Orgaan Orkaan

15 05 2008

Sy sê vanoggend “Daar is nie ‘n manier wat ek ooit organe sal skenk nie”.  Haar antwoord to ek wou weet hoekom nie.  “Ek is te rassisties.  Hoekom moet ek een van my organe gee sodat ‘n kaffer langer kan lewe?”

 

Ek het nie geweet wat om te sê nie.  Ek weet gewoonlik nie wat om te sê as ek nie saam met mense stem nie.  Ek bly maar stil en hoop dat ek die een is wat beter weet. 

 

Ek is grootgemaak in ‘n huis waar mense nie rassisties was nie.  My ouers is nie rassisties nie.  My grootouers dalk.  Ek was nooit rassisties nie.  Ek wonder of die gepropageerde vlaag van nuwe ‘nasionalisme’ vir die nuwe Suid-Afrika wat ons almal probeer deel het nie stadig besig is om weg te kwyn nie.  Elke plaasmoord, elke tienerdogter wat verkrag word, elke baba wat doodgeskiet word op haar ma se skoot, elke ouma en oupa wie gehang word… laat my voel asof ek wil-wil regs draai op hierdie pad wat ons ‘versoening’ noem. 

 

Is dit omdat daar meer swartes in hierdie land is dat dit voel asof ‘almal’ geweldadige verkragters en moordenaars is?  Ek haat dit om elke sekonde oor my skouer te loer en te wag vir my beurt om verkrag te word, beroof te word, vermoor te word.  Ek het myself nog nooit beskou as ‘n rassis nie.  Ek wil nie rassisties wees nie.  Dalk is my idee van iemand wat rassisties is verkeerd.  Ek dink ons almal is in ‘n mate rassisties.  Dis myns insiens net natuurlik vir soort om soort te soek. 

 

Ek wil nie treinspore opblaas en in Skielik in ‘n plek instap en mense begin doodskiet omdat hulle van ‘n ander ras is nie.  Ek wil niemand seermaak nie, ek wens niks slegs vir iemand anders toe nie.  Ek wil net kan slaap in die aand sonder om twee keer seker te maak dat al die deure gesluit is.  Ek wil met ‘n oop venster op ‘n somersdag by ‘n verkeerslig stop sonder om te wonder wat hulle nou gaan gryp.  Ek wil ophou om my selfoon weg te steek en seker te maak alles is weggebêre as ek ‘n swart man in die stad sien aanloop na my kant toe.  Ek weet dis nie net swartes wat steel, moor, verkrag, afbreek nie.  Ek weet dit.  Ek wil gee.  Of dit nou ‘n orgaan is, geld is, kos is, enige iets wat ek kan.  Ek wil net nie hê dit moet afgevat word nie.

 

P.S.  Ek is geregistreer as ‘n orgaanskenker.  As jy meer wil uitvind, gaan loer gerus hier.


Actions

Information

21 responses to “Orgaan Orkaan”

15 05 2008
Wipneus! (10:20:05) :

Goeie inskrywing! Ek sal ook enige tyd gee, maar moenie self vat nie…

15 05 2008
TristonJ (10:21:01) :

Vir die mense se ek altyd ” jy kry swart kaffers en wit kaffers, waaronder dink jy val jy!?”
Ek so graag n orgaan skenker wou wees, maar mag nie. Ek dink wel dis great dat iemand selfs na die dood n ander mens se lewe kan red!!

15 05 2008
Dellie (12:38:11) :

Ja, ek sal ook gee. NA my dood, nie AS GEVOLG van nie!

15 05 2008
Pikkelik (12:46:44) :

Jip, ek gee ook, maar gaan eers ‘n helse fight opsit voor hulle dit kry!

15 05 2008
boerinballingskap (12:59:54) :

Jy verwoord die dilemma waarmee baie mense stry (en meestal te skaam is om op die naam te noem) goed.

15 05 2008
machiel (13:03:37) :

Jy moet vir daai een in jou eerste paragraaf vra of sy ook te rassisties is om ‘n orgaan van ‘n kaffer te vat, as dit haar lewe kan red…

15 05 2008
sonkind (13:48:32) :

Organe het nie ‘n kleur nie. Ons almal bloei rooi, ons almal ly onder misdaad, ons almal is bang in hierdie mooi land van ons, ongeag ons velkleur. En voordat ONS ALMAL, ONGEAG ONS KLEUR, nie gaan begin saamstaan teen die misdadigers nie, ONGEAG HULLE KLEUR, wat eintlik in werklikheid in die minderheid is (die misdadigers), gaan NIKS in hierdie land verander of regkom nie.

Ek is ook ‘n orgaanskenker, aan enige iemand wat my organe gaan nodig hê!

15 05 2008
boerinballingskap (14:13:35) :

Son, kan ek jou lewer kry? ;)

15 05 2008
BB (16:06:29) :

Niemand wil my goedjies he nie :( , (although I have always been quite willing, is ek nie geskik vir skenking nie - en NEE dit het niks met my haarkleur te doen!! ;) ). Ek het ‘n vriendin (nee, nie Lisa nie - hahaha) - sy is ‘n pataloog en sy spesialiseer in orgaanskenking of dan nou ‘oesting’. 80% van alle skenkers is tans blankes. 80% van alle ontvangers huidiglik swartes. Die een isse matter of culture (Krista se fav nuwe woordjie ;) - die ander isse matter of BBEE (of is dit dalk beskikbaarheid en aanvraag). Go figure…
Is soos Son seg: as jy ons afdop lyk ons maar onder die vel almal dieselfde - ja, ek het wel my vriendin al daardie een gevra (re. my haarkleur dalk??)

15 05 2008
maeree (16:16:58) :

ek ken ‘n meisie wat onlangs ‘n dubbele longoorplanting gehad het, wat my ernstig laat dink het aan orgaanskenking. maar iemand het vir my gesê dat, as dit gaan om die keuse tussen veg vir jou lewe en jou laat gaan - en jy’s ‘n orgaanskenker - laat hulle jou gaan. weet jy iets van die protokol?

15 05 2008
sonkind (17:22:20) :

Boer, met die grootste plesier! :-)

Jy sal net moet pasop, ek dink my lewer is soos ‘n oumens se motor, nooit baie hard gery nie en dan erf die kleinkind hom en jaag hom binne die eerste 1000km in sy kanon in. Jy sal my lewer moet stadig gewoond maak aan alkohol :lol:

15 05 2008
Parenthesis (18:05:40) :

I registered as an organ donor when I was 18. My dad was not particularly impressed, but I think if it came to that, he’d consent. I’ve always figured, why the hell not - at that point you’re dead, not like you’re going to need them any more, and if you can save a life - or a couple, then why not?

16 05 2008
Paula (10:16:54) :

Dankie vir die inligting.
Het nog nooit aan orgaan skenking gedink nie.
Miskien nou die tyd!

16 05 2008
Da Mario (12:19:49) :

Gaan ek afslag kry op my boedelbelasting as ek ‘n orgaanskenker is? Net gedink dit sal nogal ‘n motiveringsfaktor wees….

16 05 2008
KruidjieRoerMyNie (13:38:12) :

Dankie vir daai skakel. Beslis iets om aan te dink.

16 05 2008
awakening (18:13:59) :

Loer so af en toe in,net om te sien of jy die perdekar deur die drif kon sleep.Great denke,laat en mens soms wonder hoekom daar steeds rassisties gedink word.Almal wat ‘n familie,kinders ens.. het is bekommerd in die land.Die orgaan storie maak sin,was nog altyd bang hulle spyker my kis toe tewyl ek nog lewe.

17 05 2008
mykopop (05:01:04) :

Jy is 100% reg. ‘n Ander manier hoe ons ook kan help, is deur bloed te skenk, as ek weer ‘n bietjie meer tyd het gaan ek dit oorweeg om weer te begin.

18 05 2008
Rustig (12:15:50) :

Hulle moet maar vat wat hulle wil. As ek eers in die oond ingaan is daar net stof vir die tuin. Daar sal nie eers ‘n graf wees om te beroog nie.

19 05 2008
Krista (11:51:21) :

Hulle kan myne ook kry - maar EERS na ek hulle nie meer nodig het nie! ;-)

19 05 2008
Blixer (12:11:54) :

Orgaanskenking is ‘n uiters sensitiewe saak. Organe war geskenk is sal nie aan mense gegee word wat nie kwalifiseer vir orgaan oorplanting nie en beslis nie vir mense wat nie “compatible HLA” groepe het nie. Dus word kleur by die deur uit gegooi, plus dit is ‘n bewys dat baie van die ‘blankes’ baie ’swart’ bloed het.

21 05 2008
riaanoosthuysen (13:16:05) :

Ek het nie al die comments gelees nie. Is bietjie gedruk vir tyd. Ek wil net weet, as 2 swartes mekaar doodmaak omdat die een van ‘n ander kultuur is, sal ons dit ook rasisties noem? As die boer die Engelsman haat omdat hy in sy land kom oorlog maak het, sal ons dit ook rasisties noem?

Die vraag is wat is God se ekonomie? God onderskei nie tussen verskillede rasse, klasse, nasies, ens wanneer Hy Sy genade gee nie. Vir die wat nie van swartes hou nie, kom maar oor dit, ons almal gaan of hemel of hel toe en daar gaan op beide pleke alle rasse, klasse, nasies ens wees. As jy nie in die kort tyd hier op aarde kan leer om ander lief te hê nie, wat gaan jy in die ewigheid doen?

Leave a comment

You can use these tags : <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>