PZN

21 05 2008

Soos wat ek deur die blogosfeer dwaal lees ek dikwels inskrywings oor die hele Steve-Natasha-Janine-ding.  Ek sien Janine blog nou by Bosparra.  Ek sien almal baklei oor en weer.  Elke kant stel sy saak en is op aanval en verdediging.  In die algemeen dink baie sy’s sletterig, ander sê sy’s misbruik.  Die Steve-aanhangers se reaksie teenoor hom wissel van teleurgesteld in hom tot die wat hom afgeskryf het (sommige van hulle nou “boesemvriende” met Janine), en dan natuurlik die wat nie sal ophou glo in hom en sy bedoelings nie. 

 

‘n Hele paar jaar terug het Bles Bridges ook groener weivelde gesoek.  Ek wonder wat mense se reaksie sou wees as hy daai tyd ‘n blog moes gehad het.  Ek dink dit sou seker min of meer dieselfde uitwerking gehad het.  Bill Clinton, Jimmy Swaggart… nog omies wat aan die oorkant van die pad gaan wei het. 

 

Blykbaar gaan Janine ‘n biografie uitbring.  Ek weet nie of dit net ‘n grap is nie, maar as dit nie is nie wonder ek net wie gaan dit koop?  Wie WIL dit lees?  Die hele storie is nou al klaar holruggery, selfs die media het nie veel meer om te sê nie.  As dit uitkom dat Steve wou gehad het sy moes ‘n aborsie hê, as hy haar misbruik het, haar wou verkoop aan reisende slawehandelaars, as hy wou gehad het sy moes net pienk dra, as sy skelm sy kinders geknyp het, as as as…Mense se opinies gaan waarskynlik nogsteeds dieselfde bly.  Steve gaan nie minder beroemd wees nie, hy gaan nogsteeds CD’s verkoop, nogsteeds geld maak, nogsteeds aangaan.  Gee mense werklik om wat gebeur het.  Wil mense die onbelangrike details hê?  Wil jy weet wie is die meer skuldige een, die swartste een, wie wat gedoen het vir hoe lank? 

 

Oom Bles het sy vrou verneuk en mense onthou hom op die ou einde nogsteeds.  Ek onthou die ander vrou se naam was Marietjie.  Wie sy was, of sy ‘n IK van meer as 70 gehad het, wat sy van gehou het, hoekom sy gedoen het wat sy gedoen het maak nie saak nie.  Ons onthou vir Bles.  Ons onthou sy rooi rose en Ruiter van die windjie.  Nou het Steve sy vrou verneuk en mense gaan hom ook bly onthou.  Janine se naam gaan ‘n vae herinnering word, mense gaan nogsteeds dronk word op die Bloubul en vrouens nogsteeds gil by Steve se shows.  Steve gaan nogsteeds die letsels van hierdie episode en sy operasie hê, petrol gaan nogsteeds duurder word, Natasha en Janine nogsteeds hartseer word en mense gaan nogsteeds Steve se naam gebruik om vir hulself ‘n paar rand in die sak te bring. 

 

 Ek kies nie kant nie, ek wens hulle altwee sterkte en voorspoed toe en ek hoop hulle het altwee lesse geleer uit die foute wat hulle gemaak het of nie gemaak het nie, of dalk gemaak het.  Ek wens net die storie wil nou heeltemal klaar raak.


Actions

Information

11 responses to “PZN”

21 05 2008
Paula (08:29:51) :

Baie waar wat jy sê.
Niemand van ons kan klippe gooi nie.
Hopelik het albei partye geleer uit hulle foute en gaan aan met hulle lewens.

21 05 2008
platterfuss (09:04:09) :

Hi! Long time no ’see’ or ‘hear’?? Hoe gaan dit met jou en baby?? En die liefde?? en en en???

Hmmm ja! EK is ‘boesemvriendinne’ (wat dit nou ook al sal beteken) met Janine… nie in cyberwereld nie, maar rerige wereld! Geen sprake van biografie nie…. mense met onwaar stories is nogals ‘n probleem, en dan word dit nogals orals versprei!!

En ek het ‘gekies’…. is nog steeds ‘n Steve-fan music-wise…. en net so weet albei dat ek nie saamstem met wat hulle ‘aangevang’ het nie…..

Miskien moet die mense net hulle neuse uit ander se lewens los… en die sterre leef soos ‘voorbeelde’… en en en en….

21 05 2008
Wipneus! (10:07:42) :

Baie mooi geskryf, en presies soos ek voel. Ek is nogsteeds ‘n Steve fan, gaan nog steeds sy cd’s koop. Voel jammer vir Natasha en Janine. Ek kies nie kant nie, want ek ken nie die private deel van hierdie storie nie. Ek sê nogsteeds alhoewel ek baie teenkanting kry, hierdie is ‘n private saak, soos plattie sê, mense moet hulle pinnochio neuse hieruit hou!!! Almal het gevoelens, almal kry seer….
My wens is net dat hierdie hele storie so gou as moontlik verby waai.

21 05 2008
BB (10:30:57) :

Laat my onthou van hierdie een:
Wat het 32 borste en geen tande nie??
Die eerste ry in ‘n Bles Bridges konsert!! Waaaaaahahaha!!
Ok,ok - bad joke…
Dieselfde geld vir die griekse antie wat onse ex President by sy vrou gevat het - wat’s haar naam tog nou weer?? Nou het ‘dit’ ‘n biografie gepublish - in Afrikaans nogal!! Wié op dees aarde koop so ‘n boek - en vir watter rede??
Ek het geen, maar géén opinie oor Steve of Janine for that matter nie. Ek is ‘n fan van hom (ek en jy verstaan mekaar oor die persepective, nê ;) - verder ken ek hom nie en ek ken haar nie. Ek beskou hom nie as ‘n rolmodel nie - het nog nooit. (behalwe dalk weereens wat daardie perspective betref). Ek kan wragtig nie omgee wie wat aan wie gedoen het nie - en hoe hulle daardie wasgoed was nie. Jy self (en ek for that matter en die res van die mensdom) het al talle foute en veral oordeelsfoute m.b.t mense en keuses in die lewe gemaak - now we live with it. Ek weet net: ek ‘point’ nooit never iemand nie - “there, but for the Grace of God, go I” - could’ve been me, in ‘n oomblik van swakheid, waansin, minderwaardigheid, of sommer net pure belustigdheid - waffer rede ookal.
Maar ‘n boek koop om ander se sondes te verslind?? Wragtig nie!!

21 05 2008
rb (11:51:32) :

Ongelukkig maak hulle stories dat ander die koerante en tydskrifte koop. As dit ek was was so iets gedoen het, sou niemand eers daarvan geweet het, behalwe mu naastes en dit is tog die wat belangrik is.
So los hulle, ek dink nie mens sal OOIT die volle waarheid ken nie.

21 05 2008
Pikkelik (12:07:51) :

Om nou dood eerlik te wees, wie de hel gee om…. As dit met jou buurman of die vrou agter die till by die local supermarket gebeur het, was dit lankal geskiedenis. Ek stem 100% met jou saam Oopkop. Life just goes on as always….

21 05 2008
Jo-Ann Schou (14:11:10) :

Ek is darem maar baie bly ek is ‘n nobody en dat ek en my spoke uit die kollig kan bly, want ek dink nie ek sal die lewe in ‘n “fish bowl” kan oorleef nie.

Die “collateral damage” is tragies… as my man/my kinders se pa aanjaaag, kan ek stil aangaan sonder dat almal agter hulle hande, of op blogs en in koerante, van my praat/oor my foeitog.

21 05 2008
René (14:56:47) :

Frok ja - ek is nou al gatvol vir die storie! Nie vir die mense wat gesondig het nie - maar die sondige mense wat hulle bekke so uitspoel oor als! Wat de hel het dit met enige iemand uit te waai!?

Mense besef nie hoe hul skerp tonge ander mense seermaak nie! Ek het nog nooit my opinie oor Steve Incorporated uitgeblaker aan enige iemand nie - ek is net dankbaar dat dit vir my gespaar is om tot dusver nog nie in Steve of Natasha of Janine of enige iemand anders wat al deur so ‘n situasie is, se skoene hoef te gestaan het nie!! Maar dit maak my nie ‘n beter mens as hulle nie, en nog minder iemand wat kan oordeel!

Gelukkig is ek nobody famous!

22 05 2008
sonkind (20:00:37) :

Ek stem saam met BB en Pikkelik. Ek gooi nie klippe nie, want more oormore moet ek self koes. En verder is my eie lewe interessant genoeg, ek lees nie biografië nie. Nie eers oor rerige interessante mense nie. ;-)

23 05 2008
boendoe (19:40:08) :

Amen en Sela.
(en BB, jy stel dit baie goed!)

5 06 2008
Corli van der Merwe (13:08:16) :

Ja wat, ek stem saam. Een moerse gaap vir die hele storie.

Leave a comment

You can use these tags : <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>