Didi se nefie het die naweek twee bokkies daar by ons aangebring. Hulle kort ‘n nuwe huis maar kuier tot dan by ons. Hulle is so oulik, maar baie harde werk, en hulle drink ons uit die huis uit. Dianay geniet dit om hulle op die stoep rond te jaag. Wat eet hulle? Hulle wil nie blaarslaai en sulke goed hê nie.

Ek kan nie glo sy word volgende week een jaar oud nie…

Dis nou week 7 van die tweede swangerskap. Alles lyk darem so ver goed, behalwe vir die naar en moeg, is alles reg. Didi het ‘n nuwe werk gekry in Ellisras, so ek het Vrydag bedank. Ek is nogals hartseer om by die werk weg te gaan, maar dit sal selfsugtig wees as ek hom nie die kans gun om homself te verbeter nie. Dit beteken ook dat ek bietjie self na Dianay kan kyk en dit rustiger met hierdie swangerskap kan vat by die huis. Hopelik bly hierdie een tot wanneer hy/sy moet. Ons het gister bietjie gaan kyk hoe lyk dit in Ellisras en dit voel vir my asof dit nogals dieselfde gevoel het as ‘n dorp soos Secunda. Ek hoop regtig hy gaan lekker daar werk.







((( skottelmeisieeeee )))
Ek’t nie eers van nommer 2 geweet nie .. baie geluk! Ek is baie opgewonde oor al die veranderinge in jou lewe die laaste (omw!) 3 jaar .. what a journey it has been hey?
Sterkte met die trek en alles wat nou vir julle voorle. In the meantime .. just do what you do best .. be your unrehearsed self! Baie liefde, Elf x
Anja, julle meisiekind is absoluut adorable!!! en sy’t skraler geword! seker met die wat sy so baie rondwikkel.
Baie sterkte met Didi se nuwe werk, en natuurlik jou swangerskap. Vat dit rustig.
Wanneer kan ons weer begin name vir jou uitdink? hehe
Groete
Adele
Sterkte vir julle!! Pragtige klein poppie wat jy het. Ek dink sy is die cuteste dingetjie!
Sy is sooooo oulike kind, en ek is seker sy gaan haar kleinboet/sus eindeloos lief he! Nes haar mama en papa… gaan span uit daar in die dorpie, die lekker deel van klein dorpies is die kinders word vryer groot as wat hulle nou in n stad sal doen! Enjoy ((((Anja))))
Hallo vriendin loer op my blog asb ek het jou getag
Jy het huiswerk daar by my…
Ek dink jy moet daai bokke gewoon hondepille gee – en mielies – dit werk ook. Sterkte met bok se kind…hy vreet alles wat voorkom….pasop vir jou kind se haargoed! Sterkte met die swangerskap…gelukkig is dit besig om koeler te word. Geniet jou inpak! Gooi soveel moontlik weg – dit help met die uitpak weer! Sterkte. Riana
Dianay het te pragtig geword van ek laas pics gesien het van haar. Ag moeder man
Sterkte met babes die 2de. En vat dit rustig girlatjie. Geniet vir poppelelie en die tydjie wat julle saam het. Baie geluk ook aan Didi met die nuwe werk. Sterkte, en beste wense vir n gelukkige happily ever after doei kant…
*hugz*
Hallo Meisie jy het weer husiwerk loer op my blog!!
Hierdie kind van jou is pragtig regte engeltjie!!
Hoop julle het lekker verjaarsdag gehou. Ek is bly vir julle oor al die goeie dinge wat aan die gebeur is. Maar dit is ook natuurlik stresvol. Sterkte!
Beteken dit nou jy gaan weer trek?
Wel siende dat nommer 2 op pad is, kan jy nommer 1 maar aanpass die kant toe! Ek ons ‘n deal
Sy is pragtig!