Freedom se Exodus

19 05 2008

Eendag nie so lank gelede nie was daar ‘n jong man.  Sy naam was Freedom.  Freedom het in Rhodes se land gebly.  Die land was regeer deur ‘n nare Koning.  Koning Moeg Apie.  Koning Moeg Apie het in weelde gelewe terwyl die mense in sy land al hoe swaarder begin kry het.  

 

Hulle moes later mandjies vol geld vir ‘n brood veruil net om te kon oorleef.  Die koning het nie omgegee nie.  Hy het net aan homself gedink.  Hy het nie omgegee hoeveel mense doodgaan nie.  Hy het nie omgegee hoeveel mense seerkry nie. 

 

Freedom het gehoor van ‘n Suiderland waar daar kos was en waar mense bevry was.  Hy en sy vrou Mara het met hul jong seun, Peace, begin regmaak om na die land van vrede te gaan.  Hulle het dit wat nog van hul besittings oorgebly het in ‘n sak gepak en begin loop.  Hulle was honger en moeg toe hulle uiteindelik by die rivier kom en hulle die Suiderland kon sien.  Hulle het deur die rivier gesukkel en deur ‘n heining geklim tot binne in die land waar hulle kos sou hê.  Hulle het nie omgegee om nog een laaste aand honger te gaan slaap nie.  Peace het gehuil en hulle het hom getroos en seker gemaak dat hy warm is.  Dit was die laaste aand van sukkel.  Van hier af sou dit beter gaan.  Freedom en sy familie het in die stad aangekom.  Hulle was gou teleurgesteld dat dinge nie so wonderlik was soos wat hulle verwag het nie, maar dit was darem beter as om terug huis toe te gaan.  Hier was darem kos en so nou en dan ‘n los werkie vir hulle om te doen.

 

Die mense van Suiderland het nie baie van vreemdelinge gehou nie.  Hulle wou nie deel wat hulle gehad het nie en die koning van Suiderland en sy raadgewers wou nie ‘n plan maak om vir Freedom en sy mense te help nie.
 
Die mense van Suiderland het kwaad geword.  Freedom en sy familie is seergemaak.  Hulle moes vlug.  Mara en Peace kon wegkom.

 

  

 

 

 

Hulle moes ‘n nuwe plek soek om te bly.  Hulle wou gehad het Freedom moes saamkom, maar van die Suiderlandse mense het besluit hy moes bly.  Hy moes ly vir ander mense se foute, besluiteloosheid en gierigheid.  Freedom is doodgemaak.  Niemand het vir altyd verder gelukkig gebly nie.  Niemand nie.  

 

 

 

 

 

 

 

 


Actions

Information

7 responses to “Freedom se Exodus”

19 05 2008
Jaco (12:24:42) :

Ek het gisteraand die insetsel op Carte Blanche gekyk oor die geweld in Alexandra. Dit het my nogal ontstel want dit het my teruggeneem na ‘n tyd en plek waar Suid Afrika nooit weer behoort te wees nie.

Ons politieke leiers het ons in die steek gelaat, en mense soos “Freedom” betaal die prys. Ironies. Vlug uit jou eie land net om te sterf aan dieselfde rede as waarvoor jy gevlug het in die eerste plek.

19 05 2008
Die ander plaag…. « Op Die Seepkissie (14:13:43) :

[...] ander plaag…. Ek wou eers ‘n lang kommentaar op Anja se stukkie genaamd Freedom se Exodus geplaas het. Ek dink egter dat my familie in Nederland seker al kennis geneem het van die [...]

19 05 2008
Roer (16:35:24) :

:-(

19 05 2008
Pikkelik (16:37:02) :

Dit is so hartseer, maar so waar… Ai, ai, ai…

20 05 2008
Wipneus! (08:38:31) :

‘n Baie mooi storie oor ‘n hartseer saak. Kom regering, kry lewe!

20 05 2008
Rene (19:28:12) :

:( x2

8 06 2008
knersis (16:24:11) :

Baie hartseer, baie waar. Die grootste hartseer is dat dit alles vermy kon gewees het.

Leave a comment

You can use these tags : <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>