Warning: Baby on Board

20 05 2008

Partykeer huil swanger vrouens omdat hulle wederhelftes die verkeerde kos of koeldrank gekoop het.  Partykeer as ‘n swanger vrou bemoerd is gooi sy haar wederhelfde met die rou wors wat sy nou net uit die pakkie gehaal het.  Die hele string.  En daarna huil sy omdat sy nie wil hê hy moet eendag vir die baba vertel dat sy hom met die wors gegooi het nie.  En dan bring hy vir haar koeldrank en sê hy sal nie sê nie.  En dan lief sy hom so bietjie meer.

 


Actions

Information

6 responses to “Warning: Baby on Board”

20 05 2008
Paula (09:43:36) :

Ken ek nie daardie gevoel nie!
Lekker dag :)

20 05 2008
BB (11:06:36) :

…en partykeer hoef daai girl nie eers swanger te wees nie, Anjakind ;)

20 05 2008
Pikkelik (11:52:58) :

Arme jy! Daai hormone wat die imosies so laat wipplank ry… Dit sal ook oorgaan. Sterkte vir jou (en vir wederhelf)! ;-)

20 05 2008
neykie (12:32:29) :

dis so sweet- hopelik gebeur dit nooit met my nie, my hormone is al klaar so deur mekaar-

20 05 2008
rb (13:25:00) :

Asof ek van nature nie suur genoeg is nie, wou ek net allerhande suur sweaties eet.
Sterkte, dit gaan ok verby.

28 05 2008
Koeksuster (14:04:13) :

So n bek moet jam kry….

Ek stem natuurlik saam met BB - jy het nie altyd nodig om swanger te wees om van die wors-kaskenades aan te vang nie, maar jy huil altyd na die tyd.

Koeks

Leave a comment

You can use these tags : <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>