Krista se inskrywing oor die klank van ‘n poep het my laat dink aan my gasvrye familie. Ek poep nie voor mense nie. Dalk in my slaap, maar dan weet ek nie daarvan nie. Die res van my familie is ‘n ander storie. Ek kan darem sê dat my pa redelik ordentlik is en ook nie sommer een sal laat uitglip nie. My ma en haar familie is … wel… anders.
As mens by my ouma-hulle kuier en in die oggende vroeg genoeg wakker is hoor jy hoe my Oupa in die gang af loop. As hy poep sê hy net “More gat”. In die middag is dit “Middag gat” en in die aand… “Naand gat”. My jongste broer hou nie daarvan as mense gasvry is nie en my Oupa hou daarvan om die teerpuntjie uit te buit. Hy sit op die bank en lig sy been op en wen sy arm so op voordat hy een laat gaan net sodat my broer amper histeries moet raak. Ek dink my Ouma is al te gewoond daaraan om iets te doen. My Oupa sal soms ook net sê “Daarsy, soos ‘n plaastelefoon, drie kortes en twee langes”. Ek skud maar net my kop.
Didi probeer my uitvang met die hele “trek gou my vinger” storie maar ek val darem nie daarvoor nie. My Ma se jongste suster sê sy lê in die aande in die bed en dan snork sy eers sodat haar man moet dink dat sy slaap voordat sy poep. My Ma self is nie een wat glo aan knyp nie en my ander broer sê altyd “Speak to me Oh wise and toothless one” voordat of nadat hy gasvry was. My suster se Liefie poep in die bed en trek dan die kombers oor haar kop terwyl hy haar vasdruk. Mens kan nie familie kies nie ne.






Funny girl!!
Jy is reg. Jy kan nie familie kies nie – hulle val in jou sop!
Hoe gaan dit met Stoffie en met Didi?? Ek mis julle.
R
Ja nee, ek dink dit kom maar in alle families voor
Manlief en die seuns loop maar lig met my saam want ek jaag hulle badkamer toe! Nie dat dit hulle afskrik nie
Ja nee, dit is ‘n groot grap in ons huis. ons almal kan rustig sit en as Elmarie so glimlaggie op haar gesig kry dan weet ons dis sulke tyd gewees…hehe
Ek het nou so lekker gelag vir jou inskrywing……in ons huis gaan dit erg….ek sit met 2 manne wat nie skaam is vir wind afblaas nie…natuurlik met baie vermaak, want hulle weet ek kan dit nie staan nie. So gemaak en so gelaat staan, maar ek bly baie lief vir die 2……soos hulle se…dit wat nie belasting betaal nie moet uit!!!!! he he he
hehehehe!!
Ek het nou so lekker gelag, laat my dink aan my Pa!!
Thanks dit was nice.
Rene, hierdie was nou so gasvry! LoL, ek dink ons het maar almal hierdie probleem in ons huise!
Whahaha nou wie is die rekordhouer in die familie. Oupa of pa?
Ek het lekker gelag vir jou inskrywing!!
Dit is omtrent ‘n taai tameletjie! Vir my laaitie is dit die snaakste ding om in die bad ‘n wind te los en dan kan ek omtrent slange vang. So bly ek hoef nie saam met hom te bad nie. Verder het ons gelukkig nie enige gasvrye mense in ons huis nie.
Hahaha! Maak nie saak hoe jy dit probeer wegsteek nie, almal is gasvry! Of dis ’silent but violent’ of dis ‘loud and proud’.
Hehe…ek is nou so dankbaar my familie is nie die enigstes wat effens onbetaamlik is nie! Ek wil ook die piep kry oor sulke goed maar my pa is nie juis gepla nie. Hy doen dit darem nie so baie nie, hehe…