In Douglas Adams se boek Hitchikers Guide to the Galaxy praat hy van ‘n Babel Fish.
“The Babel Fish is small, yellow, and simultaneously translates from one spoken language to another.
When inserted into the ear, its nutrition processes convert sound waves into brain waves, neatly crossing the language divide between any species you should happen to meet whilst travelling in space.
Some say that the evolution of the Babel fish could not have been accidental, and hence that it proves the non-existence of God.
Arthur Dent, a surviving Earthling, commented only ‘Eurgh!’ when first inserting the fish into his ear canal. It did, however, enable him to understand Vogon Poetry – not, necessarily, a good thing. “
Ek dink ek kort so iets. Dit voel vir my asof ek soveel wil sê en aan te veel goed op een slag dink die laaste ruk. Ek soek iets wat al my gedagtes so kan oordra aan mense dat hulle kan verstaan wat ek bedoel. My brein wil net nie afsit nie. Dit voel of ek oorweldig is. Oorweldig deur my eie gedagtes, oorweldig met alles wat in die nuus gebeur, sommer net oorweldig deur alles om my.
My hart is seer oor my Ma wat volgende week Kaap toe gaan vir die histerektomie. Sy is so bang, en ek weet nie hoe om vir haar hoop te gee nie, want hoe deel mens iets uit wat jy self nie eintlik het nie. Ek is bang sy maak dit nie, maar ek wil hoop en bid dat sy doen sodat sy haar kleinkinders kan sien. My niggie het uitgevind sy’s swanger en my nefie se meisie is ook swanger. My Ouma-hulle kry in ‘n jaar se tyd 3 agterkleinkinders.
Krista en Jaco het weer gewys dat hulle nog net vlerke moet kry want hulle is klaar engele. Dankie julle.
Stoffel het al ‘n hele tas vol klere en dit voel al hoe meer na die werklikheid. Hy skop al hard. Ek voel skuldig omdat ek nie uit my nate wil bars van opgewondenheid nie. Ek dink die bang wees versmoor die opgewondenheid.
Ek probeer om by almal se blogs uit te kom. Almal klink bedrywig. Hoop almal het ‘n lekker naweek.






Onlangse Kommentaar