Tyd vlieg

2 07 2009

Die tyd vlieg so vinnig verby.  Oor 2 en ‘n half maande is Dianay al ‘n jaar oud.  Ek kan dit nie glo nie.  Sy lyk so ougat met haar twee tandjies en sy lag vir alles.  Haar loopring is haar beste vriend en as ons by die huis kom in die aand en sy in die loopring is hardloop sy eerste na die stoof toe om met haar weerkaatsing te gesels. Alles is net dadadadada, sy klink soos ‘n masjiengeweer soos sy ddddaddddadddaddda.  Ek het ook nie geweet ek is so snaaks nie.

Die winter is aaklig met haar.  Sy was al ‘n paar keer siek en ek voel so sleg om haar te bad en aan- en uit te trek in die koue.  Ek het nou die dag weer na my baba foto’s gekyk en dit is ’scary’ hoe baie sy lyk soos wat ek gelyk het toe ek ‘n baba was.  Dit laat my altyd wonder of dit is hoe my ma gevoel het toe sy my gehad het.  Toe ek so oud soos Dianay was, was my ma al 4 maande swanger met my sussie.  My ma het altyd gesê die dag wat jy jou kind in jou arms vashou vergewe jy jou ouers baie dinge.  Ek het nie besef hoe waar dit was tot nou nie.

Anja Baba0001


Aksies

Information

9 responses

2 07 2009
Louisa

Sy’s pragtig :-)

2 07 2009
flippiefanus

‘n Bondeltjie vreugde!

2 07 2009
Girl van die Suburbs

Ag my jitte maar sy is ougat!

3 07 2009
elmien

Sy is pragtig!! Ja koester elke oomblik want dit gaan heeltemal te vinnig verby!!

3 07 2009
Zee

Ai sy is darem maar te cute vir woorde!!

3 07 2009
Zee

Ps, ek dink dieselfde fotograaf het hierdie jaar die foto’s geneem by die kleuterskole, Zeethan sin is presies ook so :)

3 07 2009
Sonkind

Sjoe, sy is mooi! Dis waar – daai een van as jy eers jou eie kinders het, vergewe jy jou ouers baie dinge. Ek glo vas elke deursnee ouer doen net die beste vir sy kind/ers, maar ouerwees is die een “beroep” in die lewe waar mens in die diep kant ingegooi word en jy wragtig maar so doen-doen leer swem :-)

10 07 2009
kruppelkriekkie

Het vandag vir die 1ste keer hie kom inloer. Dianay is pragtig. Julle beter maar die halgewere nou-al begin laai:-)

14 07 2009
Nikita

Pragtige foto!

Lewer kommentaar