Sug

16 04 2009

Het iemand groot seblief raad vir ‘n maagsweer?


Aksies

Information

15 responses

16 04 2009
Sonkind

Ophou stres? Ernstig – jy kan sulke taai wit medisyne kry by ‘n apteek – ek het die naam vergeet, maar ek weet dit help

16 04 2009
Jaco

Uhm . . . stress minder?

16 04 2009
Louisa

Moet nou nie dink ek’s besig om laf te wees nie, maar beide ek en my broer het al hieraan gely. Eet ‘n kwart tamatie saam met elke ete. Hoe meer antacids jy jouself injaag hoe meer suur produseer jou maag om op te maag daarvoor, al voel jy ook tydelike verligting. As jy wel iets soek vir tydelike verligting drink daai icky gaviscon, want dit sit net ‘n deksle op en verander nie die suur in jou maag nie.

As dit ‘n bloeiende maagsweer is (soos myne was) wil jy dit dalk oorweeg om ekstra yster aanvullings ook te vat. En GEEN sterk pynpille nie (ek praat van enige iets sterkers as ‘n panado – niks aspirien nie).

Sterkte, dis maar lekker k_k…

16 04 2009
oopkop

Ek vermoed hy bloei want ek gooi bloed op (sorry dis gross ek weet). Ek het nou al alles van staaldruppels tot zambuksalf en pille tussenin probeer. :( Hoe hou mens op stres?

16 04 2009
Krista

Jy drink meer . . .

16 04 2009
alleman

Ek dink jy moet dringend goeie mediese sorg kry. Meer as 300 Britte per jaar sterf van maagbloeding. Moenie aanneem dis (net) agv stres nie. Maagsere word hoofsaaklik deur bakteriee veroorsaak, en kan dus deur antibiotika behandel word.
Verder, alle Gaviscon is nie dieselfde nie – die soort met aliminium hidroksied is goed, en jy kan dit as koutablette kry.

17 04 2009
Jaco

Mucain het vir my gewerk, maar ek weet nie of dit nog beskikbaar is nie. Dit was baie lank gelede.
Ek stem met Alleman, sien ‘n dokter. Bloeiende maagseer is nie iets om mee te speel nie

17 04 2009
Skoenlappr

jip, Alleman & Jaco is reg.
Net die omie dr kan jou reghelp.
en dan sal jy natuurlik jou dieet moet aanpas.

waaroor stres jy so?

17 04 2009
Pikkelik

Breath in, breath out…. Relax, Breath in, pick up the phone and make that appointment…..

17 04 2009
Nelba

Daar is kosse wat maagswere beter maak. Rou gerasperde wortel het altyd baie vir Loren gehelp. Homeopatie help . Die regte maagsweerpille sal ook help (ons het Losec gebruik en dit neem ten minste twee weke vir die medikasie om te begin werk), maar die ander ouens wat kommentaar gelewer het is reg: Laat kyk maar liewer daarna, veral as jy bloed opgooi.

17 04 2009
alleman

Eers in 1982 het wetenskaplikes uitgevind dat dit in die meeste gevalle deur bakteriee veroorsaak word, en deur antibiotika behandel kan word. Drs. Marshall & Dr. Warren het in 2005 die Nobel prys hiervoor gekry: http://en.wikipedia.org/wiki/Peptic_ulcer
Omdat dit eers so onlangs bekend geword het, is daar nog baie mites daaroor, miskien selfs onder dokters.
Nelba, homeopatie werk soos geloofsgenesing (net in die verbeelding).

17 04 2009
Johan Swarts

Urgh…homeopatie is mostly placebos…

18 04 2009
Sammi

1) Sien dokter
2) Dan antibiotika met sy voorskrif
3) 40mg Nexium vir 3 maande, daarna 20mg.

Geen alkohol, nikotien of kafeiene nie :shock:

Jou kommentators is 100% reg – maak daardie afspraak!

18 04 2009
Rochelle

ek stem jy beter n dokter gaan sien! Maar vir die stres?? nee hell jy is nou n ma die stres gaan nie minder word nie, dalk net leer om dit op ander maniere te handteer… gaan skree op n boom, ja ja ek weet dit klink snaaks maar eerlik dis wat ek gedoen het, net om ander mense te spaar :)

19 04 2009
alleman

Mense hou asseblief op om te sê dis weens stres. Julle verkondig ‘n skadelike mite.

Lewer kommentaar