Für Elize

31 07 2008

My Ma soen in die oggend die kappertjies op haar stoep se blomme om hallo te sê.  Sy glo in feëtjies.  Sy dra funny oorbelle.  Sy dra Red Door parfuum.  Sy sê sy moes nooit ‘n Ma gewees het nie, sy’s net nie ma-materiaal nie.  Tog sou ek nie ‘n beter Ma kon kies nie.  Sy glo dat mens altyd lipstick moet dra.  Sy’s oopkop.  Sy’t ons vier kinders nog altyd grootgemaak om vir onsself te probeer dink.  Sy meng nie in.  Sy gee raad maar dwing niks op ons af nie.  Sy lees Andrè P. Brink, Dalene Matthee, Ingrid Jonker, NP Van Wyk Louw, Bryce Courtenay, daar’s boeke en boeke en boeke in haar huis.  Sy luister Pavarotti en Bocelli.  Sy’t vier kinders in vyf jaar se tyd gehad.  Ek kan nie dink hoe sy dit gemaak het met die vier van ons nie.  Ek onthou toe ek klein was het ons almal so gelyk ge-”mamma, mamma, mamma”, dan sê sy:  “Hou net op om my te f*kken Mamma.  Noem my iets anders”.  Ons het haar mal gemaak.  Ons lag vandag nog daaroor.  Ons het nooit honger gaan slaap nie, maak nie saak hoe sleg dit gegaan het nie.  My Ma is lag, en lig en sag.

As dit so moes gebeur dat sy nie deur hierdie tyd kom nie, dat sy weggevat word, wil ek haar onthou vir die soms deurmekaar, sagmoedige mens wat sy is.  Ek wil hê my kinders moet weet dat hulle Ouma een van die wonderlikste mense is.  Dat sy my geleer het om mense dieselfde te behandel, om op niemand neer te kyk nie, om te gee.  Sy’t my geleer dat die lewe nie net swart en wit is nie, daar’s grys tussenin en dat dit iets is wat mens vir jouself moet uitsort.  Sy’t my geleer om te vergewe.  Ek hoop sy weet sy’s lankal vergewe vir dinge wat sy vergifnis voor gevra het en dat ek haar oneindig liefhet en hoop dat sy my vergewe vir die dinge waarvoor ek vergifnis nodig het.  ‘n Mens sukkel die meeste om jouself te vergewe.  Ek is baie soos sy en ek is niks soos sy nie.  Ons verstaan mekaar.

My Ma is ‘n mooi vrou.  My Ma voel nie goed genoeg nie.  Ek wens sy’t geweet sy is, sy was gebore om te wees.


Aksies

Information

12 responses

31 07 2008
Skoenlappr

Fur Elise is ‘n pragtige musiekstuk!! en duidelik jou ma ook!! hoe lyk dit met ‘n piccie van die fenomenale vrou?!
Ek voel ook so oor my se moeder …

31 07 2008
ugeen

Lo Ans hoop dit gaan goed jy moet bietjie n emailtjie stuur.

31 07 2008
Wipneus!

Pragtige inskrywing oor ‘n baie spesiale ma!

Sterkte

1 08 2008
Paula

‘n Ode aan jou ma. Dit is pragtig!

1 08 2008
Koeksuster

Liefste An,
Ek weet hoe n stunning mens jou ma is en hierdie gaan vir haar n juweel wees om vir altyd teen haar hart te druk. Jou ma is n sterk vrou, n Weskus dogter – sy sal OK wees. Ons weet. Sy is ook n sielsmens, gevoelmens en liefdes mens en ek glo dat jy en joune haar vir jare by julle gaan he, want julle het haar so nodig.
Van vandag af kan jy Anja by haar boekelys sit.
Baie liefde

1 08 2008
Skoenlappr

Kom sy Kaap toe vir die op? sê net waar en ek sal vir haar ‘n ou blommikie vat!!!

2 08 2008
Tersia

Dis special! Geniet haar Anja! Hoe gaan dit nou met haar? Se baie groete en sterkte, ek dink aan julle!!

4 08 2008
vokov

Nice gedagtes in woorde omgesit.

4 08 2008
awakening

Jy’s net so ‘n wonderlike mens en ek kan jou ma in jou sien,Sterkte.

5 08 2008
Pikkelik

Dit is so mooi dat jy dit weet en dit skryf. Het jy vir haar gesê?

5 08 2008
Jeanne

Wat ‘n pragtige inskrywing – ek lag nou nog oor die “Hou net op om my te f*kken Mamma. Noem my iets anders”. Klink soos iets wat my ma kon gese het ;-)

Vandag sou haar 71ste verjaarsdag gewees het maar sy het dit met so 5 jaar gemis. Ek mis haar elke liewe dag. Jy is so gelukkig dat jy nog jou wonderlike ma het.

10 09 2008
007meisie

Ai hierdie is WOW! AS ek so sit en dink dan voel dit onwerklik dat ek dalk eendag my moeder of vader kan begrawe! Dit maak my hartseer. Ek het een jaar vir moedersdag vir haar ‘n gedig geskryf Die Engel (wat ek vir my as ma gaan dief) ens.

Heel ironies is Fur Elize my heel favourite klassieke stuk! Beiten vir die feit dat ek nognie kinders het nie, klink ek baie na jou ma na aanlyding van die musiek en boeke smaak asook uitkyk op die lewe – wit, GRYS, swart…behandel almal as jou gelyk…

Hmmm lekker kuier plek die van jou! Jou inskrywing het my weer die ouers laat waardeer! Thanx daarvoor!

Bravo 2 oor en uit!

Lewer kommentaar