Babelse verwarring

25 07 2008

In Douglas Adams se boek Hitchikers Guide to the Galaxy praat hy van ‘n Babel Fish. 

The Babel Fish is small, yellow, and simultaneously translates from one spoken language to another.

When inserted into the ear, its nutrition processes convert sound waves into brain waves, neatly crossing the language divide between any species you should happen to meet whilst travelling in space.

Some say that the evolution of the Babel fish could not have been accidental, and hence that it proves the non-existence of God.

Arthur Dent, a surviving Earthling, commented only ‘Eurgh!’ when first inserting the fish into his ear canal. It did, however, enable him to understand Vogon Poetry – not, necessarily, a good thing. “

Ek dink ek kort so iets.  Dit voel vir my asof ek soveel wil sê en aan te veel goed op een slag dink die laaste ruk.  Ek soek iets wat al my gedagtes so kan oordra aan mense dat hulle kan verstaan wat ek bedoel.  My brein wil net nie afsit nie.  Dit voel of ek oorweldig is.  Oorweldig deur my eie gedagtes, oorweldig met alles wat in die nuus gebeur, sommer net oorweldig deur alles om my. 

My hart is seer oor my Ma wat volgende week Kaap toe gaan vir die histerektomie.  Sy is so bang, en ek weet nie hoe om vir haar hoop te gee nie, want hoe deel mens iets uit wat jy self nie eintlik het nie.  Ek is bang sy maak dit nie, maar ek wil hoop en bid dat sy doen sodat sy haar kleinkinders kan sien.  My niggie het uitgevind sy’s swanger en my nefie se meisie is ook swanger.  My Ouma-hulle kry in ‘n jaar se tyd 3 agterkleinkinders.

Krista en Jaco het weer gewys dat hulle nog net vlerke moet kry want hulle is klaar engele.  Dankie julle. 

Stoffel het al ‘n hele tas vol klere en dit voel al hoe meer na die werklikheid.  Hy skop al hard.  Ek voel skuldig omdat ek nie uit my nate wil bars van opgewondenheid nie.  Ek dink die bang wees versmoor die opgewondenheid. 

 

Ek probeer om by almal se blogs uit te kom.  Almal klink bedrywig.  Hoop almal het ‘n lekker naweek.


Aksies

Information

9 responses

25 07 2008
boendoe

Blame it on the hormones! :wink:
Vasbyt, ne, nie meer te lank om te gaan nie!

25 07 2008
Tersia

Jy moet rustig raak, girl! Kyk boontoe en vorentoe! Alles gebeur met ‘n doel! Ekt jou email adres verle, mail my weer, asb! Sterkte en geniet die naweek!

25 07 2008
Sonkind

Anja, is daar iemand wat jou ma kan gaan besoek as sy hier in die Kaap is – ek meen, het sy mense hier? Anders sal ek met graagte vir haar gaan besoek en net ‘n ogie hou en seker maak sy het niks nodig nie. Ek vra maar, want dis erg as mens na ‘n vreemde plek moet gaan en jy is nog siek ook daarby.

26 07 2008
Wipneus!

Hi Anja!!

Kom drink koffie by my!

Sterkte en lekker naweek

26 07 2008
Paula

Sterkte vir jou ma! … en natuurlik vir jou ook!

27 07 2008
rosalindfranklin

mmmm ek ken daai vissie (het jy die fliek gesien?) daarin kom hy natuurlik ook voor.
sterke…een vis per dag, dan is dit makliker.

28 07 2008
Emil

As jy daai vis opspoor, asb, stuur ook hierheen! Of moet ek my eerder op ‘n Intergalactic Gargleblaster verlaat! En wat jy ookal doen, neem tog net jou handdoek saam, hoor! Dit sal sad wees as jy innie hospitaal gestrand gaan raak daarsonder :wink:

Lekker week vir jou ook.

28 07 2008
Skoenlappr

dis djou mormone wat so dee’mikaar is! ve’staan djy!?!

breaf in … breaf out

28 07 2008
neykie

sterkte dis verseker nie lekker om so te voel nie.

hang in there

Lewer kommentaar