Twee vlieë

4 09 2008

Stoffel:

Stoffel het ‘n naam gekry.  Hy sal Dian Josh Erasmus heet.  (Josh was Krista se voorstel en is beautiful.)  Sy verwagte datum was eers die 14de November maar die dokter het gesê dit kan dalk bietjie vroeër wees.  Ons was Maandag weer by die dokter.  Die mannetjie gaan ‘n bulletjie wees.  Hy moet blykbaar tussen 1,1 en 1,3 kg weeg, maar weeg al 1,5kg.  Alles lyk goed, die dokter het sy bene en arms gemeet en seker gemaak sy hartkamers en maag lyk reg.  Ek het vir hom ‘n lemmetjiegroen en oranje speedo gekoop.  Dis die cuteste ding ooit.  Sy pa dink ek wil hom soos ‘n nar aantrek.  Ons trou volgende Vrydagmiddag.  Die rent-a-dominee klink snaaks. 

 

Blog award:

Dankie baie vir Nelba vir my “blog award”.  Ek wens ek het meer tyd gehad vir blogs lees, ek kom omtrent die laaste ruk net by my favourites uit.  En as ek moes awards gee vir 7 van die wat ek die meeste lees sal dit die volgendes wees:

 

  • Nelba – omdat sy bereid is om te luister en raad gee oor klein Stoffel wat mens rerig kan gebruik, en sommer omdat sy oopkop is daaroor.
  • Die Wosonki’s – omdat hulle altyd sê wat hulle bedoel en “practice” wat hulle “preach”.  Ook omdat hulle help waar hulle kan, omdat hulle wil en niks terug verwag nie.
  • Salige Stilte – omdat sy blogs een van die is wat ek die langste lees en omdat ek altyd iets het om oor te dink of te giggel as ek daar gelees het.
  • Gert Gariep – omdat hy verskriklik snaaks en onpretensieus is.
  • Zee – omdat sy mense inlig oor dwelms en ek so baie van my eie lewensstorie in haar stories lees.  Die feit dat sy bly glo maak haar ‘n ongelooflike mens.
  • Maeree – want sy’s snaaks en ek vermoed soms nie ‘all there’ nie, maar dis juis wat maak dat ek bly lees.
  • Johan Swarts – want hy gee ‘n goeie balans tussen ernstig, snaaks, mallerig en slim. 

Aksies

Information

32 responses

4 09 2008
Koeksuster

Ek kan nie wag vir Stoffeltjie nie. Ek dink dit sal al die dinge wat in my lewe gebeur n bietjie meer “tangible” maak.

Ek is so bly hy is OK en jy is OK. Hoe voel die rug??

r

4 09 2008
oopkop

Die rug is af, en die blaas is moeg trampolien gewees, maar verder is alles 100%. :)

4 09 2008
Nelba

Dian was my favourite van die name wat julle oorweeg het. :-) Bly als gaan goed. En dankie vir die benoeming.

Lekker trou!

Is jou ma en ouma al by julle? En hoe gaan dit met jou ma? Baie vrae, skies!

4 09 2008
Paula

Die name is baie mooi.
Sterkte met die swangerskap verder! :)

4 09 2008
Krista

Dankie Anja.

4 09 2008
Zee

Dian is ‘n pragtige naam. Die 6de klink vir my soos die regte datum hoor ;)

Anja, baie dankie. Jy weet nie hoe baie jou woorde vir my beteken nie. Dankie dat jy raaksien hoe hard ek probeer om die euwel te stuit!

4 09 2008
Johan Swarts

geluk met josh! post ‘n foto, toe?

baie dankie vir my vier byvoeglike naamwoorde:-)

4 09 2008
Johan Swarts

(sonar, meen ek)

5 09 2008
Koeksuster

Waar trou julle An??

8 09 2008
Wipneus!

Baie mooi name! ;)

Geluk aan almal met die toekennings!

8 09 2008
Bertus!

Eerstens wil ek dankie se^ aan my familie en my lewensmaat wat my ondersteun het terwyl ek vir hierdie toekenning gewerk het. Ook aan my hoe”reskool drama-onnie wat my geinspireer het. En aan die Here. Dankie almal, dit sou nie sonder julle kon gebeur nie.

8 09 2008
oopkop

Nelba – My ma is terug, sy voel nog nie 100% nie en wag nog vir die uitslae, maar andersins is sy fine.

Johan – Ek het al die sonar foto’s probeer inscan maar dis te donker, ek sal plan maak.

Koeksuster – Trou by my boetie se werk Vrydag middag.

9 09 2008
Koeksuster

Opie, dankie vir jou boodskap. Wou net uitvind of julle ouens iets doen na die troue Vrydag aand. Gaan julle bietjie kuier??

10 09 2008
007meisie

Koewie! ‘n Secret mission laat my toe hierso uitslaan om asem te skep en in te loer! :lol:
Strongs vir die pajama drill wat voorlê! ;-)
Wil ook net noem, in my ou lewetjie het ek wraggies nog nooit se nêrens so lang blogroll gesien nie! WOW! WIl jy nie vir my ook een kom opstel nie? Hehe!

Bravo 2 oor en uit!’
007 het ‘n environment om te red vandag!

11 09 2008
Koeksuster

Hoe gaan dit met die senigwees vir more? Ek wens so ek kan daar wees, maar dit gaan nie gebeur nie. Ek het nog nie gehoor of julle iets beplan vir more-aand nie, maar laat gerus weet.

R

11 09 2008
Nelba

Trou lekker more, Anja! Ek weet julle sal baie gelukkig wees.

12 09 2008
Koeksuster

LIefste Anja en Didi,

Mag die Here hierdie mooi dag en die lewe hierna vir julle en julle baba seen. Geniet elke oomblik!

Rachelle en Johan

14 09 2008
Wipneus!

Baie geluk met die troue en julle baba!

14 09 2008
Roer

Baie geluk Anja. Ek hoor jy’s ‘n meisiekind ryker.

14 09 2008
flippiefanus

Anja geluk aan jou en die wederhalf.

15 09 2008
Koeksuster

Anja en Didi, Baie geluk met julle nuwe lyfie. Ek hoop julle kry van haar al die vreugde wat vir julle bestem is. Tel die laggies – hulle is die belangrikste.

Baie liefde,

Rachelle en Johan

15 09 2008
Jenny

Anja en Didi,
Baie geluk met julle troue, en met die nuwe pienkvoet!

15 09 2008
Kokkewiet

Baie geluk met die troue en die bondeltjie vreugde!!!!

15 09 2008
Maeree is in the house. « inderdaad

[...] nederig ek is.  Dis daarom met groot huiwering dat ek aankondig dat Oopkop vir my ‘n “blog award” gegee het.  [insert dansie hier] Ek was verstom, hoofsaaklik omdat ek nie geweet het sy [...]

16 09 2008
Jeannie

Anja, Baie Baie geluk met julle pienkvoet, mag julle baie gelukkig wees
En kyk mooi na jouself

17 09 2008
Xanika

Baie gelukAnja. Geniet die kleinding en soos Jeannie wil ek ook sê kyk mooi na jouself.

17 09 2008
afrikafairy

pragtige name. My due tyd is ook die 14 Nov. maar ons beplan die keiser vir die 4de Nov. Myne is ‘n dogtertjie, Aimee, Mia. Voorspoed met die res van die swangerskap.

17 09 2008
rosalindfranklin

Geluk met die troue, al is ek latering. En ek dink die baaibroek is cute!

19 09 2008
RB

Hi, bietjie laat, dit wil omtrent gedoen wees, maar BAIE GELUK!!!!!!!!!!!!! met albei, die troue en die meisiekind se geboorte!
Geniet elke oomblik.

30 09 2008
nickeybotha

ook seker laat maar geluk mag jul net vreugde ondervind.

1 10 2008
Tersia

Baie geluk met julle meisie-mens! Ek hoop sy bring baie vrede en vreugde en dat haar lewe ook altyd vol vrede, vreugde en liefde sal wees! Hoop dit gaan goed met julle!! Wanneer wys jy ons hoe sy lyk?

20 10 2008
Pagoda32

Ek wil ook graag sien!! :mrgreen:

Lewer kommentaar