Van Kapoen tot Waatlemoen

13 08 2008

Ek hou van blog.  Ek hou van blogs lees.  Selfs hier in die blogosfeer is daar “cliques”.  Sulke groepies mense wat aanklank bymekaar vind en mekaar se blogs aanvul en deel word van mekaar se lewens.  Soos wat ek nou al die laaste twee jaar of wat blogs lees en blog voel mens al deel van seker mense se lewens.  Jy’t gelees en ge’comment’ toe die persoon ‘n baba gehad het, is bly oor die tweede een wat oppad is, deel die seer van mense wat sukkel om swanger te raak en van die mense wat ‘n kind of kinders verloor het.  Jy gaan saam op die reis deur verhoudings, verlief wees, baklei, opmaak, uitmaak, kinders maak.  Jy’s deel daarvan as mense die land verlaat en ook as mense terug kom na ons land.  ‘n Mens raak seker maar gewoond aan deel wees van ander se lewens al is jy nie werklik deel daarvan nie. 

 Ek het baie mense ontmoet juis deur die bloggery en veral toe al die “ou” crowd nog gechat het op Steve se chatroom.  Dit was lekker, ons het fun gehad.  Ek kry nie meer so baie tyd vir blog nie en ek lees so deur die blogs op my blogroll as ek tyd kry.  Daar’s ou gunstelinge wat nooit teleurstel nie, nuwe gesiggies wat jou dag maak, soos Gert Gariep en kie (wel, seker nie meer so nuut nie, maar in elkgeval).  Party van die nuwe bloggers blog vir ‘n maand of wat en verdwyn dan nog voordat mens gewoond geraak het, so jy mis hulle nie eintlik nie.  Dalk is dit net ek, maar mens raak mos maar geheg aan iets wat deel is van jou lewe, al is jy nie noodwendig deel van hulle lewens nie.  Jy “leer” die verskillende mense se sin vir humor en nukke en grille, al is dit net in ‘cyberspace’ en het jy nie eers ‘n idee hoe die persoon lyk nie.  Dis asof daar ‘n onsigbare ‘bond’ is tussen die (veral ou) bloggers.  Dalk omdat die Afrikaanse blogosfeer so klein was en nou skielik ontplof.  Ou Skoor blog ook al lank, ons het resepte gekry by Skoorkos en gesels of loer saam by Skoorblok.  Nou sien ek daar’s onweer in die blogosfeer.  Nuwe gesiggies wat nog nie deel is van die “clique” nie en krap waar dit nie jeuk nie word gewoonlik vinnig geïgnoreer en die blogs verdwyn uiteindelik.  Skoor vra toe ook mos nou of liggeraakte mense moet blog en dit sit my toe aan die dink.  Dalk omdat ons al so gewoond aan mekaar is en verstaan as iets tong in die kies gesê word is daar gewoonlik nie tussen die “ou” klomp so baie catfights nie?  Miskien is die “great divide” tussen die nuwelinge en die “ou bloggers” net in my kop.  Daar’s ‘n paar blogs wat ek nie juis meer lees nie juis omdat ek nie lus het vir ‘n gevloek van die begin tot die einde nie.  Ek is glad nie preuts nie, ek vloek self, maar wragtig dit raak soms net ‘n bietjie te veel.  Die goeie ding is dat elkeen van ons ‘n keuse kan maak oor wat jy wil lees en wat jy nie wil lees nie, met wie jy wil deel en met wie jy nie wil nie.  So dis eintlik heel eenvoudig, kliek die kruisie knoppie bo in die hoek aan die regterkant as jy nie van iets hou nie.  Dis nie nodig om te loop en mishope soek nie, druk net die knoppie.


Aksies

Information

57 responses

13 08 2008
Dellie

EERSTE! :mrgreen:

Anja, jy is in die kol met die ene. Ons was eers net ‘n handvol. Ons ken al mekaar se dinge, en ek dink omdat ons van die begin af beskaafd was met mekaar, het ons nie catfights nie. Ons kan van mekaar verskil sonder om in mekaar se karakter in te klim en beledigend te raak. Sommige van ons se humorsin is effens verwronge, maar ons verstaan dit ook.

Vandat Afrikaanse blogs ontplof het, is daardie intieme gevoel weg. Miskien is dit wat ons die meeste pla – ons was effens “jaloers” op ons kringetjie… ?

13 08 2008
Tersia

Dis jammer dat daar altyd oral klieks! is. Dis asof niemand iemand anders iets gun nie! Ongelukkig kan mens dit aanvoel en ervaar! Tog is dit so onnodig!

13 08 2008
boendoe

Dellie, ja en nee. Ek dink ons kringetjie is close en verstaan mekaar, maar ek dink ook nie dat ons sommer katnaels vir nuwe bloggers wys nie. Ek kan aan ‘n paar dink wat die afgelope maand of twee begin het, en hulle is op my blogroll, want ek HOU van hulle. Ek sou dink as ‘n nuwe blogger begin, moet dit seker ook maar voel-voel en ordentlik wees. Iemand wat te gou op toontjies begin trap, kan homself later alleen bevind…tensy jy natuurlik ‘n celeb is! :wink:

13 08 2008
Adrie

Ek tel seker as ‘n nuwe blogger. ;)

Die lewe het orals klieks. Ons was al baie daarvoor uitgeskel, veral toe ons nog by Jacaranda was.

13 08 2008
boendoe

Ag, ja, Adrie, jy is, en jy is baie geliefd onner ons ou tannies! :lol:

13 08 2008
Dellie

Lol @ Boendoe, ja Adrie, die ou tannies like jou! :mrgreen:

Ek hoor jou Boendoe, en ek het self ook ‘n paar nuwe plekkies gekry waarvan ek hou. Dis darem ook nie dat ons stagneer nie. Maar sommige van die nuwes is miskien net bietjie liggeraak en verstaan partykeer nie ons trant lekker nie – en omdat ons gewoond is daaraan, en mekaar al beter verstaan, kom ons dit nie eers agter nie?

13 08 2008
rb

Ek voel nog soos ‘n nuwe blogger, al het ek al meer as ‘n jaar ‘n blog. Dit voel net ek kom nie altyd oral uit nie en mis partykeer alles wat oral aangaan.
Maar nou-ja, agteros kom ook in die kraal, gelukkig laat die ‘ou’ tannies en omies my darem welkom voel.

13 08 2008
rosalindfranklin

Ek weet nie of ek in ‘n kliek inpas nie. Ek worry ook nie. Ek surf lekker op die blogs en lewer sommer kommentaar net waar ek lus het, of ek nou welkom is of nie! :) :)
Ek weet ook nie of ek nuut is nie, ek worry ook nie.
Ek kom kyk gereeld hoe gaan dit met Stoffel.

13 08 2008
rosalindfranklin

En Adrie issie so bad nie ;)

13 08 2008
Neil Kroese

…dit hang seker maar af waarom mense blog. Elkeen het sy eie rede en uiteraard gaan klieks vorm en soos ons gepolariseerde nasie maar is, sal “inkommers” ook getoets word om te bepaal waar hulle inpas en waar hul lojaliteite lê, assuming hulle wil iewers inpas natuurlik. Ek blog nie vir aandag nie, ek blog ook nie vir bo aan die bladlese wees nie en ek blog ook nie om ‘n popularity contest te wen nie. Ek blog want ek geniet dit en dit ‘n vorm van terapie. So lees gerus, of moenie lees nie. Keuse is joune.

Maar, having said all of that, met inbegrip van die “Kapoen….” insetsel en die gebeure wat daartoe aanlyding gegee het…ek kan net nie help om ‘n titsel van die groen monster hier tussen die lyne te lees nie, en verskoon my as ek verkeerd is. Dis maar dis hoe ek dit sien…..

Groetnis en vrede…..

13 08 2008
Pagoda32

Neil…ek sien wat jy sien.

Jaco, nice geskryf, en oor die algemeen sou ek oor 90% van die possie “halleluja en amen” gebulder het.

Ons moet ook darem onthou dit menslike natuur is om so nou en dan bedreig te voel oor iets, veral as mens gedink het jy’t ‘n “mark” op WordPress ge-corner en dan kom ‘n virtueele vreemdeling en dons alles op. Sê maar net…ek mag ook verkeerd wees.

Dat dinge dalk te ver gevat was uit onkunde…seersekerlik.

13 08 2008
flippiefanus

Gelukkig tel ek ook nou onder die “ou bloggers” want ek blog mos nou al seker vir langer as ‘n maand. ;-)

Adrie ek het nou net iewers gelees dat jy al soveel ervarings op die blog gehad het dat ek gedog het jy moet al ‘n gesore blogger wees. Nou se^ jy jy is nog ‘n groentjie! Sjoe dan moet jy ‘n uithaler blogger wees. Nou haal ek my hoed vir jou af. :-)

13 08 2008
boendoe

Anja, ekskuus dat ons so oor en verby jou praat! Ek wil graag nog iets se.

Eerstens, kom ons noem maar ‘n spade ‘n spade. Die krapperigheid gaan oor Skoor en Sonia. Die ‘gesprek’ wat hulle gehad het, kan ons net oor bespiegel, want Sonia het dit gedelete, en elkeen het sy eie weergawe.

Ek is bereid om te aanvaar dat daar koppe gestamp is agv ‘n misverstand, maar om te insinueer dat jaloesie daartoe aanleiding gegee het, is om dit ‘n bietjie te ver te vat. Skoor het nie geld gemaak uit haar kosblog uit nie, sy het haarself nie probeer ‘verkoop’ nie, dit was gedoen uit haar liefde vir kos. Ek wonder wat sou gebeur het as Sonia ‘n onbekende huisvroutjie was wat nog nooit op tv was of haar hand op papier gesit het nie? Hoe sou dieselfde storie hom afgespeel het? Hoe sou ons ander bloggers daarop gereageer het?
Veral as sy kom “Boe!” skree op die blog van die persoon van wie sy haar wil distansieer.

Ek het nie pyne met Sonia nie. Ek dink sy is ‘n oulike meisie met ‘n oulike blog, maar my lojaliteit le by Skoor. NIE omdat ons in dieselfde kliek is nie, maar omdat ek haar in ‘n jaar se tyd nog nooit as beledigend of ongeskik ervaar het nie.

13 08 2008
Pagoda32

Ek hoor jou Boendoe…
Ek het net gedink dis dalk wys om Devil’s Advocate te speel. Persoonlik kos dit veel meer as iemand wat kos maak op TV om my starstruck te kry. Ek het al, en ek’s dankbaar vir die geleendhede wat al my kant toe gekom het, op die wonderbaarlikste en kopdeurmekaarmakende (verskoon die woord wat ek opmaak Oxford) maniere al baie “famous: mense ontmoet en een ding het telkemale soos ‘n paal bo water gestaan na so ‘n ontmoeting…almal poep vrot en almal bloei as hy val.

Wat die heen en weer naels wysery rerig getrigger het sal net die partye wat betrokke daarby was rerig weet. Persoonlik glo ek daar was beter maniere om dit te hanteer…deur beide partye. Persoonlik sien ek sien Skoor as ‘n vriend, daarom sal ek self ook in haar hoek staan.

14 08 2008
Neil Kroese

Boendoe die vraag is waarom dit in hierdie geval hoegenaamd nodig sou wees om jou lojaliteit te verklaar? Maar ek dink jou antwoord en ironies steun vir my argument lê opgesluit in die sin van jou.”

“Ek wonder wat sou gebeur het as Sonia ‘n onbekende huisvroutjie was wat nog nooit op tv was of haar hand op papier gesit het nie? Hoe sou dieselfde storie hom afgespeel het? Hoe sou ons ander bloggers daarop gereageer het?”

So , leef en laat leef, agree to disagree…

14 08 2008
boendoe

Neil, en het jy nie eintlik JOU lojaliteite gewys met jou comment wat jy op 2 plekke gelos het nie?

As Sonia ‘n onbekende was, sou daar nie ‘n suggestie van jaloesie gewees het nie.

Ja, leef en laat leef. En moenie die vrede vergeet nie.

14 08 2008
Pagoda32

Boendoe

Jaloesie (en weer…dit beteken nie dat ek sê dat die groenoog monster verantwoordelik was vir die voorval nie) het nie nodig om te spruit uit die feit dat Sonia ‘n bekende is nie.

Baie van ons bloggers sit by tye, selfs daar by my, ‘n ou reseppie op vir die lesers, maar almal, glo ek, het geweet van Skoor se hoekie en het ‘n sekere mate van ongesproke respek daarvoor gehad. Ons, as bloggers, moes hard soek vir iets soortgelyks elders op WP. Toe kom Sonia en stig haar blog op WP. Skielik word ‘n hoekie wat deur een blogger bewoon was deur twee mense gedeel. Wil jy nou rerig vir my sê, ongeag van hoe ‘n goeie mens Skoor of Sonia mag wees, dat jaloesie geheel en al uitgesluit kan word as rede vir wat gebeur het?

I think not.

14 08 2008
boendoe

Pagoda, as Het van Verlangenkraal ‘n kosblog begin het, sou jy steeds dink jaloesie was die rede? Ek wil Sonia nie te na kom nie, maar ek dink dit het ALLES te doen met die feit dat sy bekend is.

Jaloesie kon seker ‘n rol gespeel het, maar vet weet, dis nie hoe ek Skoor ken nie. Ek dink dit was eerder ‘n geval waar die twee kennis gemaak het, lekker gechat het, en mekaar op ‘n punt heeltemal mis verstaan het. Wie sal weet?

Ek dink die twee het al lankal aanbeweeg, dis net ons wat nog daaroor redekawel! :wink:

14 08 2008
Neil Kroese

Boendoe jou argument is ‘n non event. “Het van verlangekraal” het nie ‘n blog begin nie, Sonia Cabano het. ‘n Onbekende het nie ‘n blog begin nie, Sonia Cabano het. Daarvolgens het ek my “groen monster” aanmerking gemaak. Enige ander vergelyking is totaal irrelevant tot die gesprek. Ek ken Skoor nie, so I played it the way I saw it. Dis maar al. maar heelaas, laat ons ophou kibbel en gaan kosmaak. Try Me Cabano se resepte. Dis moer lekker.

14 08 2008
boendoe

Ja, Neil. Jy hou die groen monster verantwoordelik, ek hou fyngevoeligheid/dun nerfies verantwoordelik! Agree to disagree…
Ek sal verseker me. Cabano se resepte probeer. Lekker bly mos lekker, maak nie saak waar jy dit kry nie!

14 08 2008
Skoenlappr

wdf is sonia cabano??

14 08 2008
Pagoda32

LMGA! @ skoenlapper

14 08 2008
Pagoda32

O ja…Boendoe

Kom ons wees nou BAIE eerlik met mekaar. Hoe goed ken ons mekaar rerig hier op WP? Jeffrey Dahmer was die goedheid vanself vir sy bure…en hulle’t hom in lewende lywe gesien, gesprekke gevoer met hom, ens. Tot hulle vingers eendag in ‘n stirfry geland het.

Just goes to show, net or ons iemand “lees” beteken nie ons ken hom of haar nie. Daarvoor is daar hopeloos te veel wat agter die (rekenaar)skerms gebeur…

14 08 2008
Skoenlappr

dan sal jy my vraag nou beter verstaan Pagoda32 …

wdf is sonia cabano ??

14 08 2008
vokov

Trust nou ‘n vokin skoenlappr om nog nooit van die uwe te gehoor het nie. My vok man, as ek nou hier kon, sou ek begin skinner, maar vokweet, netnou loop die trane weer.

Wag, ek moet griepmedisyne loop drink – dit help my om vokin onbeskof te wees.

Sorry ou Oopkop, die oom vloek maar soos ‘n kok. Of is dit nou ‘n matroos. Vokit, waar’s my griepmedisyne waaragter ek kan skuil. Ek raak hopeloos te nice nou.

14 08 2008
vokov

O, voor vokin a en b op die horses klim, ek wou skinner van skoenlappr se seuns se horings.

Skoenlappr, dra hulle nog daai takbok horings? ;-)

wdf is sonia cabono. ja wragtag, van wie praat ons nou hierso? Is dit ‘n post oor pampoene of kopstamp met takbokhorings?

Oe vok, waar’s my griepmedisyne, ek raak al meer dizzy en praat kak.

14 08 2008
Skoenlappr

LOL!! dis ook vokin tyd dat jy kom inloer …

Jy grasp my punt wat ek probeer maak, heelhartiglik vokov!! ek wou ook weet waaroor dit nou eintlik gaan. (ek ken nie die vrou nie, dus val ek haar nie aan nie … dit was slegs om ‘n punt te probeer maak … ‘n punt soos ‘n takbokhoring! LOL)

14 08 2008
Pagoda32

Laaste keer wat ek ‘n punt ordentlik gemaak het het ek ‘n laitie ryker geword.
Kan my mossie vertel “Vat my en vat my ordentlik nie”…bliksem

14 08 2008
Neil Kroese

…ek het dit op goeie gesag uit die Universiteit Stellenbosch se Afrikaanse Dept dat die woord “fok” in Afrikaans inderdaad met ‘n “f” eerder as ‘n “v” gespel word…..

14 08 2008
Blixer

Ek is deel van Rosalind se clique- ek dink so, of altans ek hoop so! Kyk nou hoe bring julle die twyfel in my na vore! Geniet julle dit om mens so te pynig?

Nee, ernstig- ek dink daar is ‘n plek op die web waar ons almal inpas en ja daar sal klieks wees suiwer oor belangstellings wat gedeel word.

14 08 2008
Skoenlappr

en skoenlappr kort nog ‘n “e” … neil, en jou PUNT is??

14 08 2008
Dellie

LOL @ Skoenlappr! :lol:

14 08 2008
Pagoda32

Neil…nuweling misverstand van jou kant af die keer…’n genuine ene.

Vokov word aspris so gespel. Ena s sulks word elke Fok en variasie daarvan ook met ‘n “V” gespel. Dis nou genuine…no jokes. Dis aspris…Ek yank nie jou crank nie!

14 08 2008
boendoe

Hiehiehie…dit raak nou snaaks, hoor! :lol:

(En die 2 hoofkarakters skitter in hul afwesigheid! Miskien moet die stof nou maar gaan le? :wink: )

14 08 2008
ELF

Nou maak jy my verlang skottelmeisie.

So cliché en over-used soos dit mag klink ‘want net ons weet’ ..

14 08 2008
Neil Kroese

…oo ek sien….wil jy nou meer…

14 08 2008
vokov

Jaaaa, wil jy nou vokin meer. Hierdie wilde froue op die blogs maak ‘n ou so op, jy trek glad in die oggend jou broek ferkeerd om aan as jy opstaan. Dis nou met die pype na bo, en die 2foete by die middellyv uit, en dan moer jy op jou bek as jy net die vokin voon wil antwoord.

Lekker aand in SA al julle vokirkies. (Iemand keer dat Oopkop hier lees, ek het haar gewaarsku op my blog!)

14 08 2008
rosalindfranklin

Flip nouja, Boendoe het ‘n punt beet, jammer ek stem saam met haar, want jaloesie was nooit ter sprake nie. Soos ek dit verstaan was dit ‘n misverstand, kommunikasie-gaping of iets.

Maar jaloesie? Dis ‘n growwe afleiding.

En jislaaikit (my eie weergawe van die uitgesproke woord) watter tipe bodemskuurders (my eie woord) is ons, as ons stry oor wat ‘n “celeb” is en wat nie?

Hallo Blixer!

Verskoon my, ek gaan nou die Huisgenoot lees.

15 08 2008
OakTree

Oi, nou wonder ek waar ek inpas??? Troglodiet of rock se blog ai ai ai… ***krap kop***

Ek wil nie inpas nie demmit, ek wil deel wees van almal mos ;)

Skoenlappr aka Adele?

15 08 2008
vokov

Ja nee Roos van my hart, as ek jy is, vok ek die Huisgenoot eenkant toe, en knap jou taal op met die Kaapse Son. Gits, eendag het ou Vokof 3 nuwe woorde geleer in daai koerant.

Aag, en haal tog jou universiteitsopleiding en dinge wat jy geleer het, ook hier aan ou Rosa – dit blyk vokin belangrik te wees om iemand te wees om iets te wees.

Skoenlappr en Pagoda32 – genoeg! Ek het my vokin stuitjie seergemaak toe ek van die stoel afgemoer het soos ek gelag het vir julle stront.

Lekker naweek vokirkies. Volgende week is die stof weggewaai, en trek ons weer ‘n nuwe doos die onderbroek oor die kop. Ja, ek stem. Dit klink bevok verdag.

15 08 2008
skoenlappr

trog is dit jy? Oaktree??

15 08 2008
Wipneus!

Soos Rosie sê hierdie was ‘n kommunikasie gaping, misverstand.

16 08 2008
Sonkind

Ek dink hierdie kommunikasiegapig het nou al ‘n reuse afgrond geword. Die onderwerp is hopelik teen die tyd al ter ruste gele, want dit stink lankal soos net iets wat dood is kan stink.

Ek het ook nie geweet wie Sonia Cabano is nie, maar ek dink ook nie dit was nodig dat die hele saga erger as Steve en Jan-wat-ook-al se owerlimpiesespele uitgerek moes word nie.

Skoor het ‘n kosblog, Sonia het ‘n kosblog en Bob’s Your Uncle. Kan ons nou net almal weer mooi saamspeel, seblief, want die hele ou fokkin storie put my uit? Al wat ons nou nog nodig het, is dat Vokov ‘n Christelike blog begin en dan val Doom Attie hom aan. ja, presies net so belaglik is hierdie hele stryery.

I rest my case.

18 08 2008
semisoet

Huh? As n totale buitestander is dit al wat ek kan se. Baie lekker leesstof though.

18 08 2008
alta

Ietsie wat ek nou nie verstaan as nuwe blogger nie , is die kliek storie. Moet ek eers in ‘n kliek wees om orals te lees en te comment of mag ek dit sommer net doen omdat ek so voel?
En word jy dan nou nie raak gelees alvorens die kliek jou dan nou goedkeur nie.
En ek het gedink om te blog is lekker. Dit raak al hoe meer duidelik dat tensy jy lyk my in almal se gwarre opkruip, jy nie sommer as ‘n blogger aanvaar gaan word tussen die oues nie.
Verstaan ek nou die hele storie reg of verstaan ek dit soos my gai??

19 08 2008
semisoet

Alta sal ook graag wil weet. Voel soos hoerskool van voor af behalwe die keer sit ek ani anderkant! Haha ek chip maar oral in dis tog lekker om almal se praat te luister.

19 08 2008
Xanika

Is tyd dat my baas terugkom werk toe sodat ek meer tyd kan hê om blogs te lees. Maar ek moet nou seker al gewoond wees daaraan dat ek altyd agter die tyd is. Gelukkig dat skoenlappr gevra het wie is die Sonia, ek het ook nie geweet nie. Ek wil nie inpas nie, ek wil uitstaan…

(Wat dalk nou ook weer nie so goeie idee is nie, kan makliker met die kapoen raakgegooi word!)

19 08 2008
vokov

Warmstraal, ek dink jou panties is in ‘n twist. Jy het jouself lank genoeg as die vokin klaskaptein van WordPress voorgehou.

Ek sien jy vokof binnekort, en dit is ‘n wonderlikheid wat WP getref het. Jy blog nou lank genoeg hier en maak of jy ‘n vokin saint is.

Jy is gek na gatlek, en ek sien jy doen dit goed. Go for it. Jou tong stink soos die vokin dood. Dis al wat jy ruik. Jy hou van vuil speel en mense vokin opsweep. Jou tipe word uitgeken aan die keppe wat hulle dra.

Duidelik sien jy nie die waarheid nie, want dan maak dit jou vokin ongewild. Jy hou daarvan dat jy die so-called celeb kan mail. Whooooopie. Hou jou eerder besig met jou werk voor jou baas hoor jy le heeldag op die blogs. Jy is mos oooo so besig, en vlieg heen en vokin weer omdat jy so vokin moer belangrik is. Bloggers met vokin savvy kan deur jou masker sien, en ek dink dit is tyd dat jy dit hoor. Die EIE EK skree soos ‘n goedkoop slet op jou blog. Kooooots.

Klap-klap-klap. Jy het nou ook jou eiertjie gele, maar vokof nou maar weer na jou nuwe site en gaan vee voor jou eie skynheilige deur.

19 08 2008
Dis ek, Annie

OMW…! Hier klink dit ook al soos Amerikaanse TV. Sonia het WordPress soos ‘n Tsunamie getref en oral lê opdrifsel rond. Intussen val die goudprys, het rentekoerse onveranderd gebly, is daar sprake dat die petrolprys dramaties kan daal, sukkel matrikulante met verandering en het ons darem een medalje by die spele gewen. Hoe is dit dat so ‘n onbenulligheid soveel aandag kry dat elke tweede blog die assies bly blaas om die vuurtjie aan die gang te hou? En het die nuwe “rubber necking” iets uit te waai met die hit counter wat oortyd werk.

20 08 2008
rosalindfranklin

Wat op aarde is rubber necking???

20 08 2008
lolwtfpwnt

As iemand die klaskaptein is,dan is hy/sy gemaak deur die medeklas”maats” vir ‘n rede,probably “leierseienskappe” of iets.Ek dink dis hoogtyd dat telkom bietjie bandwidth pryse in hierdie land opstoot sodat vuilbek danville trailer-trash soos “vokov” met ‘n bottel brandy en coke op ‘n vrydagaand voor die tv besig gehou kan word,inplaas daarvan om ander mense se fun te spoil of hulle sleg te sề.

Dis gewoonlik ‘n komplex wat iemand so laat vloek,want in die regte lewe,as jy naby my in ‘n winkel so vloek,sal ek jou so harde pielewapper gee,jy sal bid om terug in jou ma se pens te wees vir die volgende maand,nie eers gepraat oor die feit dat jy ‘n vrou so kan slegsề?

Party mans in hierdie land lyk my het ‘n bietjie te wulps geraak,miskien omdat hulle hulleself besig hou met goed wat hulle nie aangaan,soos bv ‘n 70kg persoon wat homself “vokov” noem op ‘n blog en sy DOEL in hierdie lewe is om ander mense se lewens sleg te maak?

As jy in ‘n community(in hierdie geval blogspot se afrikaanse groep mense) wil wees,pas aan by jou community.Dit lyk asof jy nie hier hoort,gaan pub toe saam jou boksburg pelle,bordeelhuis of doen iets konstruktiefs met jou lewe,of ruk jouself reg en blend in saam die res,want dit lyk nie asof hulle in jou tipe klas is.

Ek vind dit regtig verskriklik moeilik om te glo jy kan so praat in die regte lewe,indien dit regtig so is,kry jy verseker nie “REGTE MANS” se geselskap.Sies man,gaan bietjie buitentoe en ruik vars lug vir ‘n slag.

20 08 2008
semisoet

Aitsa! Dankie man.

21 08 2008
Sonia

Rubber necking= koppe wat heen en weer swaai om alles gade te slaan.
LOL.
Silly nonsens, regtigwaar.
Lekker blog, mense!

22 08 2008
Skoenlappr

LOL!!
wat begin het as a seriaas subject, het ontaard in ‘n grappige gedoente!
lekker naweek vir almal!

25 08 2008
Ontwikkeling en Vooruitgang

[...] Hier by Oopkop gaan los ek toe die fatale kommentaar. [...]

27 08 2008
Johan Swarts

Oooooh, maar julle speel lelik met mekaar…

1 09 2008
Berns

Ek het jou skrywe nogal interessant gevind. Ek is splinternuut in die blogosfeer, maar is gretig om mettertyd darem ook by te dra. Hopelik is ek nie een van daai wat net kom en gaan soos ‘n miswolkie voor die son nie.

Net nog ‘n puntjie, hopelik is daar darem min bloggers wat so aanhoudend en onnodig vloek soos vokov. Hy/Sy klink maar net soos ‘n vuilbek tiener wat probeer taai lyk voor die ander skoolkinder.

Lewer kommentaar