Stoffeltjie
20 06 2008
Stoffel is nou al ‘n hele klein liniaal lank van sy kop tot by sy boudjies. Wel, dit kan van haar kop tot haar boudjies wees. ‘n Hele 15cm. Stoffel is bietjie skaam en wou nog nie wys of hy gaan sit of staan as hy piepie nie. Alles begin nou so werklik voel dit maak mens skoon bang. Almal is so vrygewig. Stoffel het al ‘n hele wardrobe. Die oulikste kleertjies. Alles is so klein ek kan nie dink dat daar ‘n klein mensie in daardie kleertjies moet pas nie.
Sy Pa soek ‘n laaitie en sy sussie soek ‘n sussie. Hopelik kan hulle met die volgende sonar sien wat dit is. Ek begin so stadig opgewonde raak. Die mense se kraamstories maak mens so bang, ek weet nie meer watter kant toe nie.
Comments : 15 Comments »
Kategorië : Uncategorized
Snif in die Neus kry
18 06 2008Ek weet nie of hierdie artikel in die Beeld snaaks is en of dit hartseer is nie. Snaaks omdat iemand so iets doen en hartseer omdat daar ander lande is waar mense gestraf word vir goed wat hulle verkeerd doen.
Armholtesnuiwer tronk toe vir 14 jaar
Singapoer. – ’n Man met ’n fetisj om vroue se armholtes te besnuif is tot 14 jaar tronkstraf en 18 houe lyfstraf gevonnis.
Mohammed Ismail Ariffin (36) het ’n fiksasie om aan vroue te raak of te snuif, veral hul armholtes. Hy is skuldig bevind aan molestering van 23 vroue, het sy prokureur, mnr. Noor Mohamed Marican, gesê.
The Straits Times het berig Ariffin, wat matig gestrem is, het gewoonlik sy slagoffers in hysbakke aangeval.
Landdros James Leong het ’n voorkomende aanhoudingsbevel uitgereik wat beteken Ariffin kom nie vir parool in aanmerking nie. – Sapa-AFP
Comments : 5 Comments »
Kategorië : Uncategorized
Die Grim Houtkappers
5 06 2008My Oupa sê baie keer as hy hoor van nog ‘n vriend wat dood is, “Hulle kap nou in my bos”. Hulle kap al ‘n rukkie lank in my Ouma en Oupa se bos. Dood is iets waarmee ek nog nie regtig baie gekonfronteer is nie. Almal is seker maar bang vir die dood. As mens jonk is dan dink mens nie so baie daaraan nie want dit gebeur “net met ouer mense”. My Ma het vanoggend laat weet dat die toetse wat sy laasweek laat doen het teruggekom het en dat dit nie goed is nie. Daar is kwaadaardige selle in haar baarmoeder en sy moet binne die volgende twee of drie weke vir ‘n histerektomie gaan. Die idee dat my ma kan siek wees en dat ons haar kan verloor is een wat ek nog nooit regtig aan gedink het nie. Sy’s my beste vriendin. Sy’s 47. Ek wil nie hê sy moet nou al gaan nie, maar wat ek WIL en wat gaan gebeur is twee heeltemal verskillende dinge. Ek hoop maar dis nie so erg nie en dat hulle alles betyds kon keer.
Comments : 14 Comments »
Kategorië : Uncategorized
Murphy is ‘n *&^*
2 06 2008Murphy is ‘n *&^*. Regtig. ‘n Grote.
Nes mens dink alles werk uit dan werk alles nie uit nie. Die wasmasjien het gebreek. Ek het hom laaste gebruik. Die motor is heeltemal uitgebrand. Ek het hom laaste gebruik.
Die kar het gebreek. Die ratkas het gegroet. Ek het hom nie laaste gebruik nie.
Murphy is ‘n *&^*. Regtig.
Comments : 6 Comments »
Kategorië : Uncategorized







Onlangse Kommentaar