Donderdag is ek 26 weke swanger. Dis al amper 6 en ‘n half maande. Ek kan nie glo die tyd is so vinnig verby nie. Ek het darem ‘n paar dinge geleer in die laaste 6 maande:
- Daar is nog goeie mense daar buite wat ten spyte daarvan dat hulle wens hulle kon hê wat jy het uit hulle pad uitgaan om jou te help as dit sukkel gaan. Ek wens ek kon drome laat waar word en is so dankbaar vir hierdie mense in my lewe.
- Ek is 10 keer meer knorrig en beduiweld die laaste paar maande as voorheen.
- ‘n Blaas is daar vir babatjies om te skop en trampolien te spring.
- ‘n Mens GAAN gewig optel as jy swanger is.
- Ouma’s huil as hulle die eerste keer hul kleinkind voel skop.
- Ek is rerig lief vir die baba se Pa. Meer as vir iemand voorheen, al het dit ‘n tydjie gevat vir ons om mekaar se nukke en grille uit te sort.
- Liquorice en yogurt proe lekker saam.
- Cream Soda en hoenderlewertjies proe nie lekker saam nie.
- Baba’s wat nie wil wys wat hulle is nie, doen uiteindelik en dan is dit ‘n seuntjie.
Didi lyk asof hy die Lotto gewen het soos wat hy loop en smile. Hy kon gisteraand nie slaap nie hy was te opgewonde. Nou kom die naam kies. Tot nou toe was die baba Stoffel en dit is toe ‘n Stoffel. Nou moet ons ‘n ander naam kry voordat almal hom Stoffel noem as hy hier is. Die opsies het in die laaste ruk verander en is nou een of twee van die volgende name:
- Dian
- Hugo
- Christoff
- Matthew
Ek weet wat ek van hou en hy weet wat hy van hou. Dalk kies ons nog iets heeltemal anders, maar hierdie is sover die opsies vir Stoffel se naam. Help?






Onlangse Kommentaar