05 2008
maeree (16:13:00) :

ek het al met noord-amerikaners gesels wat geweldig sukkel met ons humorsin. hulle kon bv nie verdra dat ons oor die dood spot nie. persoonlik dink ek ons is meer gebalanseerd en hanteer seer beter, juis agv ons humor.

Leave a comment

You can use these tags : <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>