Ek en my pa is al mense in my nabye familie wat gaan stem in die verkiesing. Net twee. Die ander het of vergeet om te registreer, of wil net nie gaan stem nie. Hulle dink nie hul stem gaan ‘n verskil maak nie. Is ek naïef om te dink dat dit al klaar sal beter gaan as elkeen van ons wat kan stem, dit gaan doen?
Ek lees ook hierdie raak:
| Written by Dr SH Gregan |
| Monday, 09 February 2009 16:23 |
|
Soos in die verlede word die Blanke kiesers opnuut opgeroep om nie in die komende algemene verkiesing te gaan stem nie. En die redes daarvoor is steeds dieselfde as voorheen:
• Die huidige ANC/SAKP-regime is onwettig. Dit het deur bedrog tot stand gekom deurdat FW de Klerk die Blankes mislei het voor die 1992-referendum. Hy het nooit die toestemming van die Blankes vir die nuwe grondwet gekry nie. Die mag is gevolglik aan die huidige regime oorgedra sonder die Blanke kiesers se instemming.
• Die huidige grondwet in onchristelik. Dit druis in teen die Blankes en veral ons Afrikaners se Christelike waardes deurdat dit elke vorm van afskuwelike gedrag goedkeur en die oppergesag van die Drie-enige God misken.
• Deelname aan die verkiesing impliseer erkenning van die bestel. Dit is ‘n erkenning dat die ANC aanspraak het om hierdie land te regeer. So ‘n erkenning trek ‘n streep deur die geskiedenis en die Blankes se regmatige aanspraak op ons eie vaderland.
• Die grondwet misken die volke-, kulturele-, en taalverskeidenheid van hierdie land. Dit verteenwoordig waardes wat ligjare verwyderd is van dit waarin ons as Blankes glo.
• Partye wat die Blankes oproep om te stem doen dit suiwer om eiebelang en om ‘n sitplek op die soustrein te verwerf. Hulle weet baie goed dat die huidige bestel só ingerig is dat die Blankes net kan saampraat, dog elke keer uitgestem sal word weens die oormaat van swart getalle. Intussen vertel die regime vir die wêreld dat demokrasie “werk” juis vanweë enkele Blanke gesigte in die parlement. Die Blankes is ‘n magtelose minderheid in die parlement. Die ANC/SAKP maak met sy meerderheid net wat hy wil.
• Die wegblystem onder Blankes word met elke verkiesing groter soos Blankes besef dat hulle mislei word deur opportunistiese partye wat voorgee om Blanke belange te dien. Feit is: Die meerderheid Blankes aanvaar nie die huidige bestel nie. Skaar u by die meerderheid en bly weg!
• Weiering om aan die verkiesing deel te neem, is ‘n daad van verset. Deur nie te stem nie, sê ons vir die wêreld ons berus nie in hierdie bedrogvolle en verraderlike toestand waarin ons volk verkeer nie.
Die AVP as die enigste party wat staan op die beginsels van onverdunde Afrikanernasionalisme sê: Nasionalisme eis dat elke volk homself in sy eie vaderland regeer. Die trompetwoorde in ons stryd moet wees: Vaderland, Volkskap, Vryheid!
Wat besef moet word is dat ons ons vryheid nie binne die ANC se parlement sal verkry nie, maar alleen daarbuite! Deur nie te stem nie, sê ons vir die wêreld ons berus nie in hierdie toestand nie en word volksgenote aangespoor tot verset, eerder as berusting.
Die nasionalis het derhalwe net een keuse: Bly weg van die ANC se verkiesing en kom in verset buite die bestel.
|
| Last Updated on Sunday, 15 February 2009 19:28 |
Lyk my ek is nie ‘n nasionalis nie.
Ag nee, ek kan eintlik nie glo daar is nog mense met sulke mentaliteite daar buite nie.
Dis juis omdat ons nie kan saamstaan nie, dat ons is waar ons is!!! Ons moet tog besef dat verandering aan die orde van die dag is.
Die ou in daai artikel glo seker ook nog dat die “slegs blankes” borde nog op strande en in toilets, ens moet wees.
Dit is sulke praatjies wat ons verdeel, want die jeug word groot in verandering en boet nou al lank genoeg vir die sondes van hul voorvaders.
(Persoonlik) is dit vir my verkeerd om eers na so iemand te luister. Ons kan nie meer van Blankes en Swartes, ens praat nie. Ons is almal mense wat baklei vir ‘n plekkie in die son.
Ek kan met alle eerlikheid sê dat ek DA stem … nie omdat dit ‘n “blanke” persoon aan die stuur van dinge is nie, maar omdat sy dinge laat gebeur. Sy’s real. Sy tackle regte issues. En sy’s nie bang om dit te doen nie.
Die AVP moet ook maar sy intrek in Orania inneem en met daai mentaliteit sal hy seker ‘n maar non-kiesers wen daar.
(hierdie is slegs my persoonlike mening)
[korreksie] … ‘n PAAR non-kiesers …
Ai tog! Dit maak my soooo kwaad wanneer mense so redeneer!
Hoekom kan hulle nie uitfigure dat om weg te bly NET SO GOED is as om VIR die ANC te stem nie? Want elke een stem minder TEEN hulle maak hulle voorsprong groter.
Niemand gee ‘n duit om vir hoeveel mense weggebly het nie, dis diegene wat hulle verantwoordelikheid nakom en wel opdaag wat die verskil probeer maak.
Word wakker, mense! As jy nie met die huidige regering saamstem nie, is die enigste manier waarop jy iets daaraan kan verander, deur jou kruisie te gaan trek. Anders gaan niemand jou hoor nie.
My ouers gaan ook nie stem nie … maar ek en manlief gaan beslis ons kruisie trek.
Eish…. daar is seker ‘n naam vir daai siekte… dankie tog vir Freedom of Association. Dit voel tog ook ‘n bietjie vals…. ek ruik ‘n rot. Is die mentaliteit van die oorsprong regtig so laag dat hy nie besef hoe vreeslik verkeerd die standpunte is nie, of is dit “geplant” met die hoop om mense wat vir die opposisie sou stem, by die huis te laat bly… soort van passiewe demobilisasie… ek sukkel om te glo dat daar sulke dom mense toegelaat word om goed soos die vir feit te publiseer…
Ek het ‘n stem, ek sal hom gebruik. Ek ag dit my plig as ek wil regte eis en die regering wil kritiseer. Ek glo dat die wiel draai en al draai die wiel vir ‘n regte demokrasie bietjie stadig, glo ek dit sal bly draai. Eendag, iewers in die toekoms, miskien nog voor my kop knip en bewe, gaan die landskap verander en gaan daar ordentlike sterk oposisie die pas aangee al kan hulle nie die bestuur van die land oorneem nie. Tot dan is ek vroeg op stemdag in die ry. Of werk ek by ‘n stembus.
Hah, watte groot klomp k*k. Soos Ouboet in “Orkey Snork Nie” destyds gesê het: “Ook maar lekker stoepid, ne?”.
Ek het nie simpatie met mense wat kla oor misdaad, dienslewering ens. en nie stem nie. Ek stem saam met Jo-Ann en sorg dat ek vroeg in die ry is. Ek dink om nie te stem nie getuig van geweldige slapgatgeit.
STEM gaan ek STEM!!!
Skoenlappr,
Ek gaan ook stem!! Maar jy maak n fout as jy dink mense op Orania gaan nie stem nie, hulle stem ook!! Hierdie idiote van AVP(dink dis n HNP wegbreek groep) ondersteun ook nie Orania nie, hulle glo die hele land behoort aan hulle en slegs aan hulle.
Groter arrogansie en selfregverdiging is moeilik elders te vinde. Die mense op Orania verstaan dat een man een stem regverdig is en as hulle dan hul self wil regeer hulle sal moet trek en hul eie arbeid doen om n meerderheid te kan wees.
Dis nie maklik nie en van hulle het groot opofferings gemaak om hulself so te kan uitleef, so moet hulle nie onder dieselfde kam skeer as mense wat dink hulle is uitverkore en geen ander volke het enige reg op hierdie land nie.
Kan-Wil-Sal, ek het genoem dat dit my persoonlike mening is. Ek skeer hoegenaamd nie almal oor dieselfde kam nie en wil ook nie in ‘n politieke moddergooiery betrokke raak nie.
Dit wat ek gesê het, bly dus staan.
Soos dit vir my lyk wil die mense van Orania nie saam met die res van Suid-Afrika leef/werk/bou aan ‘n nasie nie (correct me if i’m wrong).
Hence die ooreenkoms wat ek gemaak het.
Die AVP ‘glo’ net ‘blankes’ is die uitweg … en so lyk dit my glo die mense in Orania ook. So, dus is daar ooreenkomste.
Maar stem gaan ek stem. Vir ‘n beter Suid-Afrika vir pienk, blou, pers en groen.
Skoenlappr,
Moddergooi is nie my styl nie maar gesonde debat bevoordeel beide kante se insig. Almal wil n beter SA hê, Orania ook. Hulle wil juis saam met die res van die land bou leef en werk aan n beter land, Die denkfout kom in per definisie bedoel jy met nasie: land of volk? SA is n veelvolkige land en hopelik bedoel jy vir almal gesamentlik en elke volk net die beste.
In Afrika en die midde ooste word massa verkragting van kulturele regte en gedwonge inlywings en selfs massa-moord gepleeg in die naam van nasie-bou. Orania beroep of poog om homself op linkse minderheidsregte te beroep anders as regse politiek wat op die behoud van mag en die status-qua is, dit vra nie net kulturele verandering nie maar smeek daarvoor, Orania is kultureel so ver verwyder van meeste Afrikaners se lewenswyse van paternalistiese rasisme dat dit eerder rewolusionêr links as regs is. Die beroep is nie om “blank” nie maar om “Afrikaner” en dis nie nou nodig om terug te val op definisie soekery van n verbygaande diskoers nie. Hierdie tipe minderheids- politiek handel meestal om wedersydse erkenning.
Dit word die beste vir my opgesom in Malema se stelling “julle kan jul eie vlag hê maar die SA vlag moet ook wapper” want die teendeel staan ook, erken my en my regte as deel van SA dan erken ek SA as deel van my… Op regeringsvlak wag Orania nog op erkenning as munisipaliteit.
Bly jy in Orania? Hoekom hulle lof so besing? Hoekom is dit vir jou belangrik dat ons die ‘mooi’ van Orania raaksien? Mag daar anderskleuriges in Orania gaan bly? Hulle is mos ook Afrikaners? Aan watter kriteria moet ‘n mens voldoen om daar te wil bly?
En glo my, Kan-Wil-Sal, dit waaroor jy debatvoer, is baie interessant vir my.
Maar dink jy dit kan werk in die samelewing? My gesonde verstand sê vir my NEE.
Skoenlappr,
Nee ek bly in Pretoria maar het gaan kyk en was beïndruk. Ek dink dit werk reeds en met hul groei oor die laaste paar jaar en dit wat voorsien word gaan dit ongetwyfeld met tyd n stad word. Nou ek is nie n voorstander van die “staat” gedeelte in volkstaat nie, maar Afrikaners het die reg om homself uit te leef en voort te bestaan al is hy wit in n omgewing wat vir hom aanvaarbaar is. Ek dink N.P. van Wyk Louw het geskryf “dis beter om uit te sterf as om in ongeregtigheid te lewe” wat ons ook al doen ter wille van oorlewing moet in geregtigheid geskied ons kan ander mense nie hul regte ontneem om ons eie op te eis nie. Dis wat ek teen die AVP en boeremag tipes het wat wil oorlog maak, dit ontneem ander se regte.
Maar jy moet pasop as teenstander van die idee vir jou eie gedagtes, as jy sê omdat julle wit is mag julle nie as volk saamwoon nie, Dink oor wat is jy werklik besig is om te sê?? As jy die meeste swart nedersettings in SA sê duisend vir n duisend aanskou praat hulle een taal met een herkoms en een kultuur, niemand spring op om hulle vir rassiste uit te kruit nie, as ek op n Saterdagaand vir n wandelstap deur Soweto wil gaan sal ek verseker probleme optel en tog sien ek nie dat daardie rassistiese probleem gou indien ooit aangespreek gaan word nie.
Apartheid het na alles neergekom op direkte en indirekte oorheersing van swartmense, segregasie was in werklikheid n skyn selfs FW moes verklaar hoe ontdoen jy so n roereier. Met die einde daarvan vind die omgekeurde daarvan onwillekeurig plaas. Orania is oop vir enige Afrikaner wat hom met die dorp se gebruike en doelstellings vereenselwig so eenvoudig soos dit.
Nee wat, die wêreld en die VN kyk darem kastig so bietjie dat menseregte nie geskend word nie. As dit regtig so erg begin gaan eendag hoop ek hulle sal ons ook raaksien, maar hoe sal hulle ons raaksien as ons ons nie uitspreek teen die ANC nie? (In fact, ek hoop as Zuma sommer net so kwytgeskeld word, die opposisiepartye sal gaan kla by die VN en die internasionale hof of waar ookal hulle kan gaan kla, want as ons nie almal meer gelyk voor die reg is nie word iemand se menseregte mos geskend, of hoe?)
Ek stem!
Lyk my nou ek is ook nie ‘n nasionalis nie!!!
Kan-Wil-Sal, net ‘n vraag.
Gaan JY stem?
Ja beslis!!!!
Gaan kyk bietjie hierna http://www.vote2009.co.za hulle gee jou 14 vrae en op grond van jou antwoorde se hulle watter politieke party by jou sienings pas.
LOL!! ek neem aan die ANC kan nie ‘n stem van jou verwag nie! LOL!
Jou sieninge is baie sterk en dus ervaar ek dit as “in my face”.
niks daarmee fout nie.
Ek raak net so kwaad vir mense wat nie WIL verander nie. Wat nog so vaskleef aan die verlede. Sorry as ek jou verkeerd opgevryf het.
Is jy ‘n politikus?
Nee, nog erger as politikus ek is n ex-liberalis!! In 94 amper ANC gestem, maar soos hulle se as jy 18 en nie liberaal is nie het jy nie n hart nie, maar as jy dertig is en nie konserwatief nie dan het jy nie n verstand nie.
Nee wat jy vryf my nie verkeerd op nie, ek wil ook he mense moet hul uitkyke en lewenswyses verander want die wereld verander konstant, partymal a.g.v ons ander kere in weerwil van ons, ek wil immers he mense moet rewolisioner verander.
Ek het in die vroee 90’s in Pta gebly en by Dept Buitelandse Sake gewerk, en dit vreeslik eng en Afrikaans ervaar.
My vriendin het een dag vir ‘n outjie wat karre was, gevra om haar wit golf te was … hy het groot oog gevra : “Wit Wolf??”
LOL!!!
Ha Ha wit golf, ek gaan daai een onthou, LOL!!. n Afrikaanse dept. van buitelandse sake ek kan dit nie eens “imagne” nie as daar nou twee Afrikaners is, is dit n massa. Alles hier is Engels.
Daai “stem reg bly weg” leuse is eintlik die HNP s’n, hulle het dit al in 1999 gebruik. Hierdie ouens het dit gegaps.
Eenvoudig. Stem, of hou jou bek. (Nie joune nie, mense in algemeen.) As jy nie deelneem in die demokrasie nie, het mens nie iets te sê daaroor nie.
Ek sal nie se wat ek mense noem wat redeneer…”my stem gaan tog nie help nie”…of soortgelyke frases…dit maak my woedend net om dit te lees