Laaaang Naweek

7 05 2009

Dis al amper weer naweek en ek het nog nie eers geblog nie.  Ek en my skoonsus het Vrydag die mans laat babysit en ons het gaan yskaats, ek’t weer ‘n neusring gekry, en toe het ons gaan cocktails drink by Burgandy’s in die Kolonade.  Dis die eerste keer na die ‘babies’ wat ons bietjie uitkom.  Ek was laas in 1997 op die yskaatsbaan.  Ek het gelukkig nie een keer geval nie en het my verkyk aan die mense.  Ek kan nie glo hoe klein van daardie kinders is wat skaats nie. 

 

Dianay is darem beter.  Ek is so bly want nou is sy weer haarself.  ‘n Mens voel so hulpeloos as hulle siek is en daar’s niks wat jy daaraan kan doen nie. 

 

dsc05250

 

Hierdie naweek gaan ons bietjie die winkels invaar Saterdagoggend en die middag bietjie braai.  Moedersdag gaan ons my ma bietjie Botaniese Tuine toe vat.  Ek was nog nooit daar nie, maar Dianay hou so baie daarvan om buite te wees dat ek dink sy sal dit meer geniet as iemand anders.


Aksies

Information

7 responses

7 05 2009
corlivandermerwe

Jinne, die kind het die mooiste oë! Ek kan net dink hoe trots jou moederhart is! :)

7 05 2009
parkes1

Sjoe ek het laas geskaats toe ek nog gedate het, ons was nogal mal oor skaats, maar nee ek dink nou val ek my halfdood as ek weer op n skaatsbaan moet kom, los dit maar vir die kindertjies.
Geniet die outing die naweek en hoop jy het n lieflike moedersdag!!

8 05 2009
Zee

Dianay is darem maar een blou oog engel….

Gelukkige moedersdag vir jou!

8 05 2009
Rochelle

Sy het jou oogies deur en deur!! Ek dink die tuine is n stunning idee! Gelukig Moedersdag! Mag jy tot in die afgrond in bederf word!

13 05 2009
Tweelingkind

Pragtige baba, man!
Ek dink ook ek sal my gaai afval as ek weer op n skaatsbaan moet waag.
En ek loop nou al n paar dae met die idee om ook weer n neusring te kry!

13 05 2009
Pagoda32

Sorry! Wil nie noodwendig spam nie! Kom loer in by Die Werf. Ons eerste verjaardag is op pad en ons het ‘n lekker kompetisie aan die gang gesit waar enigiemand kan inskryf! Brein skenk iets massief as die eerste prys!!!

14 05 2009
oopkop

Doen dit tweelingkind ;)

Lewer kommentaar