Freedom se Exodus
19 05 2008
Eendag nie so lank gelede nie was daar ‘n jong man. Sy naam was Freedom. Freedom het in Rhodes se land gebly. Die land was regeer deur ‘n nare Koning. Koning Moeg Apie. Koning Moeg Apie het in weelde gelewe terwyl die mense in sy land al hoe swaarder begin kry het.
Hulle moes later mandjies vol geld vir ‘n brood veruil net om te kon oorleef. Die koning het nie omgegee nie. Hy het net aan homself gedink. Hy het nie omgegee hoeveel mense doodgaan nie. Hy het nie omgegee hoeveel mense seerkry nie.
Freedom het gehoor van ‘n Suiderland waar daar kos was en waar mense bevry was. Hy en sy vrou Mara het met hul jong seun, Peace, begin regmaak om na die land van vrede te gaan. Hulle het dit wat nog van hul besittings oorgebly het in ‘n sak gepak en begin loop. Hulle was honger en moeg toe hulle uiteindelik by die rivier kom en hulle die Suiderland kon sien. Hulle het deur die rivier gesukkel en deur ‘n heining geklim tot binne in die land waar hulle kos sou hê. Hulle het nie omgegee om nog een laaste aand honger te gaan slaap nie. Peace het gehuil en hulle het hom getroos en seker gemaak dat hy warm is. Dit was die laaste aand van sukkel. Van hier af sou dit beter gaan. Freedom en sy familie het in die stad aangekom. Hulle was gou teleurgesteld dat dinge nie so wonderlik was soos wat hulle verwag het nie, maar dit was darem beter as om terug huis toe te gaan. Hier was darem kos en so nou en dan ‘n los werkie vir hulle om te doen.

Hulle moes ‘n nuwe plek soek om te bly. Hulle wou gehad het Freedom moes saamkom, maar van die Suiderlandse mense het besluit hy moes bly. Hy moes ly vir ander mense se foute, besluiteloosheid en gierigheid. Freedom is doodgemaak. Niemand het vir altyd verder gelukkig gebly nie. Niemand nie.
Comments : 7 Comments »
Categories : Uncategorized







Recent Comments