Dis weer ‘n slag tyd…

20 02 2009

Ek is nie amptelik terug nie.  Ek lees so hier en daar blogs en ek moes net weereens vir Maeree sê dat ek dink sy is skreeusnaaks.  Rerig.  Ek love haar posts.  Veral hierdie een.  En hierdie een.  En ook die een.  Ek vermoed ek hou van haar blog omdat sy nie voorgee nie, omdat sy bereid is om oor goed te skryf wat die meeste konserwatiewe (meestal Afrikaanse) bloggers nie sal sê nie.  Ek dink met my terugkeer kan ek ook maar ophou om te skryf met ander mense en wat hulle gaan sê in my agterkop.  Ek haat dit.  Dis nie meer lekker om te blog nie.  Juis hieroor.  Sodra ‘n mens nie saam met die stroom gaan nie, moet jy maar teen die klippe opswem wat na jou kant toe gegooi word.  Dankie vir MaereeBertus en Johan.  Julle laat my dink, juis omdat julle nie soos ander dink nie.  Ek wonder soms of dit nie dalk is omdat julle nie rerig deel was van die Spoegblokding nie.  Julle skryf heeltemal anders.  Ek’s dankbaar.  Ek love dit.  Inderdaad.


Aksies

Information

6 responses

23 02 2009
RB

Bly om ietsie van jou te hoor.
Hoop om jou gou weer permanent terug te sien!

23 02 2009
Skoenlappr

hi daar
ek stem, almal het deesdae ‘n chip opi skouer as ‘n mens net iets sê.
jy’s half te bang om iets te sê, want jou woorde word verdraai en verkeerd geinterpreteer … en dan’s die gort gaar!
too much for the brains.

maar dat ek jou mis hier, is ‘n feit.

groete
adele

26 02 2009
maeree

/me maak delikate buigingtjie

jy is voorwaar ‘n mens met baie insig.

ek wens soms ek was deel van al die fights in blogland! my tweede grootste vrees in die lewe is dat ek iets sal mis – en ek hoor altyd na die tyd van die fights. damn.

26 02 2009
Vir my 2 oorblywende lesers se amtelike kennisname « inderdaad

[...] February 26, 2009 Need I say more? [...]

4 03 2009
Johan Swarts

Wow, ‘n post! :) )

Dankie vir die kompliment. Hoe gaan dit?

18 03 2009
Die piesangverkoper

Ag soene en soene en soene. Ekis jammer ek was so skaars, sal jou nooit weer verlaat nie.

Lewer kommentaar