Orgaan Orkaan
15 05 2008Sy sê vanoggend “Daar is nie ‘n manier wat ek ooit organe sal skenk nie”. Haar antwoord to ek wou weet hoekom nie. “Ek is te rassisties. Hoekom moet ek een van my organe gee sodat ‘n kaffer langer kan lewe?”
Ek het nie geweet wat om te sê nie. Ek weet gewoonlik nie wat om te sê as ek nie saam met mense stem nie. Ek bly maar stil en hoop dat ek die een is wat beter weet.
Ek is grootgemaak in ‘n huis waar mense nie rassisties was nie. My ouers is nie rassisties nie. My grootouers dalk. Ek was nooit rassisties nie. Ek wonder of die gepropageerde vlaag van nuwe ‘nasionalisme’ vir die nuwe Suid-Afrika wat ons almal probeer deel het nie stadig besig is om weg te kwyn nie. Elke plaasmoord, elke tienerdogter wat verkrag word, elke baba wat doodgeskiet word op haar ma se skoot, elke ouma en oupa wie gehang word… laat my voel asof ek wil-wil regs draai op hierdie pad wat ons ‘versoening’ noem.
Is dit omdat daar meer swartes in hierdie land is dat dit voel asof ‘almal’ geweldadige verkragters en moordenaars is? Ek haat dit om elke sekonde oor my skouer te loer en te wag vir my beurt om verkrag te word, beroof te word, vermoor te word. Ek het myself nog nooit beskou as ‘n rassis nie. Ek wil nie rassisties wees nie. Dalk is my idee van iemand wat rassisties is verkeerd. Ek dink ons almal is in ‘n mate rassisties. Dis myns insiens net natuurlik vir soort om soort te soek.
Ek wil nie treinspore opblaas en in Skielik in ‘n plek instap en mense begin doodskiet omdat hulle van ‘n ander ras is nie. Ek wil niemand seermaak nie, ek wens niks slegs vir iemand anders toe nie. Ek wil net kan slaap in die aand sonder om twee keer seker te maak dat al die deure gesluit is. Ek wil met ‘n oop venster op ‘n somersdag by ‘n verkeerslig stop sonder om te wonder wat hulle nou gaan gryp. Ek wil ophou om my selfoon weg te steek en seker te maak alles is weggebêre as ek ‘n swart man in die stad sien aanloop na my kant toe. Ek weet dis nie net swartes wat steel, moor, verkrag, afbreek nie. Ek weet dit. Ek wil gee. Of dit nou ‘n orgaan is, geld is, kos is, enige iets wat ek kan. Ek wil net nie hê dit moet afgevat word nie.
P.S. Ek is geregistreer as ‘n orgaanskenker. As jy meer wil uitvind, gaan loer gerus hier.
Comments : 21 Comments »
Categories : Uncategorized






Recent Comments