Hello World … alweer
26 10 2008Ek wou nog ‘n post met allerande valletjies en mooi quotes skryf om my bokkie-meisiekind aan julle voor te stel, maar die tyd is te min en die woorde nie mooi genoeg om haar lof te besing nie. Dis so “scary” om te dink sy’s myne, so broos, so mooi, soveel soos ek. Ek weet nie hoe om dankie te se vir haar nie. Ek besef in die laaste maand en ‘n half dat ek nooit die perfekte ma gaan wees nie, maar ook dat daar nie so iets bestaan nie. Sy sal my liefhe en ek vir haar. Die lewe loop snaakse draaie met ‘n mens.
Dankie vir al die gelukwense en mooi gebede. Ek weet nie hoe om almal te bedank vir dit wat hulle gedoen het vir ons nie. Ek sal gou weer post en almal individueel probeer bedank. Mense is ongelooflik goed vir ons. Vir nou se ek so lank vir Didi dankie. Hy was my sterkte in die laaste ruk, hy’t my gedra en ondersteun toe ek voel ek kon nie meer nie, en hy’s nogsteeds daar. Ek het eenkeer ‘n ‘quote’ gelees wat se dat ‘n mens na jou baba verlief raak op die baba en van vooraf op jou man, ek het net nie besef hoe waar dit is nie. Ek het ‘n ander sy van hom leer ken. Ons het dinge uitgesort wat ons te hardegat was om voorheen aan te pak. Ek wens ek het voorheen geweet hoe amazing hy is. Dankie baby. Ek leer elke dag so baie by jou van lief he en van die lewe. 
Ek sukkel bietjie om ‘n foto van haar geload te kry. Met my volgende post, ek belowe. Vir nou…. ons is oraait, alles gaan beter. Dankie vir almal se gebede en raad.
Comments : 6 Comments »
Kategorië : Uncategorized








Onlangse Kommentaar