Nou moet ek myself uitskel

23 04 2009

Ek het nie gaan stem nie.  Ek het registreer om te stem.  Ek was van plan om te gaan.  Gister middag toe ons klaar reggemaak het om te gaan besluit die kar dat hy nie wil hê ek moet gaan stem nie.  Boonop stamp manlief toe sy kop terwyl hy goed probeer regmaak dat dit lyk asof iemand ‘n tennisbal onder sy kopvel ingeplant het.  Hy was so deurmekaar ek het later nie meer geweet wat om met hom te maak nie.  So nou moet ek myself uitskel omdat ek nie gestem het nie.





Good Morning Angels

20 04 2009

My Ma het vir my die volgende brief gestuur en sy wil hê ek moet dit na Jakaranda se Good Morning Angels stuur.  Ek weet nie wat om te doen nie.  Ek het al gedink om ‘n konsert of iets te hou of te reël om geld in te samel vir haar sodat sy dokter toe kan gaan.  Ek weet nie meer watter kant toe nie en ek HAAT dit om mense vir geld te vra:

 

20 April 2009

 

Hallo Dianne

 

Ek is ‘n ouma, Ma van vier kinders, 49 jaar oud en weet nie waarheen nie! 

Ek werk by ‘n firma, maar het nie ‘n mediese fonds of siekverlof nie.  Ek het 8 maande gelede ‘n histerektomie gehad.  My enigste kleindogter is net daarna gebore en is vandag die mooiste klein dingetjie op Aarde. 

 

‘n Maand gelede het ek ‘n knop in my bors ontdek, dokter toe gegaan en twee reeks antibiotika werk nie.  My enigste uitweg is ‘n mammogram.  Dit is nie die eerste knop nie, ek het so paar jaar gelede ook een laat verwyder.  My Ma het borskanker gehad en ek het die Kankervereniging geskakel.  Hulle het my geadviseer om so gou as moontlik daarna te laat kyk.

 

Ek was by die Steve Biko hospitaal (Ou HF Verwoerd/Pretoria Akademies), maar ek kan eers gedurende Mei ‘n afspraak kry.  Ek is so bang en het ongelooflik seer.  Pynpill help nie regtig nie.  EK het orals heen gebel.  ‘n Mammogram kos R770.10 en ek het dit nie, as ek ‘n biopsie kry is dit ongeveer R3000-00.  Is daar nie iemand wat my kan help nie?  Ek weet nie hoeveel kos ‘n mastektomie nie.

 

Ek wil net my kleindogter sien groot word, my kinders af en toe sien en as ek ‘n bors moet verloor is dit nie die einde nie.  Ek wil net graag sekerheid hê oor wat volgende op my pad is.  Ek is bevrees dat tyd nie juis aan my kant is nie. 

 

Baie dankie,

Elize du Plessis.

 

Hoe nou gemaak?  Ken iemand dalk ‘n dokter wat sal bereid wees om te help of iets?





Mooiste Lentebaba

20 04 2009

dianay-flowers-grey

Ek kan nie glo sy’s al 7 maande oud nie. 





Sug

16 04 2009

Het iemand groot seblief raad vir ‘n maagsweer?





Didi

9 04 2009

Mag jy as die grys meer word

En ons lywe sagter word

My nogsteeds vra om jou groen trui te deel

 

 

Jan Blohm – Groentrui

———————

 

En die son brand purper my gedagtes

As die son of die reen vir my kom haal

Jy se iewers is daar liefde

iewers waar tyd vir jou kom haal

 

Bly vanaand by my, ek weet jy’t seer gekry

sit jou lyfie in my groentrui

Bly vanaand by my, bly vanaand by my, bly vanaand by my

 

 

Wie’s die girl onder jou oe

wat in Krismis kan glo

happy hours by die kroee

 

Vra my lighty het jy ‘n light?

Vou droom soos ‘n kite

En scheme tonight tonight!

 

Bly vanaand by my, ek weet jy’t seer gekry

sit jou lyfie in my groentrui

Bly vanaand by my, bly vanaand by my, bly vanaand by my

 

 

Maak my siek en maak my blind

ek is jammer ek’t jou ingesluk

is daar iemand wat vir my bid?

                    

Maak my hartjie weer rein

Gee my Rembrandt van Rijn

Maak my blind vir hulle seine

 

                                    

Bly vanaand by my, ek weet jy’t seer gekry

sit jou lyfie in my groentrui

O Bly vanaand by my, bly vanaand by my, bly vanaand by my

 

 

Bly vanaand by my, ek weet jy’t seer gekry

sit jou lyfie in my groentrui

O Bly vanaand by my, bly vanaand by my, bly vanaand by my





Stem reg, bly weg?

2 04 2009

Ek en my pa is al mense in my nabye familie wat gaan stem in die verkiesing.  Net twee.  Die ander het of vergeet om te registreer, of wil net nie gaan stem nie.  Hulle dink nie hul stem gaan ‘n verskil maak nie.  Is ek naïef om te dink dat dit al klaar sal beter gaan as elkeen van ons wat kan stem, dit gaan doen? 

Ek lees ook hierdie raak:

Kies reg. Bly weg!      
Written by Dr SH Gregan   
Monday, 09 February 2009 16:23
Soos in die verlede word die Blanke kiesers opnuut opgeroep om nie in die komende algemene verkiesing te gaan stem nie.  En die redes daarvoor is steeds dieselfde as voorheen:

• Die huidige ANC/SAKP-regime is onwettig. Dit het deur bedrog tot stand gekom deurdat FW de Klerk die Blankes mislei het voor die 1992-referendum.  Hy het nooit die toestemming van die Blankes vir die nuwe grondwet gekry nie.  Die mag is gevolglik aan die huidige regime oorgedra sonder die Blanke kiesers se instemming.
• Die huidige grondwet in onchristelik. Dit druis in teen die Blankes en veral ons Afrikaners se Christelike waardes deurdat dit elke vorm van afskuwelike gedrag goedkeur en die oppergesag van die Drie-enige God misken.
• Deelname aan die verkiesing impliseer erkenning van die bestel. Dit is ‘n erkenning dat die ANC aanspraak het om hierdie land te regeer.  So ‘n erkenning trek ‘n streep deur die geskiedenis en die Blankes se regmatige aanspraak op ons eie vaderland.
• Die grondwet misken die volke-, kulturele-, en taalverskeidenheid van hierdie land.  Dit verteenwoordig waardes wat ligjare verwyderd is van dit waarin ons as Blankes glo.
• Partye wat die Blankes oproep om te stem doen dit suiwer om eiebelang en om ‘n sitplek op die soustrein te verwerf. Hulle weet baie goed dat die huidige bestel só ingerig is dat die Blankes net kan saampraat, dog elke keer uitgestem sal word weens die oormaat van swart getalle. Intussen vertel die regime vir die wêreld dat demokrasie “werk” juis vanweë enkele Blanke gesigte in die parlement.  Die Blankes is ‘n magtelose minderheid in die parlement. Die ANC/SAKP maak met sy meerderheid net wat hy wil.
• Die wegblystem onder Blankes word met elke verkiesing groter soos Blankes besef dat hulle mislei word deur opportunistiese partye wat voorgee om Blanke belange te dien. Feit is: Die meerderheid Blankes aanvaar nie die huidige bestel nie. Skaar u by die meerderheid en bly weg!
• Weiering om aan die verkiesing deel te neem, is ‘n daad van verset.  Deur nie te stem nie, sê ons vir die wêreld ons berus nie in hierdie bedrogvolle en verraderlike toestand waarin ons volk verkeer nie.
Die AVP as die enigste party wat staan op die beginsels van onverdunde Afrikanernasionalisme sê:  Nasionalisme eis dat elke volk homself in sy eie vaderland regeer. Die trompetwoorde in ons stryd moet wees: Vaderland, Volkskap, Vryheid!

Wat besef moet word is dat ons ons vryheid nie binne die ANC se parlement sal verkry nie, maar alleen daarbuite! Deur nie te stem nie, sê ons vir die wêreld ons berus nie in hierdie toestand nie en word volksgenote aangespoor tot verset, eerder as berusting.

Die nasionalis het derhalwe net een keuse:  Bly weg van die ANC se verkiesing en kom in verset buite die bestel.

 

 

Last Updated on Sunday, 15 February 2009 19:28

Lyk my ek is nie ‘n nasionalis nie.





Soms is ek ‘n mier

24 03 2009

“The size of a man is measured by the size of the thing that makes him angry.”

Author Unknown





Dankie

19 03 2009

Ek dink ek’s terug en van plan om meer gereeld te blog vir ‘n verandering.  Ek het hierdie artikel in die Sarie van Maart 2009 gelees.   Dit was lewensveranderend. 

 

Hoe het jy gevoel toe jou 13-jarige groeigestremde seun die eerste keer op die verhoog saam met jou dans?

“Vermaaklikheidsterre Ian von Memerty (ook bekend as aanbieder van Strictly Come Dancing op SABC2) en sy vrou,Vivienne, se dogtertjie Valeska is op 18 maande met die genetiese metaboliese siekte MPS 6 gediagnoseer. Toe Vivienne met Oscar swanger was, het sy uitgevind dat hy dit ook het. Dit kan dwergisme, doofheid, blindheid en verlamming veroorsaak, en lyers word dikwels nie ouer as hul tienerjare nie. Valeska is in Augustus 1998 oorlede. Onlangs het Oscar op 13 saam met sy ouers en sussie, Kasvia (8),’n hip-hop-vertoning in die produksie A Celebration gelewer – sonder dat hy een dansles in sy lewe gehad het! Ian vertel.

ian-von-memerty“Dit was ‘n heuglike, senutergende oomblik. Oscar is ‘n daaglikse ‘wonderwerk’ wat almal inspireer. En dit was lekker om iets wat vir hom spontaan kom te sien. Hy het homself leer dans. As hy op sy nek tol, kan dit breek. Maar ek was nie bekommerd nie – dis nie gevaarlik nie, solank hy nie op sy kop tol nie.

“Ondanks twee beenmurgoorplantings voor sy sesde lewensjaar en die uitdagings van sy lyf, is Oscar een van die sjarmantste, mees emosioneel gebalanseerde mense wat ek ken, en trots op homself. Van sy geboorte af was hy ‘n sonskynkind met ‘n kalm, stralende selfvertroue. Ons het hom nog altyd aangemoedig om onafhanklik, liefdevol en dankbaar te wees.

“Dié vertoning, waaraan ons hele gesin deelneem, is ‘n viering van die lewe waarin ek alle verhoudinge eer – my 28 jaar met die klavier, 25 jaar in die vermaaklikheidsbedryf, 20 jaar met my vrou, 16 jaar van ouerskap, en die belangrikste, ‘n gelukkige gesinslewe. Kasvia sing en dans, Vivienne dans ook elegant, Oscar se hip-hop is ongelooflik, en ek sing, dans, speel die klavier, vertel die storie en vertel grappe. En swéét!

“Maar hoewel dit maklik klink, beteken dit nie als is altyd eenvoudig nie. Ons streef deurentyd na ‘n balans tussen die paradokse in die lewe. Die eerste sin in M. Scott Peck se The Road Less Travelled ‘Life is difficult’ – som dit eintlik goed op. Die oomblik as jy dít verstaan, is dit eintlik eenvoudig. Want dan verstáán jy die lewe ís moeilik. Oscar en Valeska se siekte het ons geleer die dood is onafwendbaar.Wat eintlik saak maak, is hoe jy lewe vóór die dood, gegewe jou omstandighede.

“Hoe bly ons gesin so gelukkig en positief? Dis grootliks ‘n keuse. Harvard het ‘n studie gedoen oor wie die gelukkigste mense op aarde is. Ryk, arm, manlik, vroulik – die gemene deler was meestal dankbaarheid. Ek glo nie aan ‘n spesifieke godsdiens nie, maar ek glo sterk aan beginsels soos respek, aanvaarding, energie, dissipline, liefde en dankbaarheid.”

– Marguerite van Wyk

 

So paar dae nadat ek hierdie artikel gelees het was Dianay die dag saam met my by die werk.  Een van my kolega’s het laat die middag vir haar kom hallo sê.  ‘n Mens weet nie altyd wat in ander se lewens aangaan nie.  Dit is eers toe ons begin praat oor kinders dat ek kans kry om in sy lewe in te loer.  Sy seun is 4 jaar terug dood aan ‘n hartaanval as gevolg van ‘n asma aanval wat hy gehad het.  Hy was 18 jaar oud.  Vir 18 jaar lank het hulle vir Ryan die beste gegee wat hulle kon, hy was hulle alles, en toe is hy net eweskielik weg.  Hy wou ‘n ‘pilot’ word en sou die volgende dag die eerste keer vlieg.  Alles wat hulle gedoen en voor gewerk het is in ‘n oogwink weggevat.  Ek het skaam gekry omdat ek soms kla oor dinge wat gebeur, oor ek moeg is, oor ek gestres is, oor ek ek ek.  Die deel van die artikel waar Ian sê dat ‘n mens moet aanvaar dat die lewe moeilik is het vir my baie beteken.  Ek wonder soms of dit nie my eie skuld is as ek deur ‘n ‘dip’ gaan nie.  Ek is die een wat seker verwagtings het, en as dinge nie so uitwerk nie dan ongelukkig raak. 

 

Ek lees oor Nelba en Carien se verlies en ek dink nie ek sal sterk genoeg wees om dit te kan verwerk nie.  Ek kry skaam omdat ek kla as ek 20 keer ‘n nag moet opstaan.  Ek sal nie weer nie.  Dianay se gesiggie in die oggend as ek wakker word is alles werd, ek sal niks slaap nie as dit moet.  So my laat nuwejaarsvoornemens sal wees om meer dankbaar te wees en om minder te kla.  Ek is so dankbaar vir almal wat gehelp het toe ek dit nodig gehad het, selfs dankbaar vir die familie se ‘ongewenste’ raad want ek weet hulle het dit net goed bedoel.  Nelba het die beste ‘raad’ gehad nou die dag – Jou kinders het niemand om jou mee te vergelyk nie, vir hulle is jy alles.  Dis iets om na uit te sien.





Dis weer ‘n slag tyd…

20 02 2009

Ek is nie amptelik terug nie.  Ek lees so hier en daar blogs en ek moes net weereens vir Maeree sê dat ek dink sy is skreeusnaaks.  Rerig.  Ek love haar posts.  Veral hierdie een.  En hierdie een.  En ook die een.  Ek vermoed ek hou van haar blog omdat sy nie voorgee nie, omdat sy bereid is om oor goed te skryf wat die meeste konserwatiewe (meestal Afrikaanse) bloggers nie sal sê nie.  Ek dink met my terugkeer kan ek ook maar ophou om te skryf met ander mense en wat hulle gaan sê in my agterkop.  Ek haat dit.  Dis nie meer lekker om te blog nie.  Juis hieroor.  Sodra ‘n mens nie saam met die stroom gaan nie, moet jy maar teen die klippe opswem wat na jou kant toe gegooi word.  Dankie vir MaereeBertus en Johan.  Julle laat my dink, juis omdat julle nie soos ander dink nie.  Ek wonder soms of dit nie dalk is omdat julle nie rerig deel was van die Spoegblokding nie.  Julle skryf heeltemal anders.  Ek’s dankbaar.  Ek love dit.  Inderdaad.





The Show Must Go On

20 01 2009

Hierdie jaar is so vinnig op my ek kry nie kans om te dink nie.  2008 was so ‘n warrelwind jaar.  Ek het nie ‘n jaar terug gedink ek sou vandag weer getroud wees, ‘n ma of ‘n stiefma wees nie.  Dinge verander so vinnig.  Ek het besluit om so kort/lank/ek weet nie hoe lank eintlik nie “blog sabbatical” te vat.  Hierdie laaste paar maande het ek die blog afgeskeep terwyl ek besig was om te probeer ‘cope’ met al die veranderinge van die laaste ruk.  Daar was so baie kere wat ek hier wou kom raad soek, hier wou kom huil en hier wou kom lag oor dit wat my pla. 

 

Ek kan vandag nie my lewe indink sonder Dianay nie.  In die jaar wat kom gaan sy so baie dinge leer doen.  Sy gaan tandjies kry, leer sit en kruip.  Sy gaan meer lag en verder die reuse persoonlikheid vir so klein lyfie ontwikkel.  Ek het baie geleer in die laaste paar maande.  Toe ek swanger was het ek nooit gedink ek sou ‘baby blues’ hê of aan Nageboorte Depressie ly nie, juis omdat ek na die miskraam so graag ‘n baba wou hê.  Min het ek geweet hoe naby aan ‘crack’ ek sou kom.  Ek dink die sameloop van hoe dinge gebeur het kon dalk bygedra het tot hoe ek later gevoel het.  Die eerste maand was so deurmekaar en dinge het so vinnig gebeur, ek het gevoel of ek in ‘n dwaal is en net nie kan bykom nie.  Ek het nie eintlik tyd gehad om behoorlik te dink, eet of slaap nie.  Toe sy eers by die huis was kon ek begin vrede maak daarmee dat sy uiteindelik hier is.  Met die sonars toe ek swanger was het die dokter mos gesê dis 90% ‘n seun.  Ek het my voorberei op ‘n seuntjie, op Stoffel.  Toe sy gebore is was dit ‘n geweldige skuif wat ek in my kop moes maak om aan te pas.  Om op ‘n manier ‘totsiens’ te sê vir die seuntjie en die drome wat ek gedroom het vir hom.  Dit klink seker vreemd maar ek het die eerste ruk gesukkel om daardie skuif te maak.  Dit voel soms nie of ek my swangerskap met haar kan vereenselwig nie, so asof ek swanger was, en toe nie meer nie, en toe eweskielik ‘n klein dogtertjie gekry het. Toe ek uiteindelik vrede daarmee maak en sy by die huis is het dinge nogsteeds nie ophou verander nie.  Ek het net erger begin voel.  Ek het voorheen gehoor dat vrouens wat as dogtertjies gemolesteer is sukkel as hulle hul eie kinders het, veral as dit dogtertjies is.  Ek dink ek sou myself bietjie beter kon voorberei daarop as ek geweet het dat sy ‘n dogtertjie was.  Dit voel asof ek nou eers na meer as vier maande weer bietjie mens begin voel, asof ek nou eers weer kan asem skep.  In haar eerste 2 maande by die huis het ek erg gesukkel, en ek wens nou ek het met meer mense gepraat en probeer omdit uit te sort.  Die enigste probleem is net dat mense so vol raad en verwyte is as jy ‘n nuwe Ma is dat hulle te besig is om ‘raak te sien’ hoe jy jou kind verkeerd vashou of iets anders wat nie eintlik ‘n reg of verkeerd het nie te kritiseer. 

 

Ek kon haar nie bad of haar doeke ruil sonder dat my hart voel of dit uit my bors wil ruk en ek wil kots nie.  Die gedagte as ek haar kaal sien dat iemand met haar sal lol put my uit.  Ek het so leeg getap en verby-dood-moeg gevoel.  Ek ‘cope’ eintlik nou vir ‘n slag ‘n bietjie beter.  Ons lag en speel en sing ‘lullabies’ met Karen Zoid, Eva Cassidy en Tracy Chapman as agtergrondsangers.  Sy raak so chubby en so cute. 

 

My Ma weet wat met my gebeur het en dis vandag eers wat ek nie genoeg vir haar kan sê dat sy moet ophou om haarself daarvoor te verwyt nie.  Dit sal seker nie help nie, maar ek wil hê sy moet weet dat ek vandag weet dat daar niks was wat sy kon doen om dit te keer nie.  Ek kan nie my kind 24 uur ‘n dag oppas nie, al wil ek.  Ek kan my beste probeer om situasies te vermy waar iemand haar kan molesteer, waar iemand haar kan seer maak.  Ek sal haar vertel wat kan gebeur en haar bewus maak van die siek mense wat saam met ons op hierdie planeet rondloop.  Dit was ‘n familielid wat my gemolesteer het en om haar weg te hou van familie af, van vreemdelinge af en selfs van haar pa af gaan maak dat sy soveel uitmis, en dit gaan maak dat ek my uitbrand.  Dis onregverdig teenoor Didi om hom nie te vertrou nie, hy het klaar een dogter en as ek net sien hoe erg hy oor haar is, is my vrese en wantroue onredelik.  Hy’t ge’cope’ toe ek nie kon nie, hy was daar.   Ek het twee mense vertrou met my gevoelens en hulle raad was om met iemand te gaan praat sodat ek kan vrede maak met dit wat gebeur het.  Ek het gedink ek het daarmee vrede gemaak, ek het gedink ek het aanbeweeg, maar ek dink nou ek het myself meer ge’fool’ as vir enige iemand anders.  Ek wou nooit ‘n dogtertjie hê nie want ek was te bang vir die sluise wat in my kop sou oopgaan.  So ek gaan my ‘blog sabbatical’ gebruik om my kop ‘n bietjie skoon te kry en aan te beweeg.  So baie van die dinge wat ek gedink het voordat ek vir Dianay gehad het maak nou nie meer sin nie.  Ek voel so sleg oor die oordeel wat ek oor ander ouers uitgespreek het voordat ek geweet het hoe bang mens voel as jy besef dat jy verantwoordelik vir iemand anders se lewe is.  Ek dink elke ouer probeer maar die beste doen met dit wat hy het.  Ek vra sommer nou omverskoning vir die ouers (insluitend my eie) wat ek gekritiseer het, vir my groot bek toe ek nie geweet het nie.  Ma-wees kom nie met ‘n ‘manual’ nie.  Jy kan lees tot jy blou is in jou gesig en alles in jou slaap kan herroep maar dit help jou net mooi niks as jy met daai kleintjie in jou arms sit nie.  Jy maak maar soos wat jy goed dink.  Behalwe vir die Dianay-dogtertjie-molesteer gedagtes wat my mal gemaak het was die ander mense se gekarring die grootste rede vir my amper-crack-episode.  Ek kon nie meer nie en dis hoekom ek jammer sê vir die grootbek ‘ignorance’ wat ek voorheen in my kop rondgesleep het.  Ek weet nie hoe om ‘n Ma te wees nie, ons figure dit maar uit soos wat ons aangaan.  My Ma vertel vinnig dat sy ‘n k*k Ma is, en by ander mense se standaarde is sy seker.  Sy’s defnitief nie die koekies bak en huiswerk tipe ma nie, ek dink ook nie ek gaan wees nie, maar ons kon nog altyd met haar oor alles praat en sy’t nog altyd geluister.  Ten spyte van die foute wat sy gemaak het gaan sy nie met oogklappe deur die lewe nie.  Sy is juis die een persoon wat my die beste raad gegee het na Dianay, en dit was om na my ‘gut’ te luister, en sover was dit nog elke keer die regte ding om te doen.  So ek luister maar nou so bietjie na my ‘gut’ en vat ‘n ruskansie.  Ek sal nog blogs lees en inloer so nou en dan, maar ek dink ek moet bietjie konsentreer op ander dinge sodat ek kan terugkom en beter hier kan konsentreer.  Dis so soortvan ‘n nuwejaarvoorneme so ons kyk maar of dit een is wat hou.  Nou moet ek nog net ophou rook.





Happy New Year

31 12 2008

My Oupa verjaar vandag so ons almal gaan deur Secunda toe na my Tannie toe om sy 70ste verjaardag te vier.  Die hele familie was lanklaas almal so saam so ek dink dit behoort interessant te wees. 

 

20092

Baie voorspoedige Nuwe Jaar vir almal, mag 2009 net mooi wees.





Dianay – 3 maande

19 12 2008

Ek kan nie glo sy’s al 3 maande oud nie.  Haar hare is oranje in die son.  Ek hoop dit bly so.  Ek wou nog altyd ‘n rooikop meisiekind gehad het.  Sy glimlag al hoe meer en sy tel nou vinnig gewig op. 

img_4760img_4703img_4693dianaystanding3monthsimg_4739





Adapt or die!

15 12 2008

Ek hoor nou die aand op die nuus toe hulle praat oor misdaad wat so hoog is dat die een vrou se kommentaar iets soos die volgende geklink het “They must give us jobs so we don’t steal.  We steal because we are hungry and if we have jobs, it will be better”.  Goed en wel – daar moet seker meer werksgeleenthede geskep word, maar ek dink nie ek glo die storie dat hulle steel omdat hulle honger is nie.  Laat ek dit eerder so stel – as jy rerig honger is sal jy ‘n brood steel, of R10 om kos te koop, nie duisende rande of karre of ander mense se goed waarvoor hulle hulle gatte afgewerk het nie.  Ek laat my nie vertel die geld wat hulle in rooftogte maak word net gebruik vir kos nie.  Kak man!  Daardie geld word gebruik vir dwelms of wat hulle ook al doen vir hul eie vermaak.  Verkrag en vermoor hulle ook mense omdat hulle honger is? Is dit sommer net ‘n ‘perk’ of help dit dat die hongerpyne weggaan?  Hulle het vanoggend by my baas se huis ingebreek en “darem net” met sy ‘laptop’ weggekom.  Wat my so kwaad maak is dat hy regtig een van die wonderlikste mense is wat ek ken, hy sal niemand leed aandoen nie, en dan gebeur so iets. 

 

Ek is al so moeg om wanneer so iets gebeur te hoor dat hulle darem nie vermoor of verkrag is nie.  Dis waar, en ‘n mens is dankbaar, maar dit vat nie weg wat gebeur het nie.  ’n Mens se privaatheid word geskend.  Die plek waar jy veronderstel is om veilig te voel word van jou af weggevat.  ‘n Mens voel of dit net ‘n kwessie van tyd is voordat jou ‘luck’ uithardloop en jy nie net beroof word nie.  Jy sit en wag vir jou beurt om aangerand, verkrag of vermoor te word.  Dit voel asof dit ‘n ‘given’ is, asof dit gaan gebeur en jy jouself nou al moet voorberei op die ergste.  Hoe hou mens aan om so in vrees te lewe?  Ek haat dit.  Ek gaan nie gou die geleentheid kry om uit hierdie land uit weg te gaan nie, ek is ‘n ‘gevangene’ hier.  Die Engelse sê mos “Adapt or die”.  Dis die doodgaan deel waaroor ek my bekommer, want ek sukkel om aan te pas. 

Baie mense sê jy moet nie in probleme vaskyk nie, bring ‘n oplossing na die tafel, maar waar kry mens ‘n oplossing vir dit wat besig is om in ons land te gebeur?  Ek glo nie werkskepping gaan werklik ‘n duik maak in hierdie probleem nie.  Dis makliker vir iemand om ‘n paar duisend rand te maak deur iemand anders se goed te steel.  Net so is dit makliker en meer belonend om by ‘n verkeerslig te staan en bedel as wat dit is om ‘n eerlike R50 of R100 ‘n dag te verdien deur te werk.  Daar is nie ‘n verskoning daarvoor om dit waarvoor iemand anders gewerk het weg te vat omdat jy te lui is om self te werk vir iets nie.





Amper-Psalm119

2 12 2008

If history repeats itself, and the unexpected always happens, how incapable must Man be of learning from experience.

George Bernard Shaw (1856 – 1950)

 

 

Ek het al lankal geleer dinge werk nie uit soos wat mens dit beplan het nie, maar met die swangerskap en geboorte saam het dit eers regtig ingesink.  ‘n Mens het net nie beheer oor die onverwagse dinge wat gebeur nie.

didi-036 

 

Ons het toe die 12de September getrou.  My familie, veral my jongste broer en my ma, het soveel moeite gedoen om dinge spesiaal te maak.  ‘n Uur voordat ons moes trou was my ma nog besig om aan die rok te werk.  Ons het gedink dit gaan net ons, die dominee en 2 getuies wees, maar nadat die familie begin planne maak het, het die gastelys so bietjie gegroei.  Die troukar was laat om my op te tel en toe was my suster laat gewees so ons het omtrent die hele Pretoria deurgery om die tyd verby te kry sodat sy daar kon wees.  Ek was meer as “fashionably late”.  Na die troue is ons deur Warmbad toe om die naweek by my skoonma te spandeer en Warmbad bietjie te verken.  Saterdagmiddag het die pyne begin en teen Saterdagaand nadat Didi al gaan slaap het, het ek begin bekommerd raak.  Ek was die hele aand wakker en het Sondagoggend toe Didi wakker word vir hom gesê ek dink ons moet dalk hospitaal toe te gaan. 

didi-104

Daar gaan al my planne vir ‘n tuisgeboorte met ‘n ‘midwife’ (dankie vir al die raad Nelba) toe by die deur uit.  By die hospitaal aangekom is ek toe al 3cm ontsluit.  Van daar af het dit vinniger begin gaan.  Ons sou later by Pretoria Akademiese Hospitaal uitvind dat hulle die kraam kon stop het in Warmbad.  Sy is op 31 weke gebore en was 40 cm lank en 1.6kg met geboorte.  Toe hulle haar neerlê en ek haar die eerste keer sien het ek nog gesê “Hello Stoffel”.  Haar pa het gaan kyk en begin lag en net gesê dis nie Dian nie.  Die seuntjie was toe al die tyd ‘n dogtertjie. 

 didi-109

 

Die vier dae na haar geboorte was baie deurmekaar.  Didi moes vir ‘n kursus deurry Pretoria toe die oggend nadat sy gebore is.  Hy’t heen en weer tussen Pretoria en Warmbad gery.  Sy was vir die eerste dag in die broeikas en die res van die tyd het sy ‘n monitor op haar voetjie gehad om haar suurstof en hart te monitor. 

 photo-0033

Haar hartjie het oortyd gewerk en die monitor se alarm het heeltyd afgegaan.  Die verpleegsters het gesê dis niks om oor bekommerd te wees nie.  Dit sou ook later uitdraai om onwaar te wees.  Ek weet nie of die geluid van die alarm wat daardie monitor gemaak het ooit uit my geheue sal verdwyn nie.  Haar gewig het geval tot 1.4kg.  Na vier dae waar nie ek of sy kon bad nie, die hospitaalpersoneel onbehulpsaam was, en die “counsellor” vir die hoeveelste mamma die slegte nuus gebring het dat hulle babas dit nie het of gaan maak nie, het ons al hoe meer onrustig geraak.  Ons het die dokter gevra om ‘n oorplasing te reel Pretoria Akademies toe en hy’t gesê hy kon dit nie reel nie.  Iets het nie lekker gevoel nie en ons het die dokter gevra om haar te ondersoek en ‘n verwysingsbrief te gee sodat ons haar Pretoria toe kon vat.  Hy’t haar ondersoek, ons verseker dat sy gesond is, ‘n verwysingsbrief gegee en gesê ons kan met haar deurry Pretoria toe.  Toe ons in die kar klim met haar was sy geel.  Die wit van haar oë was goudgeel.  Ons het die goed wat by skoonma se huis is gaan haal.  Ek en sy het gebad, ons het al die goed gelaai en ons het deurgery Pretoria toe.  Skoonma wou hê ons moes daar bly, maar ons het uiteindelik die pad gevat. 

photo-0034

 

So baie dinge van die tyd wat sy in die hospitaal was is een groot blur.  Sy’s opgeneem en hulle het gesê haar bilirubien telling was hoog genoeg dat sy kon breinskade optel.  Sy’t ‘n bloedoortapping gekry om te keer dat die geelsug erger word.  Hulle het gepraat van infeksie wat sy moes opgetel het met die geboorte maar ek weet nou nog nie watse infeksie dit was nie.  Sy was vir net langer as ‘n week onder die ligte vir fototerapie.  Dit was aaklig om haar so te sien.  Haar gewig het stadig aan begin optel en hulle het haar stadig van die suurstof begin afhaal.  Die verpleegpersoneel en dokters by Pretoria Akademies was wonderlik, hulle het so mooi na haar gekyk. 

 

‘n Mens dink altyd jy is alleen as jy probleme het en sukkel, maar wanneer so iets gebeur kom daar hulp uit mense se harte uit.  Ons het glad nie verwag dat sy so vroeg sou kom nie, en was nog nie naastenby reg vir haar nie.  Ek weet nie waar om te begin om vir almal dankie te sê wat daar was vir ons in hierdie tyd nie.  Die familie was daar, het seker gemaak hulle kom kuier en luister as ons moeg gehuil is.  Ek wens ek het geweet hoe om mense terug te betaal vir alles wat hulle vir ons gedoen het:

 photo-00371

Krista, ek dink nie jy weet hoe ek die mens wat jy is bewonder nie.  Dankie vir alles wat jy gedoen het.  Vir die kleertjies en speelgoed, vir die melk, die blomme en die kuier in die hospitaal en ook vir die “babyshower” in my afwesigheid by die werk.  Dankie vir die geskenkies, e-mails, posts, gebede en die oproepe van ander bloggers – Skoenlappr, Koeksuster, Wipneus, Pikkie, Dellie en Nelba.  Ook ‘n groot dankie vir Krista se Denise vir alles waarmee sy gehelp het. 

 

Die laaste twee en ‘n half maande was so dol, dit voel asof ek nog nie tot verhaal gekom het nie.  Dianay raak al hoe ouliker.  Sy het begin glimlag, maar dis sommer sulke oopbek-tandvleiswys-skrefiesogies-glimlaggies.  Ons pas maar nog aan by die nuweling se nukke en grille en daar’s nog baie om gewoond te raak.  Sy dra darem nou al newborn klere en gewone doeke.  Sy was laas week 3.3kg.  Ek kan nie glo hoe groot sy word nie.  Ek voel so ‘blessed’ dat sy so gesond is.  Sy skree die laaste twee weke baie in die aande – begin hier by 6 uur en hou aan tot laat, maar sy is darem gesond en die dokters is gelukkig met haar vordering.  Sy gaan totdat sy twee is na die Hoë-risiko babakliniek toe moet gaan sodphoto-0119at hulle haar vordering kan dophou en seker maak alles ontwikkel soos wat dit moet.  Waar sy in die begin nooit juis gehuil het nie begin sy nou vinnig inhaal op die verlore huilgeleenthede.  Didi help regtig baie met haar – hy’s beter met haar as ek en ek word gereeld gesê ek is te rof met haar.  Ons het haar Saterdagaand vir die eerste keer oornag by haar Ouma gelos maar nie een van ons kon eintlik slaap nie, ons het haar gesoek.  

 

Ek gaan regtig probeer om meer te blog.  Dit sal maar deel van die nuwejaarsvoornemens wees.  Ek kan nie glo hierdie jaar is al amper op sy einde nie.  Dankie regtig baie vir almal se gebede en mooi wense. 





Dianay

30 10 2008

Hier is sy.  Ek is nog besig met ‘n lang post oor die laaste ses weke en wat alles gebeur het, dan sal ek meer foto’s laai en vir almal van voor af dankie sê. 

 

Die prinses:

 

Die prinses en haar perd:

 

Ek sal gou weer post.





Hello World … alweer

26 10 2008

Ek wou nog ‘n post met allerande valletjies en mooi quotes skryf om my bokkie-meisiekind aan julle voor te stel, maar die tyd is te min en die woorde nie mooi genoeg om haar lof te besing nie.  Dis so “scary” om te dink sy’s myne, so broos, so mooi, soveel soos ek.  Ek weet nie hoe om dankie te se vir haar nie.  Ek besef in die laaste maand en ‘n half dat ek nooit die perfekte ma gaan wees nie, maar ook dat daar nie so iets bestaan nie.  Sy sal my liefhe en ek vir haar.  Die lewe loop snaakse draaie met ‘n mens. 

 

Dankie vir al die gelukwense en mooi gebede.  Ek weet nie hoe om almal te bedank vir dit wat hulle gedoen het vir ons nie.  Ek sal gou weer post en almal individueel probeer bedank.  Mense is ongelooflik goed vir ons.  Vir nou se ek so lank vir Didi dankie.  Hy was my sterkte in die laaste ruk, hy’t my gedra en ondersteun toe ek voel ek kon nie meer nie, en hy’s nogsteeds daar.  Ek het eenkeer ‘n ‘quote’ gelees wat se dat ‘n mens na jou baba verlief raak op die baba en van vooraf op jou man, ek het net nie besef hoe waar dit is nie.  Ek het ‘n ander sy van hom leer ken.  Ons het dinge uitgesort wat ons te hardegat was om voorheen aan te pak.  Ek wens ek het voorheen geweet hoe amazing hy is.  Dankie baby.  Ek leer elke dag so baie by jou van lief he en van die lewe. 

 

Ek sukkel bietjie om ‘n foto van haar geload te kry.  Met my volgende post, ek belowe.  Vir nou…. ons is oraait, alles gaan beter.  Dankie vir almal se gebede en raad.





Twee vlieë

4 09 2008

Stoffel:

Stoffel het ‘n naam gekry.  Hy sal Dian Josh Erasmus heet.  (Josh was Krista se voorstel en is beautiful.)  Sy verwagte datum was eers die 14de November maar die dokter het gesê dit kan dalk bietjie vroeër wees.  Ons was Maandag weer by die dokter.  Die mannetjie gaan ‘n bulletjie wees.  Hy moet blykbaar tussen 1,1 en 1,3 kg weeg, maar weeg al 1,5kg.  Alles lyk goed, die dokter het sy bene en arms gemeet en seker gemaak sy hartkamers en maag lyk reg.  Ek het vir hom ‘n lemmetjiegroen en oranje speedo gekoop.  Dis die cuteste ding ooit.  Sy pa dink ek wil hom soos ‘n nar aantrek.  Ons trou volgende Vrydagmiddag.  Die rent-a-dominee klink snaaks. 

 

Blog award:

Dankie baie vir Nelba vir my “blog award”.  Ek wens ek het meer tyd gehad vir blogs lees, ek kom omtrent die laaste ruk net by my favourites uit.  En as ek moes awards gee vir 7 van die wat ek die meeste lees sal dit die volgendes wees:

 

  • Nelba – omdat sy bereid is om te luister en raad gee oor klein Stoffel wat mens rerig kan gebruik, en sommer omdat sy oopkop is daaroor.
  • Die Wosonki’s – omdat hulle altyd sê wat hulle bedoel en “practice” wat hulle “preach”.  Ook omdat hulle help waar hulle kan, omdat hulle wil en niks terug verwag nie.
  • Salige Stilte – omdat sy blogs een van die is wat ek die langste lees en omdat ek altyd iets het om oor te dink of te giggel as ek daar gelees het.
  • Gert Gariep – omdat hy verskriklik snaaks en onpretensieus is.
  • Zee – omdat sy mense inlig oor dwelms en ek so baie van my eie lewensstorie in haar stories lees.  Die feit dat sy bly glo maak haar ‘n ongelooflike mens.
  • Maeree – want sy’s snaaks en ek vermoed soms nie ‘all there’ nie, maar dis juis wat maak dat ek bly lees.
  • Johan Swarts – want hy gee ‘n goeie balans tussen ernstig, snaaks, mallerig en slim. 




Moet ek myself met swart skoenpolitoer bykom?

15 08 2008

Ek het onlangs op die stukkie afgekom op die blog Witblitz

 

“This little bit of fun is something that appeared on last week’s Afrikaans news on SABC 2.

 http://www.youtube.com/watch?v=otKLWOCiiho

 

Moses Mashishi: …in fact, and if that is merit then, we will deal with him; and…

 

Willie Spies: You want to “deal” with the people, you don’t want to make laws.

 

Moses Mashishi: Hau, no, no ,no, no,no, no, no…

 

Willies Spies: Yes……(cut off)

 

Mashishi: No, no, no, I’ve allowed you to speak. Don’t come with your “Boere-maniere” here. 

                   You must get that “white mentality” out of your mind….

 

 

 

 

Now these are the words of a certain Moses Mashishi, the chairman of SASCOC, the sports parliamentary portfolio commitee. What Willie Spies was bringing up (objecting to) in this meeting was that people were being chosen by race for certain sports. These are the “quota’s” that we hear so much about. To top this off, he is racially insulted by an un-civilised savage that has the audacity to defend his kaffir government’s interference in sport. You will remember this kaffir as the one and only, who (along with his boss Butana Kompela) threatened to have the passports of the white members of the national teams revoked because the teams were too caucasian. (Next thing we know they will interfere in voting, after all it is their ‘right’, votes should reflect the racial make-up of this country, i.e. 90% of the votes should be ANC and if they are not then the cANCer will deem it fit and right to intevene).

 

Bit of background; Willie Spies is a counciller for the Vryheids-Front Plus. This party was not invited to this parliamentary hearing but they fought their way in  - the cANCer that infects this country blocks their every move as they are becoming highly popular amongst white people in South Africa today, apparently even more so under our youth (after this, they can have my vote any day).

 

So you see, it is not us who hate the coons, it is them who hate us and we just have the courtesy to return the favour, we are, after all, the civilised party even with our Boere-maniere.  

 

Let this be a lesson to all you filthy liberal creatures who sell us out on a daily basis and betray everything you are and talk about forgiveness and equality amongst all and the fact that race does not exist – here is proof to the contrary. They will chop your fucking head off and eat your genitals just as easily as they do it to the next whiteman if given the chance.

 

Thats my bit of negativity for the day, but, chin-up! We still have our good friend AIDS and if mortuaries are anything to go by, old Grim Reaper has been working overtime for us.  “

 

Ek het net so vinnig in die hooftrekke daardie aand op die nuus gehoor hoe die Mashishi ou vir iemand sê hy moet sy “white mentality” uit sy gedagtes kry.  Ek stem nie heeltemal saam met die skrywer op Witblitz se benadering tot die hele storie nie, dit kom baie rassisties voor.  Dan, aan die ander kant, dis oor ‘n rassistiese gebeurtenis.  Ek deel glad nie sy sienings oor MIV/VIGS en sy rassistiese opmerkings nie, alhoewel ek seker kan verstaan hoekom hy reageer soos wat hy doen.

Nog iets wat my opgeval het in die laaste week of so.  Die Vodacom advertensie wat adverteer dat daar aandele by Vodacom bekom kan word het eers gesê dat dit beskikbaar is vir “black South Africans” en die laaste rukkie s’n is verander na ”eligible South Africans” in plaas van black.  Nou wonder ek maar net.  Ek glo ons almal probeer hard om nie toe te laat dat velkleur ons opinies oor iemand beïnvloed nie, of is dit net ek?  Help dit?  Daar is soveel rassisme wat meer en meer aan ons afgesmeer word in mooi  BEE pakkies dat ek wonder of ek dalk net te liggeraak is oor die hele onderwerp.  As iemand vir my moet sê dat ek my “white mentality” moet laat staan sal ek redelik ongelukkig voel daarmee.  As ek ‘n besigheid het en moet adverteer dat iets net vir wit Suid-Afrikaners beskikbaar is of vir iemand sê om sy “black mentality” te laat staan sal daar mos groot probleme wees.  Ons sit net armpies gevou.  Wat kan ons eintlik doen?

Ek verstaan dat daar groepe was wat in die verlede benadeel was.  Hoe lank gaan ons nog moet betaal daarvoor?  Hoe lank gaan ons omgekeerde rassisme moet sluk en aanvaar?  Ek dink regtig nie ek is rassisties nie.  Glad nie.  Ek begin net wonder hoe lank ek en my kinders nog vir iets gaan moet betaal wat ons niks mee uit te waai gehad het nie. 

Is dit te veel om te verwag iemand moet vooruitgaan in die lewe op meriete en nie op die pigment in een van sy organe nie?  Ek wil nie voordele hê net omdat ek wit is nie, ek wil self werk vir dit wat ek het al vat dit my hoe lank.





Van Kapoen tot Waatlemoen

13 08 2008

Ek hou van blog.  Ek hou van blogs lees.  Selfs hier in die blogosfeer is daar “cliques”.  Sulke groepies mense wat aanklank bymekaar vind en mekaar se blogs aanvul en deel word van mekaar se lewens.  Soos wat ek nou al die laaste twee jaar of wat blogs lees en blog voel mens al deel van seker mense se lewens.  Jy’t gelees en ge’comment’ toe die persoon ‘n baba gehad het, is bly oor die tweede een wat oppad is, deel die seer van mense wat sukkel om swanger te raak en van die mense wat ‘n kind of kinders verloor het.  Jy gaan saam op die reis deur verhoudings, verlief wees, baklei, opmaak, uitmaak, kinders maak.  Jy’s deel daarvan as mense die land verlaat en ook as mense terug kom na ons land.  ‘n Mens raak seker maar gewoond aan deel wees van ander se lewens al is jy nie werklik deel daarvan nie. 

 Ek het baie mense ontmoet juis deur die bloggery en veral toe al die “ou” crowd nog gechat het op Steve se chatroom.  Dit was lekker, ons het fun gehad.  Ek kry nie meer so baie tyd vir blog nie en ek lees so deur die blogs op my blogroll as ek tyd kry.  Daar’s ou gunstelinge wat nooit teleurstel nie, nuwe gesiggies wat jou dag maak, soos Gert Gariep en kie (wel, seker nie meer so nuut nie, maar in elkgeval).  Party van die nuwe bloggers blog vir ‘n maand of wat en verdwyn dan nog voordat mens gewoond geraak het, so jy mis hulle nie eintlik nie.  Dalk is dit net ek, maar mens raak mos maar geheg aan iets wat deel is van jou lewe, al is jy nie noodwendig deel van hulle lewens nie.  Jy “leer” die verskillende mense se sin vir humor en nukke en grille, al is dit net in ‘cyberspace’ en het jy nie eers ‘n idee hoe die persoon lyk nie.  Dis asof daar ‘n onsigbare ‘bond’ is tussen die (veral ou) bloggers.  Dalk omdat die Afrikaanse blogosfeer so klein was en nou skielik ontplof.  Ou Skoor blog ook al lank, ons het resepte gekry by Skoorkos en gesels of loer saam by Skoorblok.  Nou sien ek daar’s onweer in die blogosfeer.  Nuwe gesiggies wat nog nie deel is van die “clique” nie en krap waar dit nie jeuk nie word gewoonlik vinnig geïgnoreer en die blogs verdwyn uiteindelik.  Skoor vra toe ook mos nou of liggeraakte mense moet blog en dit sit my toe aan die dink.  Dalk omdat ons al so gewoond aan mekaar is en verstaan as iets tong in die kies gesê word is daar gewoonlik nie tussen die “ou” klomp so baie catfights nie?  Miskien is die “great divide” tussen die nuwelinge en die “ou bloggers” net in my kop.  Daar’s ‘n paar blogs wat ek nie juis meer lees nie juis omdat ek nie lus het vir ‘n gevloek van die begin tot die einde nie.  Ek is glad nie preuts nie, ek vloek self, maar wragtig dit raak soms net ‘n bietjie te veel.  Die goeie ding is dat elkeen van ons ‘n keuse kan maak oor wat jy wil lees en wat jy nie wil lees nie, met wie jy wil deel en met wie jy nie wil nie.  So dis eintlik heel eenvoudig, kliek die kruisie knoppie bo in die hoek aan die regterkant as jy nie van iets hou nie.  Dis nie nodig om te loop en mishope soek nie, druk net die knoppie.





Stoffel

5 08 2008

Donderdag is ek 26 weke swanger.  Dis al amper 6 en ‘n half maande.   Ek kan nie glo die tyd is so vinnig verby nie.  Ek het darem ‘n paar dinge geleer in die laaste 6 maande:

  • Daar is nog goeie mense daar buite wat ten spyte daarvan dat hulle wens hulle kon hê wat jy het uit hulle pad uitgaan om jou te help as dit sukkel gaan.  Ek wens ek kon drome laat waar word en is so dankbaar vir hierdie mense in my lewe. 
  • Ek is 10 keer meer knorrig en beduiweld die laaste paar maande as voorheen. 
  • ‘n Blaas is daar vir babatjies om te skop en trampolien te spring.
  • ‘n Mens GAAN gewig optel as jy swanger is.
  • Ouma’s huil as hulle die eerste keer hul kleinkind voel skop.
  • Ek is rerig lief vir die baba se Pa.  Meer as vir iemand voorheen, al het dit ‘n tydjie gevat vir ons om mekaar se nukke en grille uit te sort. 
  • Liquorice en yogurt proe lekker saam.
  • Cream Soda en hoenderlewertjies proe nie lekker saam nie.
  • Baba’s wat nie wil wys wat hulle is nie, doen uiteindelik en dan is dit ‘n seuntjie.

Didi lyk asof hy die Lotto gewen het soos wat hy loop en smile.  Hy kon gisteraand nie slaap nie hy was te opgewonde.  Nou kom die naam kies.  Tot nou toe was die baba Stoffel en dit is toe ‘n Stoffel.  Nou moet ons ‘n ander naam kry voordat almal hom Stoffel noem as hy hier is.  Die opsies het in die laaste ruk verander en is nou een of twee van die volgende name:

  • Dian
  • Hugo
  • Christoff
  • Matthew

Ek weet wat ek van hou en hy weet wat hy van hou.  Dalk kies ons nog iets heeltemal anders, maar hierdie is sover die opsies vir Stoffel se naam.  Help?