Twee vlieë

4 09 2008

Stoffel:

Stoffel het ‘n naam gekry.  Hy sal Dian Josh Erasmus heet.  (Josh was Krista se voorstel en is beautiful.)  Sy verwagte datum was eers die 14de November maar die dokter het gesê dit kan dalk bietjie vroeër wees.  Ons was Maandag weer by die dokter.  Die mannetjie gaan ‘n bulletjie wees.  Hy moet blykbaar tussen 1,1 en 1,3 kg weeg, maar weeg al 1,5kg.  Alles lyk goed, die dokter het sy bene en arms gemeet en seker gemaak sy hartkamers en maag lyk reg.  Ek het vir hom ‘n lemmetjiegroen en oranje speedo gekoop.  Dis die cuteste ding ooit.  Sy pa dink ek wil hom soos ‘n nar aantrek.  Ons trou volgende Vrydagmiddag.  Die rent-a-dominee klink snaaks. 

 

Blog award:

Dankie baie vir Nelba vir my “blog award”.  Ek wens ek het meer tyd gehad vir blogs lees, ek kom omtrent die laaste ruk net by my favourites uit.  En as ek moes awards gee vir 7 van die wat ek die meeste lees sal dit die volgendes wees:

 

  • Nelba – omdat sy bereid is om te luister en raad gee oor klein Stoffel wat mens rerig kan gebruik, en sommer omdat sy oopkop is daaroor.
  • Die Wosonki’s – omdat hulle altyd sê wat hulle bedoel en “practice” wat hulle “preach”.  Ook omdat hulle help waar hulle kan, omdat hulle wil en niks terug verwag nie.
  • Salige Stilte – omdat sy blogs een van die is wat ek die langste lees en omdat ek altyd iets het om oor te dink of te giggel as ek daar gelees het.
  • Gert Gariep – omdat hy verskriklik snaaks en onpretensieus is.
  • Zee – omdat sy mense inlig oor dwelms en ek so baie van my eie lewensstorie in haar stories lees.  Die feit dat sy bly glo maak haar ‘n ongelooflike mens.
  • Maeree – want sy’s snaaks en ek vermoed soms nie ‘all there’ nie, maar dis juis wat maak dat ek bly lees.
  • Johan Swarts – want hy gee ‘n goeie balans tussen ernstig, snaaks, mallerig en slim.