Donderdag is ek 26 weke swanger. Dis al amper 6 en ‘n half maande. Ek kan nie glo die tyd is so vinnig verby nie. Ek het darem ‘n paar dinge geleer in die laaste 6 maande:
- Daar is nog goeie mense daar buite wat ten spyte daarvan dat hulle wens hulle kon hê wat jy het uit hulle pad uitgaan om jou te help as dit sukkel gaan. Ek wens ek kon drome laat waar word en is so dankbaar vir hierdie mense in my lewe.
- Ek is 10 keer meer knorrig en beduiweld die laaste paar maande as voorheen.
- ‘n Blaas is daar vir babatjies om te skop en trampolien te spring.
- ‘n Mens GAAN gewig optel as jy swanger is.
- Ouma’s huil as hulle die eerste keer hul kleinkind voel skop.
- Ek is rerig lief vir die baba se Pa. Meer as vir iemand voorheen, al het dit ‘n tydjie gevat vir ons om mekaar se nukke en grille uit te sort.
- Liquorice en yogurt proe lekker saam.
- Cream Soda en hoenderlewertjies proe nie lekker saam nie.
- Baba’s wat nie wil wys wat hulle is nie, doen uiteindelik en dan is dit ‘n seuntjie.
Didi lyk asof hy die Lotto gewen het soos wat hy loop en smile. Hy kon gisteraand nie slaap nie hy was te opgewonde. Nou kom die naam kies. Tot nou toe was die baba Stoffel en dit is toe ‘n Stoffel. Nou moet ons ‘n ander naam kry voordat almal hom Stoffel noem as hy hier is. Die opsies het in die laaste ruk verander en is nou een of twee van die volgende name:
- Dian
- Hugo
- Christoff
- Matthew
Ek weet wat ek van hou en hy weet wat hy van hou. Dalk kies ons nog iets heeltemal anders, maar hierdie is sover die opsies vir Stoffel se naam. Help?






Hiep-hiep-hoera SA!!!!!!!!!!!!!!
Baie geluk!!!
Ek hou van Christoff … seker omdat my tweede naam Christine is
Sterkte vir die laaste stootjie!
eerstens … wat sal die kleintjie se van wees?
Wat van christopher….. dis ook ‘n moo
mooi
wat van Christian.
wat van Ethan.
wat van Armand.
wat van Josh.
wat van Luca.
wat van Divan.
wat van Kian.
wat van Gotlieb … FOCLMAO … juuuuuust joking!
Sy van is Erasmus
Ek hou van Hugo en Dian.
Sterkte, die einde is amper in sig of moet ek eerder sê DIE BEGIN!
….. ongelukkig verwag sy ou vader, dat die kind na sy oupa moet heet, Jan Donderdag van Gorrelberg van Standen (Erasmus) en daarby Casparus Bankeet!!!….
Jy kan hom op die aarde enige iets noem – ek hou van Daniel en Christoff – (ja, ja ek weet Daniel was nie op die lys nie) – solank hy soveel liefde soos sy mamma in sy hart rond dra en so handsome is soos sy Pappa, met 10 toontjies en tien vingertjies en gesond, is die saak reg!!
Baie geluk Anja die Dieds – dis wonderlike nuus.
Ek hou van Matthew; of dan Dian Matthew, maar Hugo gaan beter saam met Erasmus.
Baie geluk julle! Ek stem vir Hugo. Maar ek wed jou sy bynaam gaan wel Stoffel wees?
Ag dis te cute!! Nou weet ons dis ‘n seuntjie!!
Ek worry nie veel oor die naam nie, enige naam sal fine wees, ek kan nie wag om hom te sien nie.
/me hou van Josh . . .
Ek hou van Hugo. Geniet die laaste rukkie, dit gaan baie vinnig verby en dan kan jy jou bondeltjie vashou!
Hier gaan ek……..
Wian
Stiaan/Stean
Estiaan/Estean
Estefan
Rinus
Anru
Koos, Piet en Jan…..he hehe!!!!
Ek hou ok van Matthew!
Baie geluk Anja. Ek stem saam met jou oor babas wat wegsteek wat hulle is en dan seuntjies is, was met my net dieselfde. Is lekker om ‘n naam te kan kies en nie verplig te wees om sekere mense te moet vernoem nie. As ek nie nodig gehad het om altwee die oupas te vernoem nie, sou my laaitie se naam heel moontlik Brandon of Donovan gewees het.
Liam Erasmus klink al klaar famous! Lol! Ek is mal oor die naam Liam – maar ongelukkig sit ek met ‘n familie kruis! As ons so geseënd is om ‘n seun te hê, sal hy die enigste Boshoffie wees om die Gideon Stephanus Boshoff naam voort te dra aangesien my man die enigste Boshoff seun is! Bummer – maar ek gaan hom nie Gideon noem nie – no way – hy moet maar Stéphan heet! (Shame, die arme kind is nog net ‘n vonkel in my oog en hy dra al klaar swaar aan die name!)
Baie geluk (en ook baie sterkte) met die laaitie! Mag hy vir julle baie slapelose nagte besorg! Hehehehe
Baie geluk Anja”tjie! Wens ek kan ook daardie skop weer bietjie voel (aan iemand anders, asb!) ! Ek hou van Hugo! Ag, maar weet jy, ‘n naam maak nie saak nie, hy gaan skattig, ‘n pragseun en dierbaar wees – dit is wat belangrik is!!! Nou skielik is ek broeis…!
Hello!
Ek het jou ietsie op dorings gevra, maar het sommer nou my antwoord gekry!
Baie geluk nie meer lank nie!!
Ek is mal oor…
Ethan
Nathan
Julian
Dis my top 3 name! Baie keer wanneer die kleintjie gebore word spring da ‘n naam by jou op (dis wat ek al gehoor het)
Ek stem nogal saam met Nats, Anja. n Mens weet verseker wat n baba se naam gaan wees as jy sy gesiggie sien. My ma het altyd vir ons gese n baba kies sy eie naam.
Hoe gaan dit met jou ma. Jy het ons nog niks laat weet nie.
Se vir haar ek se baie geluk met haar verjaardag gister!!
In my nederige opinie, enige iets behalwe Christoff.
Ek hou die meeste van Dian.
CraZy_WoMeN! damn long time no see ffs, gaan dit goed? Jy moet laat hoor van jou! Geluk met die baby en stuf, flip die lewe move vinnig!
Liquorice en yogurt!
My neef-hulle het onlangs ‘n seuntjie ryker geword en tydens die swangerskap het hulle baie met hom gepraat en sy naampie genoem wat hulle gekies het. Voel vir my toe hy sy naam hoor na die geboorte toe herken hy dit. So miskien gaan Stoffeltjie nou reeds dink sy naam is Stoffel.
What’s in a name? Ek en vroulief het jare gelede op name besluit…Ben en Emma, toe steel Friends dit. Ben en Nina, maar Dalleen Matthee het ons voorgespring, Nou is dit Nina en ??? Gelukkig nog ‘n tydjie voor Lido sy verskyning maak.
Familiename is ‘n kruis om te dra, maar dit kan ook nice wees as die persoon na wie kleinding vernoem word ‘n fantastiese bydrae tot jou mensewees gemaak het.
Enige naam is goed, solank dit nie Naas Reuben Joost is nie
Hier ‘n oulike webwerf om op te speel:
http://www.thinkbabynames.com
Familiename is ooraait indien dit net so ‘n rymies soos Stoffel Stefanus, of Sophia Maria en sulke goeters word nie. Maar Andries Daniel Jakobus – ek kan dink dit is mooi.
Sterkte vir die laaste kort tydjie.
Baie dankie vir jou kommentaar op my Blog! Waardeer dit as iemand my werf raaktrap en daar lees!
Baie geluk met jou swangerskap! Sien gerus uit na daardie eerste oomblikke, want dis so spesiaal en uniek, maar ongelukkig is dit in ‘n oogwink verby en dan kan jy net die herinnering koester.
Sterkte met die slapelose nagte wat voorlê! Soveel as wat ‘n baba ‘n droom is en ‘n geskenk van bo, kan hulle jou gou aarde toe laat kom met hulle stemmetjies!
Gaan nou rondkyk hier op jou werf!
Groete
Baie geluk Anja…seuns is ‘n blessing. Ek wens als van die beste, mooiste vir jou, en seun en manlief.
Ek is nie goed met name kies nie hoor. So ek los dit maar vir jou. ‘n Mamma weet altyd van beter.